Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Gangster: Ware verhale van albei kante van die strydlyn
Gangster: Ware verhale van albei kante van die strydlyn
Gangster: Ware verhale van albei kante van die strydlyn
Ebook247 pages5 hours

Gangster: Ware verhale van albei kante van die strydlyn

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Bekroonde skrywer Carla van der Spuy gesels met geharde én gerehabiliteerde gangsters, ’n lady gangster,’n ma wie se kind koelbloedig vermoor is en pastore wat probeer help. So hoor ons van die nommers, die Franse, die vierde kamp, Sabela en die Airforce. Gangster wys in mense se eie woorde hoekom gangs steeds groei, wat dit is wat kinders so jonk as twaalf na gangs lok, en hoe sommiges tog daarin slaag om te ontsnap. Want mense se lewens kán omkeer, en Gangster is ook vol stories van hoop.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateFeb 12, 2021
ISBN9780624090144
Gangster: Ware verhale van albei kante van die strydlyn
Author

Carla van der Spuy

Carla van der Spuy het meer as 30 jaar se ervaring as joernalis en skrywer.  Haar ware-misdaadboeke is wyd bekend, en talle daarvan is topverkopers. Sy skryf Vrouekeur, LIG en Beeld en het ook al bydraes vir rooi rose, Kerkbode, By en webtuistes soos Kletskerk en Boekblik gelewer. Carla woon in Hartebeespoort in Gauteng. 

Related to Gangster

Related ebooks

Related articles

Reviews for Gangster

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Gangster - Carla van der Spuy

    9780624089810_FC

    Carla van der Spuy

    GANGSTER

    Tafelberg

    Opgedra aan Jacques Pratt, my brother in crime

    Voorwoord

    Hoekom ’n boek oor gangsters? Dit is so ’n donker onderwerp.

    Dis ’n vraag wat ek dikwels gevra word.

    Gangsters raak ons almal – in arm sowel as ryk gebiede. In townships, op die Kaapse vlaktes en in die voorstedelike gebiede.

    In die Cape Flats Museum in Strandfontein op die Kaapse Vlakte, wat onlangs amptelik geopen is, is ’n kamer ingerig waar foto’s van die vermoorde kinders op die vlaktes uitgestal word. So word onskuldige jong lewens gedenk. Sodat hulle nooit vergeet word nie. Kinders wat net op die verkeerde tyd op die verkeerde plek was en iewers in bendes se kruisvuur beland het. Kinders wat veronderstel is om sorgeloos en vry te wees.

    Dit kan lewensbedreigend wees om selfs jou huis te verlaat, gou-gou kafee toe te stap of jou kinders toe te laat om op die Kaapse Vlakte in die strate te speel. Bendegeweld kom natuurlik ook elders soos in die noorde van die land voor, maar die vlaktes bly maar die berugste daarvoor.

    In hierdie boek word talle gesprekke met gewese gangsters, slagoffers, familielede van gangsters en diegene wat hulle probeer rehabiliteer, gevoer om agter die kap van die byl te kom. Om hul stories van alle kante te hoor.

    Een van die oorsake van die bendegeweld is die destydse gedwonge verskuiwings van bruin mense van plekke soos Constantia en Distrik Ses na die Kaapse vlaktes toe. Daar word vertel dat die apartheid-regering die probleme op die vlaktes begin het, maar dat die huidige regering dit volhou.

    Erge armoede en werkloosheid veroorsaak dat kinders met begerige oë na die gangsters se bling, rolle banknote, brand-klere en duur motors kyk. Hulle wil nie meer niks hê nie. Hulle wil ook iets besit. Nes die gangsters. Die gangsters word as glansryk beskou, hulle word bewonder en selfs gerespekteer.

    Dan is dit so maklik om gemanipuleer en in hierdie onderwêreld ingetrek te word. Om te hoor dat jy potensiaal het en ’n aanwins vir hulle kan wees. En geprys te word nadat jy iemand met ’n mes gesteek het.

    Maar daarvoor betaal jy dikwels met jou lewe.

    So het een pastoor glo nege kinders in twee weke begrawe.

    Nog ’n oorsaak is die tekort aan vaderlike rolmodelle. Die pa het dikwels padgegee of hy is wel daar, maar hy is nie betrokke nie.

    Die seuns kom in opstand teenoor die sogenaamde voorskootbeginsel en huishoudings met ’n vrou aan die hoof, en hulle besluit dan om macho te wees. Jy word deel van ’n groep. Jy behóórt. Jou broers sal na jou omsien.

    Dwelms is die spil waarom die onderwêreld draai. Ek het nie met een gewese gangster gesels wat nie self dwelms misbruik het nie.

    Maar is daar oplossings?

    Hierdie probleem is so groot dat mens nie weet of dit ooit opgelos sal word nie. Maar daar is mense wat hulle alles gee en probeer om die gangsters te rehabiliteer. Daar is uitreike, kerke, sopkombuise en motiveringsprekers wat skole toe gaan en kinders waarsku dat misdaad nie lonend is nie. Soms met ’n gewese gangster in oranje tronkklere en in boeie om as afskrikmiddel te dien.

    Maar sal dit ooit genoeg wees?

    Meer sigbare polisiëring kan daartoe bydra om die skietvoorvalle te verminder.

    Dan behoort daar ook veel meer ontspanningsgeriewe vir die jonges te wees. Plekke waar hulle veilig kan voel en opbouende aktiwiteite kan beoefen. Waar hulle nie vir bendebedrywighede kan swig nie.

    In hierdie boek het ek die gewese gangsters en nommers in die tronke self laat praat. In hul eie taal. Dis nodig om hul stories te hoor. Om te hoor waar hulle vandaan kom. Maar ook van keuses.

    Ek het dit nie nodig gevind om oor die grusame besonderhede rondom die geweldsmisdade uit te brei en die bloedspatsels onder my skoene te tel nie. Vir my is dit erg genoeg as ek hoor jy moet ’n lid van ’n opposiebende gaan steek of uithaal om ’n hoër rang te kry. Hul denke, mentaliteit en leefwyse het my veel meer geïnteresseer.

    Daar is ook sekere onderwerpe waaroor hulle nie graag praat nie. Jy vertel nie aan ’n joernalis of skrywer wat jou rang in die nommers was nie. Die onderwerp van wyfies word ook vermy. Mens moet dit respekteer.

    Drie weke voordat ek my manuskrip moes inhandig, kry ek WhatsApps van my goeie vriend Jacques Pratt van die Hope Hela Foundation, asook van pastoor Craven Engel van Camp Joy, waar gangsters gerehabiliteer word. Jacques het my tydens al my Kaapse onderhoude vergesel.

    Hulle stuur vir my ’n kykNET-video van ’n TV-insetsel wat Mia Spies vanuit die berugte Hanover Park aangebied het – die buurt waar ’n hele aantal van die gewese bendelede met wie ek gesels het, grootgeword het. Met die groot woonstelblokke en courts duidelik in die agtergrond.

    Sy beskryf die bendegeweld as ’n oorlog in die kleine wat in die voorafgaande weke toegeneem het. Soos ook aan my vertel is, berig sy oor inwoners wat kla dat skote dag en nag klap. Dit het duidelik vererger sedert die inperkingsmaatreëls weens die Covid-19-epidemie verslap is.

    Pastoor Engel se seun Urshwin Engel, wat ’n direkteur van die organisasie Ceasefire is, vertel met ’n bekommerde frons aan Mia dat geweld in die eerste fases van die grendeltyd afgeneem het toe alkohol en sigarette verbied is. Ongelukkig blyk dit dat dit bendes die geleentheid gebied het om die produkte te smokkel en hul mark te behou.

    Hy het dit benadruk dat alles by bendes rondom hul gebied, oftewel territory, en dwelms draai.

    Dit is deur Charmaine Coetzee, self ’n gewese bendelid (lady gangster) en nou ’n maatskaplike werker, beaam.

    Volgens Charmaine, wat ook by die organisasie Ceasefire betrokke is, is die houding onder die gangsters dat niemand die reg het om hul klante weg te vat nie.

    Dis waaroor die bakleiery gaan.

    Sy sê in Hanover Park is mense te bang om hul huise te verlaat. Sy het ’n vierjarige kind wat sy nie wil hê buite moet speel nie.

    Ons het nie daardie massiewe huise met groot yards waarin die kinders kan speel nie. Ons kinders moet buite in die straat gaan speel.

    Dis ook iets wat ek en Jacques opgemerk het toe ons die gebiede besoek het en ook ’n troue op die Kaapse Vlakte bygewoon het.

    Dit wemel van kinders in die strate. Waar moet hulle speel?

    Op die TV-program gesels Mia met die ma van ’n sesjarige dogtertjie wat vroeër daardie maand deur dwaalkoeëls getref is. Die kamera fokus slegs op haar hande wat inmekaargevleg is en senuweeagtig bewe. Baie mense is bang om op kamera uitgeken te word.

    Doodbang vir die gangsters. Haar 26-jarige vriend is ook tydens bendegeweld doodgeskiet.

    Ander is verby keelvol en gee glad nie om om te praat nie. Hulle konfronteer die bendeleiers vreesloos.

    Die jong ma vertel beangs hoe drie ouens net aankom en doodskiet terwyl ons maar soos altyd op die bankie sit.

    Langs haar sit ’n kind van wie mens net die hande en ’n kleurryke eenhoringspeelding sien waarmee sy vroetel.

    Sy vertel, soos ek van ander ook gehoor het, hoe almal begin vlug as hulle die eerste skoot hoor. Maar die bendelede het toe sommer op enigeen begin skiet. Aanhoudend.

    Haar dogter is in die been getref en moes ’n operasie ondergaan. Mens sien die bene van ’n jong kind voor die bank swaai – een van talle onskuldige kinders wat slagoffers van bendegeweld is en vir wie die gedenkkamer in die Cape Flats Museum opgerig is.

    Kan daar verandering kom? Wat is die inwoners se wens?

    Almal bepleit meer polisiesigbaarheid. Because of the lockdown het baie kinders nie skool toe gegaan nie en by gangs aangesluit. Party het junkies geword, vertel Engel junior besorg.

    Hy sê: Die probleem is dat ons tans te veel kinders op die strate het.

    Ja, dis verkeerd van die gangs om te skiet, beaam hy die algehele gevoel, maar die polisie moet dieselfde strenger polisiëring toepas as tydens die begin van die grendeltyd.

    As hulle weer kan kom met die force and the power waarmee hulle gekom het, as hulle dit elke dag kan doen, sal dinge soveel beter gaan. Hulle het aan die einde van die dag ons kinders gered. Eintlik gered deur hulle af te skrik.

    In daardie week het die Kaapse metroraad 60 bykomende wetstoepassers in die gebied ontplooi.

    Mag dit menige lewens red.

    CARLA VAN DER SPUY

    1

    Tussen die nommers in Pollsmoor

    Ek het basies in die gevangenis grootgeword.

    Pastoor Ricardo Sloster, ’n gewese bendelid, is ’n groot man. Maklik ’n outydse ses voet vier duim lank. Nie die soort wat jy voor sy ommekeer in ’n donker straatjie sou wou raakloop nie. Dis geen wonder dat die nommers in die tronk hom so graag wou oorwen nie.

    Vandag is hy egter ’n kerkman wat die indruk van ’n sagmoedige reus skep tussen sy gemeentelede op Woodlands, Mitchells Plain se troostelose vlaktes waar hy ’n boodskap van hoop bring. Hy is geleerd, welsprekend en innemend. Maar ook iemand wat die lewe ken. ’n Gerespekteerde man met groot kommer in sy hart oor die jeugdiges en bendes. Hy was immers self ’n bendelid. Hy ken van. Hy was daar.

    Mitchells Plain is dodgy. Bly liewer weg, waarsku bekommerde vriende. Ek en my goeie vriend Jacques Pratt, stigter van die Hope Hela Foundation, ry van sy huis in Milnerton na die misdaad- en geweldgeteisterde woongebied toe. Daar is ritse eenvoudige gehuggies en spaza-winkels sommer so in die sand waar jy enigiets van matrasse tot ’n indrukwekkender penis kan koop. Die beskeie geboutjies is tot teenaan die pad geleë. Geen gras of beton is sigbaar soos by die winkels in die stad nie. Alles hipernetjies. Sprankelskoon. Dit wemel van entrepreneurs hier en mense wat ’n bestaan probeer maak.

    Skielik spring ’n frisgeboude man in weermagkamoefleerdrag voor die motor in. Hy hou sy hand gebiedend op. Dis ’n padblokkade! Ek hou my hart vas. Hoeveel keer hoor ons nie van misdadigers wat polisie- of weermagdrag dra en al die tyd kapers is nie? Moet jy stilhou of wegjaag? Maar ons hou stil. Die man kom met notaboek en pen na die motor toe aangeloop. Welcome to the most dangerous place in South Africa, groet hy gul. Jacques is vreeslik beleefd en ek glimlag breed soos wat maar my gewoonte met die manne in uniform is. Hopelik bewimpel dit afslag sou jy dalk onwetend gesondig het. Maar Jacques is die een wat agter die stuurwiel sit. Gedagtes flits deur my kop. Netnou het hy dalk aangejaag en gooi hulle hom in die selle en hoe gaan ek by die huis kom? Sies vir jou, lag Jacques. Jy is nie eers oor my bekommerd nie. Die vriendelike weermagman vra ’n paar roetinevrae en laat weet ons ons kan maar gaan. Ons lig hom vinnig in dat ons op pad na pastoor Sloster se kerk toe is. I see, glimlag hy.

    Die DA het gesorg dat die weermag in Mitchells Plain ontplooi word nadat die land geruk is toe ’n aantal onskuldige kinders wreed deur gevreesde bendes vermoor is. Hul sigbaarheid laat mens dan ook effens meer gerus in hierdie berugte gebied voel. Die vlaktes se kinders is so uitgelewer. Daar is nie sprake van duur sekuriteitsmaatreëls of van ouers wat hul kinders by die skool op- en aflaai nie. Oral drentel groepies skoolmeisies giggelend soos net tieners kan wees in skooldrag rond. Buurvroue kuier by mekaar. Klets oor die heinings. Dis ’n snikhete dag en party mense loop en eet roomys in die strate. Alles lyk so bedrieglik gewoon. Maar eintlik is die plek ’n maalkolk van misdaad.

    Die vriendelike weermagman beduie aan ons hoe om by die kerk uit te kom. Ons ry ’n aantal jakkalsdraaie. Uiteindelik is ons daar. Dis in die hartjie van Mitchells Plain. Die Revival Centre Ministries is ’n eenvoudige kerkgebou deur sand omring. Voor die gebou staan ’n lendelam woonwa. Wie sou daar woon? Dalk die opsigter? En hoe veilig is dit om in ’n woonwa in Mitchells Plain te woon? Hoe veilig is dit om hoegenaamd daar te woon? Ons wag ’n rukkie want die pastoor is met berading besig. Dan kom hy na die ogiesdraadheining toe aangeloop en maak die hek wyd oop sodat ons kan inry. Ons gaan sit in sy klein kantoortjie. Maar eers kom sy vrou, Denise, vinnig groet. Sy bestuur bedags ’n crèche vir die gemeentelede se kinders in die einste kerkgebou. En ja, mens het nogal jou hande vol met die kleingoed, beaam sy my vermoede. My vrou kan nie rus nie. Die enigste rede hoekom dit nou so stil is, is omdat die 25 kinders nog slaap. As hulle wakker is, is dit crazy, glimlag Ricardo.

    Ricardo hou niks terug as hy sy lewensverhaal met ons deel nie. Hy het dit al male sonder tal as deel van sy getuienis voor gemeentes en gehore gedoen. Daar is reguit vrae en reguit antwoorde.

    Hy vertel: "Ons het nie ’n huis gehet nie. Ek het in Wynberg opgegroei waar ons by my oorlede pa se ouers gewoon het – die hele familie in een kamer agter die huis – ek, my broer en ons ouers. Toe ek 12 jaar oud was kry ons ’n huis hier deur die Council in Woodlands. My ma bly nou nog hier – net om die draai. Dis hier waar ek verder grootgeword het. Tot my tienerjare was ek ’n soet seuntjie. Ek het crime eers later in my lewe ontdek. Crime en gangsterism was nie iets waarin ek belanggestel het nie.

    Ek het mos jonk uit die skool uitgedrop. Maar dit was peer pressure. Ek is ook op skool geboelie.

    Hoe op aarde? So ’n groot ou geboelie? Aikona, moeilik om te glo. Maar Ricardo hou vol dat dit die waarheid is. My vrou lag nou die dag toe ek haar vra: ‘Weet jy ek is geboelie op skool?’ Toe sê sy ook ‘Wie kan dan vir jou boelie?’ Maar dis hoeka die rede hoekom hulle my geboelie het. Sy grootte het hom ’n uitdaging vir ander gemaak.

    Hy vervolg: "Dit het ook natuurlik van my ’n rebel gemaak. Ek was by ’n goeie skool maar later is dit ’n geval van ‘if you can’t beat them, then join them’. Ek het daardie tyd bietjie met die rowwe ouens gemove. My ma was altyd bekommerd.

    "Ek het later in my lewe by maatskappye gewerk en dinge het lekker gegaan. Toe ek so 23 jaar oud was het ek ’n goeie werk by Executive Parking op die lughawe gekry. Ek het as drywer begin werk, maar later was ek ’n operational officer.

    Maar, sug hy, soms as jy suksesvol is, is daar een wat nie in jou lewe feature nie, en dis God. In my jonger lewe was ek baie in die kerk. Ek kom uit ’n kerklike huis uit, so basies I’ve got it made. Maar mens raak so nou en dan ’n bietjie windgat. Jy dink jy is God’s gift to women. Ek was ’n operator. Ek dink dís waar my lewe skeefgeloop het, vertel hy hand op die hart.

    "Dis daardie sensation wat mense agter aan is. Ek was daardie tyd nog nie getroud nie. Ja, ek was ’n Cassanova. Ai toggies. My weekend het al op ’n Donderdag na ’n skof begin en daarvandaan is ons sommer reguit club toe.

    "As ek ’n skof gewerk het is ek en my vriende van die werk af reguit club toe. Dan is jy babelas en jy moet die volgende dag werk toe gaan. Maar nee, ek het gedink I’ve got it made.

    Ek gaan bly toe saam met ’n girl, maar op dieselfde tyd het ek ’n ander girl wat pregnant geraak het. Hy lyk net so ’n klein bietjie skuldig as hy vertel: "Daar was konflik en ek was in ’n posisie waar ek wou wegbeweeg van waar my girl gewerk het (ons het by dieselfde plek gewerk). So het ek toe ander werk gekry maar dit het nie uitgewerk nie. En my lewe het begin spiral. Ek was gewoond aan geld en smart karre en skielik was daardie goed net weg. Die laaste ding wat ek wou doen was om met die girlfriend te trou. Ek kon dit nie hanteer nie.

    Ek is toe van die een maatskappy na die ander een toe. Ek het gevoel alles is teen my. Ek het ook te veel pride gehad om terug te gaan lughawe toe en lateraan is ek toe op ’n ultimate low. My self-confidence, als is laag en nou raak ek deurmekaar met huisbrekers en met diefstal. My vervoer was die getaway car. Hulle doen die ding op ’n plek en my purpose is om net daar te sit. Ek pleeg nie die misdaad nie. Dis wat ek vir myself vertel maar ek weet mos nou van beter.

    Sy misdaadloopbaan het daarna behoorlik vlam gevat.

    Ons het daai tyd eers by karre ingebreek en toe later by huise. Enige plek waar ons ook al ’n opportunity gesien het. Ons bruin mense se denkwyse was dat die geld nie hier is nie, dis by die wittes. Dit raak toe nou so dat ons na die ryk woonbuurte toe beweeg. Ek staan net daar en my brein sê vir my ek is nie involved nie.

    Hy skud sy kop.

    Amper soos iemand wat ’n huurmoordenaar kry en homself vertel dis iemand anders wat die misdaad pleeg en nie hy nie?

    That’s it. Dis waar jy ook al ’n opportunity gesien het – any opportunity. Daai was mos my mindset. Ons gaan toe daar na die wit gebiede – daar in Tokai naby die tronk.

    ’n Gelag. Hoe ironies. "Ja, Pollsmoor is in ’n prime area geleë. Al die selective areas. Toe is ons nou ’n hele paar wat so geinteract het. Een van die ouens was al in die tronk, hy was ’n lid van die 26-nommers in die tronk en buite van die Hard Livings Gang.

    Ek het regtig gedink I’ve got it made. Maar als gaan mos maar basically oor geld. Ek en een van my co-accused, ’n Twenty-Seven, het later besluit dit sal beter werk as dit net die twee van ons is en as ons twee die werk doen en die ander uitcut. Initially het hy die huisbrake gedoen en ek het op ’n plek gestaan en wag. Maar van die huisbrake af kom hy toe met die slim idee dat as ons die mense in die huis vastrap en beroof sal ons meer uit die deal kry.

    Ricardo het egter later gevoel dat hy nie sy medepligtige kan vertrou nie en hulle is toe uitmekaar.

    Hoeveel keer het hulle met die rooftogte weggekom?

    Jisterday ’n hele paar keer.

    Jy kan seker aan mense tips gee oor inbraak?

    Netso.

    "Toe is dit net ek en hy en met my drug habit het dit toe nou regtig erg geraak. From bad to worse. Toe begin ek en hy nou operate. Maar nou, soos my drug habit erger raak, besef ek dat my ma snuf in die neus kry. En sy wil weet vir wat ek so baie uitgaan. Maar jy gaan mos nooit sê ek gaan nou by ’n huis inbreek of gou iemand rob of gou ’n skyfie kry nie. Jy gaan mos nie dit sê nie.

    "Nee, ek sê eerder ek gaan gou winkel toe of na Jean toe af in die pad. Toe is my ma-hulle op my case.

    Ja, vertel hy ietwat meewarig: Mens het mos maar altyd ’n storie wat jy vertel. Sy ma was natuurlik nie onder ’n kalkoen uitgebroei

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1