Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Man uit die dode: 'n Ella Neser-roman
Man uit die dode: 'n Ella Neser-roman
Man uit die dode: 'n Ella Neser-roman
Ebook158 pages2 hours

Man uit die dode: 'n Ella Neser-roman

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Danksy die virus is Ella terug van haar seevaart rondom die Karibiese Eilande, nou sonder werk en platsak. Lou oorreed haar om ’n ondersoek te loods na drie vermiste jong mans op Osspruit, in Mpumalanga. Die drie het oënskynlik besluit om weg te loop . . . Dis net die eksentrieke gastehuis-eienaar Cornelissen wat meer sinistere gebeure vermoed.
Hoe dieper Ella begin krap, hoe meer besef sy daar ís ’n gewetenlose brein wat agteraf konkel.

Dit verskyn eers as vervolgverhaal op Netwerk24.
LanguageAfrikaans
Release dateOct 6, 2020
ISBN9780798181648
Man uit die dode: 'n Ella Neser-roman
Author

Chris Karsten

Karsten is ’n bekroonde skrywer en voormalige joernalis wat in Kanada woon. ​Koms van die motman​ is die derde in die nuwe Ella Neser-reeks. Die voriges sluit in Die dood van ’n goeie vrou en Die verdwyning van Billy Katz. Albei romans is benoem vir die ATKV-prys vir die beste spanningsroman, en Billy Katz ook vir die ATKV-prys vir die beste roman.

Read more from Chris Karsten

Related to Man uit die dode

Related ebooks

Related articles

Reviews for Man uit die dode

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Man uit die dode - Chris Karsten

    9780624089810_FC

    Human & Rousseau

    Hierdie een is vir my dorp, Morgenzon, en al sy inwoners, hede en verlede

    HOOFSTUK 1

    In die toon van Italië. Dis waar Tony Acido se hart steeds lê. San Luca, aan die voet van die groot berge waar die Bonamico sy vloei kry. Maar dáár, in sy geliefde Kalabrië, sal hy nooit weer kom nie, dit weet hy. Nie eens hoegenaamd in Italië, selfs Europa nie. Al wat oorbly, is die verlange, en die herinneringe … meestal bloedig.

    Sy ylingse vlug was lank terug, in daardie besete jare van die Vendetta van San Luca toe jou lewe nie ’n centesimo werd was nie! Van sy meelopers dog daar is veiligheid oor die grens in Duitsland of Holland, en kyk wat het met hulle gebeur – reguit hel toe geblaas! Nee, toe die son een oggend opkom, sit hy op ’n heel ander vasteland. In Orange Grove, Johannesburg se Little Italy, by afstammelinge van ’n amper vergete oom van sy ma, glo in 1941 in Abessinië gevang, POW in Suid-Afrika, bly agter ná die oorlog.

    Nou het Tony Acido wéér probleme. Dié keer nie sy lewe wat bedreig word nie, maar sy sak, amper erger. En dit laat hy nie toe nie, daarvoor was sy offers te groot. Astrante mamparras wat dink hulle kan hom kom aanvat; báie het al so gedink.

    Tony Acido. Dis die naam waarmee hy in Suid-Afrika aangekom het, die regte een het in San Luca agtergebly.

    Maar in Johannesburg was hy ook ongerus, want hulle het lang arms, daardie ’Ndrangheta van Kalabrië. Hy ken hulle, hy is dan in hulle ingebore, die bloeddoop ondergaan, die kruis gekry op sy linkerskouer. En daarmee ook ’n hand sonder genade geword aan die einde van die einste lang arms. Pis in jou broek as jy die naam Antonio Marmo hoor. Álles net vir sy clan en vir sy capo crimine.

    Nou kom bedreig hierdie vloeksels sy besighede! Wat weet hulle? Weet hulle van al die gierige palms wat hy moes salf? Weet hulle van elke hoek wat hy moes sny, elke wet wat hy moes oortree om die kontrakte vir die steenkool te kry? Weet hulle hoeveel geld hy moes uitlê voor die wiele van elke lorrie uiteindelik begin rol het?

    Nee, maar hulle pak klippe, brand motorbande, sing opruiliedjies, toi-toi, stel memorandums op met klagtes en eise, eise, eise. Hy en sy vennote was redelik, het met die belhamels om ’n tafel gaan sit. Maar bied jy ’n pinkie aan, wil hulle die hele hand gryp. En in die oë merk hy politieke ambisies, en die onwil om te werk vir hulle geld – wil ’n oorpak aantrek, ’n baret op die kop plak, bedags in die parlement fascistiese vingers rondswaai, saans kapitalistiese Johnny Walker Black Label drink, die poppies trakteer op Mumm.

    Nee, vir politieke riele val Tony Acido lankal nie meer nie. En hy weet presies wat hy nou moet doen, veral hoe hy dit moet doen.

    ’n Voorbeeld moet gestel word.

    Ander moet na die voorbeeld kyk en vir mekaar sê: Osspruit? Fok nee, daar bly jy weg, dis Tony Acido se plek, kom ons gaan toi-toi liewer op Dukuduku of Gwala-Gwala.

    Dis hoe hulle oor San Luca gepraat het, dis wat hy dáár gedoen het. Maar toe kry ’n stronzo mos ’n breinfloute, dink dis ’n goeie idee om die capo bastone te loop skiet, mis hom, skiet Maria Strangio moer toe. Boonop Kersdag! Skiet die baas se vrou en dink daar gaan nie gevolge wees nie. En om hulle eie gat te red begin almal skinder, sê hulle hoor ’n naam, hulle hoor Antonio Marmo het ambisies om oor te vat as ’n streekbaas.

    Dis toe dat almal uitmekaar spat die grense oor.

    In 2007 in Orange Grove ontmoet hy vir Livia. Haar pa, Cosimo Pelle, spog oor hoe hy met ’n fruit & veg shoppie in Louis Bothalaan begin het, sit nou met ’n groenteplaas en sewe makrogroentewinkels oor die hele Rand. Op ’n dag sê Cosimo hy hoor van so ’n besigheidjie, ’n minimarket, wat te koop is, op ’n plek met die naam Osspruit in Mpumalanga.

    Wie wil dáár gaan bly? versmaad almal dit.

    Beste besluit wat hy nóg geneem het … naas die vinnige padgee uit Kalabrië.

    Tot die roervinke in Januarie 2020 kom en die plaaslike mense begin opsweep. Die oproere word al hoe erger, begin sy besighede en sy sak bedreig.

    Einde Januarie is Livia en die kinders weer vir die naweek Orange Grove toe, hy en sy blonde pupetta op sy naweekplasie langs die Vaal. Saterdagaand, blootsbouds in die kooi, google hy op sy laptop, wys haar die toon, die see, die rivier, San Luca aan die hang van die Aspromonte waar hy sy eerste restaurantjie gehad het. In sy Pizzeria La Belva het die carabinieri smiddae kom pizza eet en chianti drink, kom grappies vertel en lag. Min wis die geregsdienaars dat daar agter in die pakkamer, by die sakke meel vir die pizzadeeg, die blikke tamatiesous, die blokke kaas, kanne kookolie, bottels wyn en olywe, ook twee spesiale groot plastiekdromme staan. Beurtelings vol bytsoda, aan’t wegvreet aan die liggaam van iemand wat sy capo bastone geaffronteer het, of loslippig was oor ’n clanlid se vrou.

    Maar die dromme noem hy nie vir sy pupetta nie.

    Hy en sy vennote se lorries loop 24/7 tussen die Goedgevondensteenkoolmyn by Ogies en die Majubakragstasie anderkant Amersfoort, en die dreuning van hulle dieselenjins deur die dorp is musiek in sy ore, soos die pragtige getingel van die kasregister in sy winkeltjie. Al is die winkel maar net ’n front, ’n wassery vir vuil geld. Soos hy afgekyk het by ou Domenico Oppedisano wat op tagtig nog, boers en ongeskeer, in sy driewielwêntjie vrugte uit sy boorde markte toe aangery het – en net ’n handvol het geweet dié ou man in sy ewe ou Piaggio Ape is eintlik die capo crimine van die hele ’Ndrangheta, grootbaas van seker toe die magtigste en rykste georganiseerde misdaadgroep in die wêreld, ryker as enige Colombiaanse of Mexikaanse dwelmkartel, groter as die Sisiliaanse Cosa Nostra.

    Tony Acido erken dat hy nie een oggend in San Luca wakker geword het met ’n epifanie oor hoe hy ontslae kan raak van die liggaam van ’n dwarskop of sondesoeker nie. Dit het baie maande se selfstudie en eksperimentering geverg. Soos baie voor hom, het hy ook eers geglo suur is die antwoord, veral toe hy hoor dis hoe ’n Mafiadon dit in Sisilië doen. Daar is ’n goeie rede hoekom die Cosa Nostra en die ’Ndrangheta deur die Straat van Messina van mekaar se kele weggehou word, maar niks keer jou om te leer nie. En Filippo Marchese het skynbaar in ’n apartement in Palermo, wat hy die Kamer van die Dood genoem het, ’n baie suksesvolle operasie bedryf: hy het sý Mafia-opponente in ’n mengsel van swaelsuur en water laat bad – dis die water wat eintlik liggaamsweefsel afbreek, die korroderende suur versnel net die proses.

    Die probleem is swaelsuur los nie alle beendere en tande heeltemal op nie, en in een van Marchese se dromme is ’n slag drie galstene gekry, agtien stukkies been, twee stelle kunstande. Salpetersuur, so hoor Tony Acido toe, werk beter vir ’n spoorlose versapping. Maar van sure se erge risiko’s kom jy nie weg nie – die reaksies stel hitte en toksiese dampe vry, met salpetersuur selfs hoogs plofbare verbindings, soos nitrogliserien, hoofbestanddeel van dinamiet. Hy wil homself nie saam met ’n kadawer opblaas nie.

    * * *

    Op Osspruit spoel Januarie se straatbetogings oor tot in Februarie, en neem in felheid en gewelddadigheid toe. Groter klippe word gepak, groter boomtakke oor strate gesleep, meer bande verbrand, die singery intenser, die dansery uitdagender. Die steenkoollorries word vertraag, gedwing om van die teerpad af te wyk en met stofstrate tussen woonhuise deur weer op die R35 uit te kom. Die burgemeester weier om die betogers se memorandum te ontvang, en om te wys hoe ongelukkig hulle daaroor is, steek hulle twee munisipale voertuie aan die brand.

    Tony Acido verneem die oproeriges kla, onder meer, oor misdaad en swak dienslewering in Bavukile; omdat die Majubakragstasie en New Denmarksteenkoolmyn nie plaaslike werkers in diens neem nie; omdat gesloer word om vir hulle plase te gee sodat hulle hulself ook kan ryk boer. Op sy rivierplasie boer Tony Acido nie, dis vir uitspan saam met vriende, om met sy motorboot te baljaar, bietjie karp en grootbekbaars uit te trek, sy blonde pupetta te vergas, met haar ’n draai te vlieg in sy Raven.

    Maar op die dorp raak sake kritiek. Die betogings ontwrig en vertraag alles, en lorries wat nie loop nie, kos miljoene.

    * * *

    Die antwoord is alkalihidrolise. Dis wat wetenskaplikes die loogproses noem, glo al lank ’n beproefde metode om van dierkarkasse ontslae te raak. Natriumhidroksied. Dís die groot woord, eintlik sommer net ’n vorm van bytsoda – die korrels wat jy in die stort of kombuis se drein ingooi as hare of kos of ander bio-afval dit verstop het. En min, of geen, verstikkende dampe en giftige afskeidings soos met suur nie, net ’n effense reuk, en die eindproduk is ’n gesteriliseerde alkali-oplossing. Dit lyk soos sterk koffie, ruik soos seep, en jy spoel dit sommer saam met die kombuis se opwaswater in die drein af. In San Luca het hy ’n sif gebruik, net ingeval.

    ’n Landgenoot het die einste metode gebruik om van haar slagoffers ontslae te raak, al drie volwasse vroue. Leonarda Cianciulli, die arm Seepmaker van Correggio, 77 jaar oud met haar dood in 1970 in ’n gestig. Tony Acido het spesiaal van San Luca Rome toe gery om al die bewysstukke te gaan bekyk en haar polisieverklarings in die Museo Criminologico te gaan lees.

    Leonarda het Faustina in stukke gesny en in ’n seeppot opgekook met bytsoda wat sy vir haar seepmakery gebruik het. Nadat alles opgelos is, het sy die vloeistof in haar septiese tenk gaan uitgooi. Ook Francesca en Virginia, ’n gewese operasangeres, is in bytsoda opgelos. Oor Virginia sê Leonarda in ’n verklaring:

    Haar vleis was vet en wit en ek het ’n bottel reukwater bygevoeg, en nadat dit baie lank gekook het, het ek ’n heel skaflike, romerige seep gemaak. Ek het van die seepkoekies vir bure en kennisse gegee.

    Die laaste gevallestudie wat Tony Acido destyds nagespeur het, net om seker te maak dat hy alles mooi verstaan in sy oorskakeling van suur tot loog, was dié van Santiago Meza López, die Brediemaker van ’n Mexikaanse dwelmkartel. Hy beweer hy en sy amigo El Teo het in net een jaar in bytsoda pozole gemaak van 300 lyke!

    Die resep vir pozole het Tony later self uitgetoets, ’n tradisionele Mexikaanse bredie van mieliegruis en varkvleis, gekruie en gegarneer met gesnipperde kool en ’n salsa van rooirissies, uie, knoffel, radyse, tamatie en avokadopeer. Die geheim is dat die heel mieliepitte eers geweek en dan gekook word in ’n verdunde oplossing van loog, of gebluste kalk, gemeng met water. Die geswolle pitte word daarna goed gewas om van die bitter smaak ontslae te raak voor dit gemaal word.

    * * *

    Op Dinsdag 17 Maart 2020 ontplof nuwe oproere, eens so erg. Tony Acido kry al van voordag

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1