Huisgenoot

DIE BABAWEDLOOP

ARIA BABU het vroeër vanjaar uit haar werk bedank om haar toe te wy aan iets waarvan die meeste mense nog nooit gehoor het nie. Nadat sy ’n aantal jare as beleidshoof van ’n Londense dinktenk gewerk het, het die 26-jarige tot ’n kommerwekkende besef gekom oor die toekoms van die Verenigde Koninkryk, die wêreld – en die menslike spesie.

“Dit het vir my duidelik geword dat die meeste mense meer kinders sou wou hê as wat hulle het,” sê Aria. “As jy in ag neem dat kinders so ’n groot deel van mense se lewe is, is die feit dat hulle nie in staat was om aan hierdie behoefte te voldoen nie ’n duidelike teken dat iets verkeerd is.”

Nou fokus Aria haar energie op ’n filosofie bekend as pronatalisme, wat letterlik progeboorte beteken. Die kernbeginsel daarvan is bedrieglik eenvoudig: Ons toekoms hang daarvan af dat ons meer kinders moet kry, en tog maak die lewe in die moderne ontwikkelde lande dit vir mense moeilik om dié basiese biologiese noodsaaklikheid te vervul.

Pronatalisme, aangevuur deur dalende geboortesyfers, raak ál gewilder in Silicon Valley en die breër tegnologiebedryf – veral die konserwatiewer uithoeke.

“Ek het al verskeie selfoongesprekke gehad met tegnologie-entrepreneurs wat daardie siening deel. Daar is werklik slim mense wat besorg is hieroor,” sê Ben Lamm, ’n biotegnologie-entrepreneur van Texas wie se maatskappy Colossal kunsmatige baarmoeders en ander voortplantingstegnologie (oftewel “reprotech”) ontwikkel wat mense in die toekoms kan help om meer babas te kry.

“Ons is taamlik vertroud met die pronatalistiese beweging en ons ondersteun dit,” sê Jake Kozloski, medestigter van ’n pasmaatdiens genaamd Keeper in Miami, wat daarop gemik is om die “vrugbaarheidskrisis aangevuur deur ’n huwelikskrisis” te help oplos deur kliënte te

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Beer Adriaanse
Wanneer en waar was jy op jou gelukkigste? Toe ek tweedejaar en 20 was. Ek het ’n afro gehad, was sorgeloos en die wêreld was eenvoudig. Waaroor is jy spyt? Oor die kere in my lewe waar ek nie myself was nie of oneerlik met myself was. Hoe sal die me
Huisgenoot2 min read
Majozi
As tjokker in Durban het musiek ’n groot impak op sy lewe gehad. “My ouers was lief daarvoor om na klassieke en gospelmusiek te luister. Ek was self ook mal oor kinderrympies,” sê Majozi (36), bekend vir sy treffers “Fire”, “Darling” en “Mi Amor” saa
Huisgenoot1 min read
Foto Van Die Week
HIERDIE WEEK IN DIE GESKIEDENIS ■

Related