Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Emigreer of bly: Is die gras werklik groener aan die ander kant?
Emigreer of bly: Is die gras werklik groener aan die ander kant?
Emigreer of bly: Is die gras werklik groener aan die ander kant?
Ebook141 pages3 hours

Emigreer of bly: Is die gras werklik groener aan die ander kant?

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Moet ek bly of emigreer? Is hier plek vir my in Suid-Afrika? Ons moet ons besluite as morele keuses benader. Ons het dan minder keuses om te maak omdat ons al daardie selfsugtige keuses van die tafel af vee. Morele keuses organiseer ons opsies beter in verskillende kompartemente vanaf eties tot oneties, en vanaf nuttig tot nutteloos. Ons wil hê ons lewens moet iewers tel, daarom maak ons gedurig goeie keuses. Ons maak morele keuses - ook wanneer ons reis-en-verblyf keuses maak.
LanguageAfrikaans
PublisherLux Verbi
Release dateApr 20, 2020
ISBN9780796322289
Emigreer of bly: Is die gras werklik groener aan die ander kant?
Author

Stephan Joubert

Stephan Joubert is ’n teoloog, bekroonde skrywer, prediker en ’n gesinsman. Hy is hoof van ekerk, ’n virtuele geloofsgemeenskap wat mense regoor die wêreld deur digitale bediening bereik. Hy is ook ’n buitengewone professor by verskeie universtiteite. Hy skryf rubrieke in Beeld en JUIG!-tydskrif. Die Boodskap, ’n eietydse vertaling van die Bybel saam met Jan van der Watt, is een van die mylpale in sy lewe. Stephan is ook die skrywer van baie ander boeke, onder meer Jesus – ’n radikale sprong, wat in 2010 met die Andrew Murray-prys bekroon is.

Read more from Stephan Joubert

Related to Emigreer of bly

Related ebooks

Related articles

Reviews for Emigreer of bly

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Emigreer of bly - Stephan Joubert

    Emigreer of bly

    Is die gras werklik groener aan die ander kant?

    STEPHAN JOUBERT

    Lux Verbi

    Rytyd of blytyd?

    Die olifant is op straat

    My bure is oorsee. Moet ek ook emigreer?

    Moet ek ry, of moet ek bly?

    Is dit tyd om op te pak?

    Baie lank is hierdie vrae agter die skerms gevra. Aan etenstafels, op pad werk toe, as die hoofnuus op die TV of in die koerant vertel van nog ’n moord, of van nog korrupsie wat iewers oopgevlek is – dan het mense stilweg gewonder of dit nie dalk tyd is om na groener weivelde te verskuif nie, daar oorkant die waters. Baie lank was hierdie ry- of bly-vraag die olifant in die vertrek. Niemand wou te openlik of te aanhoudend daaroor praat nie. Net dalk kon dit lyk of jy bang geword het. Of dat jy jou roeping nie behoorlik verstaan nie.

    God het ons met ’n doel aan die suidpunt van Afrika geplaas, het jou oupa en ouma gedurig vir jou gesê. Die dominee en die pastoor ook. (Wel, myne het!) As jy dit sou oorweeg om te trek, drop jy hulle. Om nie eens te praat van die volk, jou familie en al die ander nie.

    Maar daardie olifant is nou uit die kamer uit. Dit is op straat. Dit loop oral in openbaar rond. Boonop het hierdie olifant ’n naam. Moeilikheid! En as mense genoeg hiervan in hul lewe het, gee hulle nie meer so baie om nie. As almal moeilikheid sien en voel, dan praat hulle. Dan vat baie van hulle die pad. Dan wen die liedjie: Dis tyd om te trek. Of is dit dalk die ander een: Vat jou goed en trek, Ferreira?

    Skielik praat almal openlik oor trek of nie trek nie. Emigrasie is die nuwe gesprekpunt. Nee, veel meer as net die groot praatpunt. Emigrasie gebeur tans so baie dat dit klap. Baie mense is óf op pad óf oorweeg dit ernstig om die pad te vat. Altans, so voel dit vir jou wanneer jy luister hoe mense praat. Om nie eens van die koerante en tydskrifte te praat nie.

    Toe ek nou die dag na die opskrifte van ’n klompie onlangse artikels oor emigrasie van news24 en fin24 kyk, het opskrifte soos hierdie my getref:

    South African farmers are moving to Canada – and immigration consultants are seeing a ‘massive’ spike in business owners keen to leave (29 Augustus 2019)

    Next big wave of skilled workers, emigrants leaving SA – political analyst (9 Augustus 2019)

    Crikey! SA visa enquiries to Oz have more than doubled, mate (13 Junie 2019)

    Rich, older South African men are buying Plan B passports in Europe in record numbers (9 Augustus 2018).

    Breindrein, en al die res

    The bond between a man and his profession is similar to that which ties him to his country; it is just as complex, often ambivalent, and in general it is understood completely only when it is broken: by exile or emigration in the case of one’s country, by retirement in the case of a trade or profession – Primo Levi.

    Johann van Rooyen, skrywer van The new Great Trek (2000) en Global mobility and migration 2019: A guide for skilled workers (2019), meen 25 000 hoogs geskoolde mense verlaat Suid-Afrika elke jaar, met ’n geskatte 1,5 miljoen ekspats wat reeds oorsee woon. Die Amerikaanse navorsingsreus Pew reken weer dat 900 000 Suid-Afrikaners teen 2017 reeds in die buiteland gewoon het. Volgens prof Lawrence Schlemmer se berekenings het minstens 750 000 Afrikaanssprekende mense tussen 1990 en 2010 geëmigreer. Prof Flip Smit, die bekende demograaf en gewese rektor by die Universiteit van Pretoria, het ook interessante navorsing gedoen oor die demografiese samestelling van Suid-Afrika. In 2017 het hy onder meer aangetoon dat ons land se wit bevolking met sowat 40 000 mense per jaar afneem. Volgens sy beramings sal daar teen 2030 slegs 1,8 miljoen Afrikaanssprekendes in die land wees, en teen 2050 sal hulle minder as 1% van die totale bevolking wees.

    ’n Jack Hammer-verslag wat aan die begin van 2019 verskyn het, bevind dat 86% van die top- Suid-Afrikaanse bestuurders emigrasie oorweeg. PPS het in Januarie 2019 ’n meningspeiling oor die emigrasievraag onder 5 837 van sy lede gehou. 43% van alle gegradueerdes was diep besorg oor politieke kwessies, en 27% was gespanne oor die ekonomie. Amper 15% van alle mense wat hul huise aan die begin van 2019 wou verkoop, het emigrasie as rede aangevoer, aldus FNB se eiendomsagentepeiling. Daar was dus ’n styging vanaf die vierde kwartaal van 2018 toe 10% mense gesê het hulle wil hul huise verkoop omdat hulle emigrasie oorweeg. In die superryk klasse is emigrasie die hoofrede van 19% Suid-Afrikaners wat hul eiendom in die mark gesit het.

    Interessant genoeg het die departement van binnelandse sake reeds in 2017 aangedui dat meer professionele swart mense die land verlaat as wit mense. Breindrein, of wat? Dit klink so as jy gou gaan loer na die amptelike statistiek van die Australiese regering wat reeds in 2016 gewys het dat 163 000 Suid-Afrikaners daar woon, waarvan die meerderheid geskoolde en hoogs opgeleide professionele mense is. ’n Verslag van New World Health in April 2019 toon aan dat ongeveer 300 individue wat elk ’n netto waarde van meer as een miljoen dollar het, Suid-Afrika per jaar verlaat. Die algemeenste redes vir emigrasie onder Suid-Afrikaners is veiligheid, leefstyl, finansiële oorwegings, onderrig, werksgeleenthede, belastingoorwegings, gesondheidsorg, godsdienstige spanning, lewenstandaard, politieke onderdrukking en onstabiliteit.

    Disappoint them early … al is dit almal se vraag!

    A great emigration necessarily implies unhappiness of some kind or other in the country that is deserted – Thomas Malthus.

    Die emigrasievraag is lankal nie meer net ’n vraag wat deur sogenaamde geskooldes hier in Suid-Afrika gevra word nie. Almal vra dit. Wat ook al die redes is hoekom mense die pad wil vat, die feit is – die olifant loop los op straat. Ons hoor dit in al die gewildste eenlyners wat deesdae oral opklink, van die werk tot by die kerk:

    Die wiele val af.

    Hier is nie meer ’n toekoms vir my kinders nie.

    Misdaad wen.

    Regstellende aksie het my oorbodig verklaar.

    Ek kan die korrupsie nie meer vat nie.

    My geld is niks meer werd nie.

    Alle infrastruktuur stort in duie.

    Die verskil tussen ’n emigrant en ’n vlugteling is tydsberekening.

    Wat gaan hier van ons almal word?

    Reeds in 2005 het Elirea Bornman in ’n artikel oor emigrasie onder Afrikaners in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe genoem dat daar ’n alternatiewe woordeskat in Suid-Afrika tot stand gekom het wat die rou emosies van voornemende emigrante verwoord. Sy het ’n paar van die eenlyners aangehaal wat in daardie tyd baie gewild was:

    Die nuwe Groot Trek

    White flight

    The chicken run

    The brain drain

    Blyers of glyers

    Hierdie persepsies het vandag baie mense se nuwe werklikheid geword. Letterlik en figuurlik. Hoe gemaak in hierdie uitdagende tye?

    Wel, laat ek dit net eers van my hart af kry: Hierdie boek wil nie vir jou voorskryf wat om te doen nie. Dit is jou lewe. Jy kan kies hoe jy dit wil leef en waar jy dit wil leef. Hierdie boek wil nie jou verantwoordelikheid van jou probeer wegneem deur vir jou te sê wat jy moet kies as dit by ry of bly kom nie. Of as dit kom by die groter prent wat ons op die volgende bladsye met mekaar gaan deel nie.

    Ek kan my hier vereenselwig met dié woorde in Milan Kundera se boek Ignorance (2000):

    She had always taken it as a given that emigrating was a misfortune. But, now she wonders, wasn’t it instead an illusion of misfortune, an illusion suggested by the way people perceive an émigré? Wasn’t she interpreting her own life according to the operating instructions other people had handed her? And she thought that even though it had been imposed from the outside and against her will, her emigration was perhaps, without her knowing it, the best outcome for her life.

    Disappoint them early, sê ’n Amerikaanse vriend van my graag. Wel, hier kom dit: As jy hierdie boek wil lees om ’n vinnige antwoord op die ry-of-bly-kwessie te kry, moet dit liewer nie lees nie. Maar as jy goed wil nadink oor jou lewe en jou besluite, ook wanneer ander vrae in jou lewe ter sprake kom, lees asseblief verder. Hierdie boek wil ’n denkende reisgenoot op jou pad wees. Dit wil jou help om koersvas op God se roete te bly, ongeag of jy ry en of jy bly. En selfs al het jy reeds gery, of al het jy lank gelede al besluit om te bly, wil dit jou steeds help deur vir jou ’n koers aan te dui aan die hand van God se tydlose kompas.

    Ter wille van perspektief: Emigrasie is nie ’n verskynsel uniek aan Suid-Afrika nie

    How emigration is actually lived – well, this depends on many factors: education, economic station, language, where one lands, and what support network is in place at the site of arrival – Daniel Alarcon.

    Terug na ons gesprek, en ter wille van groter perspektief – emigrasie is nie net ’n Suid-Afrikaanse verskynsel nie.

    Ek het onlangs die Verenigde Nasies se World Migration Report van 2018 gelees. Dié verslag monitor die verskynsel van wêreldwye migrasie. Volgens hulle berekenings is daar tans 244 miljoen migrante in die wêreld. Die hoofrede vir internasionale migrasie is werkverwant. Mense verskuif in toenemende getalle na lande met beter werksgeleenthede vir hulleself, asook na lande waar hulle ’n beter lewe vir hulle en hul families kan verseker. Dit blyk dat die getal internasionale migrante wêreldwyd tans vinniger groei as die bevolkingsaanwassyfer in die wêreld. Die VSA is steeds die land met die hoogste getal migrante (sowat 50 miljoen), gevolg deur Saoedi-Arabië, Duitsland en die Russiese Federasie. Volgens die IMMI Group is die top-tien-lande wat immigrasie-vriendelik is (in stygende volgorde) tans Indië, Australië, Frankryk, Spanje, die Verenigde Koninkryk, Kanada, Saoedi-Arabië, Duitsland, Rusland en die VSA in die eerste plek.

    Wat ook al mense se redes – vanaf beter werkgeleenthede tot persoonlike veiligheid – dit was nog altyd die geval, en dit is steeds ’n werklikheid, dat mense migreer.

    Avontuurlustiges sien dit as ’n geleentheid om die wêreld beter te leer ken. Vlugtelinge sien dit egter as hul enigste uitweg. Hulle plaas al hul hoop op die gasheerland waarheen hulle uitwyk. Die verskynsel van globale ontworteling (global displacement) is tans die hoogste ooit in die geskiedenis met sowat 22 miljoen internasionale vlugtelinge. (In 2018 was ons almal deeglik bewus van al die Siriese vlugtelinge na Europa.)

    Van migrasie na ekstreme plekke gepraat, volgens avontuurlustiges is die nuwe front sekerlik die hemelruim. Sedert die 1970’s, toe die Princeton-professor Gerard O’Neill bekendgeraak het as ruimte-hervestigingsaktivis, het die idee van kolonies in die buitenste ruim, ook op planete soos Mars, begin posvat. Reeds in 2006 het Stephen Hawking, die befaamde fisikus, genoem dat die mensdom dit sal moet oorweeg om ander planete te begin koloniseer as gevolg van

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1