Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Kaalkop 3
Kaalkop 3
Kaalkop 3
Ebook305 pages6 hours

Kaalkop 3

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Die derde bundel uit die beroemde verhoogkunstenaar Nataniël se gewilde rubriek in SARIE – na meer as 10 jaar, steeds een van die gewildste rubrieke in ’n Suid-Afrikaanse tydskrif. (Baie lesers erken dat dit die eerste bladsy is waarnatoe hulle blaai in SARIE!) In hierdie rubrieke deel Nataniël sy insigte met humor en eerlikheid en styl, en ’n aangrypende waardering vir die eenvoudige dinge wat ons lewens verryk en verruim. ’n Ikon wie se Kaalkop-wysheid en pittige sosiale kommentaar daagliks inspirasie en plesier kan bied. Kaalkop 3 sluit in:54 Kaalkop-rubrieke19 rubrieke uit SARIE KOS5 voorheen ongepubliseerde verhoogstoriesSwanemeer: die ware verhaalVoorwaar ’n elegante boek propvol skatte: die ideale Kersgeskenk!
LanguageAfrikaans
Release dateSep 10, 2012
ISBN9780798158497
Kaalkop 3
Author

Nataniël

Nataniël is op Grahamstad gebore. Hy het skool gegaan aan die Laerskool Riebeeck-Kasteel en Hoërskool De Kuilen in Kuilsrivier. Na skool studeer hy musiek aan die Universiteit Stellenbosch. Hy het aanvanklik bekendheid verwerf as kabaretster en verhoogkunstenaar, maar sedert die 1990’s is hy veral gewild as skrywer en koskenner. Nataniël was born in Grahamstown in the Eastern Cape. He studied music at Stellenbosch University and first became popular as a cabaret and stage artist, but since the 1990’s has also built a reputation as a writer, columnist and celebrity chef. 150 Stories dominated the bestseller charts for weeks on end.

Read more from Nataniël

Related to Kaalkop 3

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Kaalkop 3

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Kaalkop 3 - Nataniël

    title.jpg

    54 Kaalkoppe

    19.tif12.tif

    Pitte

    Wat het geword van al die heerlike gesprekke? Al die wysheid, openbaringe, verrassings en verbeelding wat hoort in enige goeie wisseling van woorde? Al die wonderlike onderwerpe vir dialoog? ’n Nuwe boek, ’n nuwe fliek, ’n nuwe predikant, die planeet, die toekoms van ons kinders, ’n ongewone gereg, ’n onlangse reis, familiedramas of die jongste dieet?

    Misdaad en emigrasie, dis al waaroor gepraat word, om en om word daar bespiegel en beskuldig, sonder hoop of oplossing. En deesdae – of het ek dit net altyd gemis? – geld. Hierdie onderwerp word egter nie aangepak met insig, oordeel of avontuurlus nie, wel met vrees, spanning, afguns of meerderwaardigheid. Daar word nie gepraat oor die kleur, ontwerp, gewig, geskiedenis, simboliek, feng shui of belofte van geld nie, eerder oor die swak wisselkoers, belaglike belastingskale, skuld, bankkoste, lenings, rente, versekering, behoefte, diefstal en bedrog. Die meeste mense wurg aan die koste van aanbouings, aankope, vakansies, siekte, universiteit, skool, oortrokke fasiliteite, inbraak, ongelukke, kredietkaarte, dobbel of die dood.

    ’n Paar beleef voorspoed, selfs oorvloed, maar bly ontspoor. Sedert die begin was die klingel van ’n paar muntstukke verslawend, vir sommiges ’n teken van mag of aansien, dankbaarheid word dus verwar met vermakerigheid of verwaandheid. Mense voel bedreig en gryp onmiddellik, letterlik en figuurlik, na hulle geld vir die nodige staanplek. Ek ken mense wat elke dag – selfs al praat ons oor ’n sneeustorting of die voer van troetelslange – die woord strandhuis gebruik. Ek sien dan in my verbeelding ’n kasteel op ’n rots en vind jare later uit dis ’n doodgewone hutjie sonder ontwerp of uitsig, ligjare van die naaste brander.

    Meer as sterretekens, nasionaliteit, breinkrag of ouderdom verdeel geld ons in groepe. Soek jouself:

    Erfeling: Ek het geërf of ek gaan erf. Ek is dus óf windgat óf slapgat. My boetie is nederig en werk hard, maar hy’s mal.

    Ewig jonk: Ek gaan nooit oud word nie, ek dink nie eens daaraan of maak ’n plan nie. My aftrede gaan fantasties wees. Dertig jaar van finansiële hel, afhanklikheid en vrees? Waarvan praat jy?

    Nuwe beursie: Ek het baie geld, niks smaak nie. Ek het self daarvoor gewerk. Ek kan dit nie glo nie. Kyk my kar. Kyk my huis. Kyk my skoene.

    Wit vuis: Ek kan jou nie groet nie, ek klou aan my geldjies. Dis al geslagte in die familie. Ek slaap nooit. Ek help niemand. Hulle gaan my goed vat. Ja, jy moet kom kuier, maar bring jou eie wyn. En kos. Nee, niemand slaap oor nie.

    Lamme: Ek sit net hier. Die Here sal sorg. Ek weet Hy’t vir my talent gegee. En ’n brein. Maar ek doen niks nie. Ek bid net.

    Oop hand: Kan nie praat nie, ek is heeltemal uitasem en laat. Het vanoggend gehelp by die tehuis, vanmiddag moet ek gaan tafels pak vir die verkoping en vanaand het ons mos die geldinsameling. Kan jy my asseblief kom oplaai, die bakkie staan weer.

    Blinkbek: Hoor hier, hierdie nuwe skema is ongelooflik, dis groot pitte, dit gaan alles oor diamante, jy belê by hierdie ou, maar jy hoef niks geld in te sit nie. Het ek jou vertel van hierdie nuwe ontwikkeling? Jy koop ’n woonstel saam met drie ander mense …

    Bywoner: Ons familie het nog nooit iets gehad nie, ons vat wat ons kry, maar dis nie waaroor dit gaan nie. Ek is heel gelukkig. Ek begin Maandag werk by die nuwe plek. Nee, ek weet nie hoeveel nie.

    Geld het ons koning geword. Maar ’n goeie koning is daar om te dien, nie te regeer nie. Geld is uitgedink om handel, reis, vooruitgang en lewens beter te maak, nie te verwoes nie. Ek glo aan ryk en arm, sterk en swak, lei en volg, dapper en bang, dis deel van die natuur. Ek glo aan ’n beloning vir ambisie en gevolge vir luiheid of onkunde, maar ek glo ook aan waarde, selfondersoek en eiewaarde.

    Gelukkig is dié wat ander én hulleself raaksien, huldig en beloon.

    (Maart 2008)

    4.tif

    Besing die appel

    Al my vriende weet ek is in die verkeerde eeu gebore, ek verlang elke dag na klipkastele, koetse, pofmoue met kant, balsale wat ruik na adellike sweet en kerswas en rokerige kombuise vol knegte. Hierdie nonsens van televisie, vragmotors, geblikte koeldrank, kort rokkies en selfone herinner my elke dag ek is op die verkeerde plek.

    In die somer is daar nog ’n klein bietjie genade, ’n donderstorm, ’n wilde tuin of ’n reuseboom is tydloos, maar die winter is op pad (en hierdie jaar wag ’n hel van kragonderbrekings en gasverwarmers) en so lê my oorlewing weer eens in die kombuis.

    Ek weet nie of dit die ouderdom of my verlange na verlore tye is nie, maar elke jaar, sodra die wind begin knyp, hunker ek na ’n verlore skat, ’n onontginde talent of ’n agtergeblewe vakmanskap. Ek wil botter karring, boeke bind, tapisserieë voltooi, silwerware graveer, gemmer inlê en mantels borduur, ek wil al die gemors van ’n hedendaagse bestaan, al die politiek, onnoselheid en wreedheid uitwis met die ontdek en versorg van ’n eeue oue juweel. Hierdie jaar: Appels!

    Dit het so gebeur. Ek kon nog nooit die smaak, tekstuur, reuk of geluid van ’n vars appel verdra nie, dis die een vrug wat – in sy natuurlike toestand – my palet totaal ontnugter. Maar dis ’n mooi ding, altyd in my huis, iewers in ’n bak, selfs op ’n skildery. Nou en dan sal ek een skil vir ’n vinnige blatjang of nagereg. Dan is daar die permanente bottel Calvados waarsonder my gasvryheid finaal sal beswyk. En dis dit. Tot nou die dag.

    Ek en Topsi Venter is besig met een van my duisende telefoniese kooklesse.

    Hierdie land kook te min met appels, sê sy, Dit is die mees fantastiese ding, dit red alles, as jy twyfel of sukkel, rasper ’n appel. En niemand maak behoorlike sider nie. Wat gaan aan?

    Maar appels raas, sê ek, Ek sukkel klaar met die wêreld se lawaai.

    Dan bak jy hom, sê Topsi, Of jy kook hom, of braai hom, of stoom hom, of gis hom. Jy kan hom bedien saam met enige gereg. En hy genees alles. En ken jy die storie van Johnny Appleseed?

    Boekrak toe. Johnny Appleseed (regte naam: John Chapman) het feitlik die hele Amerika toegeplant met appelbome en só begin met die kultivering van die moderne appelbedryf. Appelbome, so lees ek, is van nature geneig om groot hoeveelhede klein appeltjies te dra, die groot, soet appels wat ons vandag ken, is die gevolg van kultivering.

    Appelbome, soos mense, plant voort met die eienskappe van hulle ouers. Dit is dus nie maklik om ’n boom te kweek wat gereeld kommersiële appels verskaf nie, los hom uit en hy keer terug na sy historiese wilde toestand. Dit klink ongelooflik! Daar is duidelik iets wat hom terugroep.

    Alhoewel appels geassosieer word met die Paradys en die boom van goed en kwaad is dit hoogs onwaarskynlik. Eva het heel moontlik ontspoor met die hulp van ’n kweper. Die woord paradys is egter afgelei van ’n woord wat ’n boord of omheinde tuin beskryf en vir eeue was appels die mees gekultiveerde vrug op aarde. Appels word besing in mitologie, literatuur, kuns, godsdienstige geskrifte, kosboeke en die wêreld van medisyne. Selfs Isaac Newton het sy teorie oor swaartekrag te danke aan die val van ’n appel.

    Deesdae word daar veral gejubel oor die gebruike van appelasyn, gemaak van appelsider. Verkoues, keelseer, asma, krampe, gewigsprobleme, artritis, infeksies, cholesterol, bloedsuikervlakke, spysvertering, maagsere en veroudering, alles kan onder beheer gebring word met ’n daaglikse dosis. Spatare, brandwonde, skilfers, aknee, snye en uitslag kan behandel word.

    Ekself is op pad kombuis toe. Bredies, souse, eksotiese kerries, koeke, poedings, pasteie, terte, gekruide drankies, heel gebakte appels, gevul met neute, kaneel en suiker, ek gaan die hele lot opdis.

    Die wêreld vergaan, dink baie mense, en iemand kry hoendervleis oor appels. Is dit moontlik? Natuurlik, lees weer.

    (April 2008)

    3.tif

    Gespook

    Daar was ’n vreeslike deurmekaar boord tussen ons huis en Tannie Alta s’n. Kwepers, lukwarte, suurlemoene, murgpampoene, druiwe, krismisrose en langgras het jolig saam floreer. Tannie Alta se huis het spierwit teen die bult gestaan en waghou oor hierdie eksentrieke paradys. Dit was ’n groot huis, vierkantig en stewig met dik pilare, breë stoepe, rooi trappe en manjifieke gewels. Dit was ’n fort, ’n vesting en beslis ’n baken.

    In ’n gelukkiger verhaal sou só ’n huis met só ’n tuin wemel van gaste, kinders en familielede. Daar sou lang kuiers plaasvind, dames met sonhoedens sou wandel deur die langgras, limonade sou bedien word onder die bome en saans sou daar lanterns brand op die stoepe terwyl rook styg uit die menigte skoorstene.

    Maar dit was altyd stil. Die enigste tekens van lewe was Tannie Alta se senuagtige geskarrel in en uit by die voordeur, nou en dan ’n aflewering by die hek en af en toe ’n verpligte kort besoek van ’n predikant of ’n loodgieter.

    Die arme, arme vrou, het mense gesê. Hoekom raak sy nie van die kasarm ontslae nie? Die stomme siel is opgespook! G’n mens kan so sonder slaap leef nie! Kyk hoe staan haar oë, soos ’n malle s’n! Cynthia in die kliphuis het ook ’n gees wat lastig raak, maar sy sê dit pla haar glad nie. Die arme Alta!

    Alhoewel ons kinders vertel is dat spoke onsin was en sulke stories blote lawwigheid, was dit ’n uitgemaakte saak dat daar in Tannie Alta se huis ’n spokery was. Niemand wou uitvra en niemand wou gaan kyk nie, nie eens die dapperste skoolseuns wou een aand gaan inloer nie, Tannie Alta se permanente verdwaasdheid was genoeg bewys van ’n grootskaalse goëlery.

    Tannie Alta was die onbetwiste bloudruk en rolmodel vir ’n ongelukkige, onstabiele, onvoltooide persoon. Gespook was (en is nog steeds vir dié wat daar grootgeword het) op ons dorp die beskrywing vir vrees, frustrasie, ellende, moeilikheid, kommer, versteuring, versteurdheid, besetenheid of spanning.

    10 van gespook se mees algemene gebruike:

    Opgespook: Daar’s nie meer hoop nie, die skade is te groot.

    Flougespook: Jy kan sien iemand is raadop, naby opgee.

    Raakgespook: Die letsels is duidelik sigbaar.

    Goedgespook: Iemand het sy les geleer, hy sal nie weer nie.

    Platgespook: Weet nie wat hom getref het nie, is die pad byster.

    Witgespook: Dit het so pas gebeur, die skok is groot, gee ’n bietjie kans.

    Dikgespook: Die trane is naby, die hande bewe, help ’n bietjie.

    Halfgespook: Deurmekaar, ingedagte, simpel, vergeetagtig, geen konsentrasie.

    Lankgespook: Jare se pyn, iemand gaan nie gou regkom nie.

    Diepgespook: Daar is min liefde, blydskap of vreugde in so ’n hart.

    Die mees algemene simptome sluit in: Gebrek aan konsentrasie, vaakheid, kringe onder die oë, fyngevoeligheid, ’n onvermoë om ’n gesprek te volg, ’n vrees vir stilte of stilsit, verwardheid, gejaagdheid, te vinnig eet, te veel eet, te min eet, aanhoudende staar of rondloer, ’n gebrek aan vertroue, ongeloof, luidrugtigheid, te veel grimering, te min grimering, slordige kleredrag, oordadige kleredrag, onbeskoftheid, swak begrip en gebrek aan logika.

    En dit beteken Tannie Alta was een van miljoene. Haar spook het gesweef in ’n huis met gewels, die res kan enige plek wees, naby genoeg om al die gespooktes gespook te hou. En die gespooktes kom nie weg nie, hulle skarrel doodmoeg voort, maak kinders groot, doen inkopies, regeer lande, ignoreer stopstrate, strooi rommel, maak geraas, gaan werk toe en gaan kerk toe. Hulle bly benoud en het altyd ’n wapen in die hand, ’n selfoon, ’n sigaret, ’n wynglas, ’n toespraak, ’n radio of ’n lat, iets wat hulle veiliger laat voel, iets wat hulle minder eensaam laat voel.

    En tog is hulle nooit alleen nie. Daar’s altyd ’n spook. Sigbaar of onsigbaar, ’n lelike ding wat net nie wil rus kry nie, wat wag om elke hoek, in elke skaduwee, binne elke stilte. En min wil hom konfronteer, besoek, uitdaag, ondersoek en te ruste lê.

    Nou bly ons maar aan die hardloop. Gespook bly ons dwarrel, suip, rook, bel en bewe.

    (Mei 2008)

    6.tif

    Draer

    Die details is nie belangrik nie, dit was ’n kort rukkie, ’n paar maande, maar ek het geglo dit was die groot liefde. Soos die ander gelukkiges het ek vergeet van die wêreld en sy onnoselheid, ek het geloop op wolke, gesing in die hart, geleef van ontmoeting tot ontmoeting. Toe word daar rondgelê, ek word ingelig en alles is verby.

    Ek was glad nie voorbereid op die ramp nie. Ek het vergeet van pyn, van die momentum en die omvang. Ek het heeltemal vergeet van die vreemdheid, die naarheid, die doofheid, hoe swaartekrag verdwyn wanneer die grysheid jou omstoot en jy begin dryf soos ’n groot pop met net genoeg verstand om te weet jy’s simpel. En die grysheid is groot, groter as ’n brander wat ’n kuslyn insluk, so groot dat jy nie jou voete vind nie. Jy dryf en stamp jou kop. Teen alles, meubels, geskenke, gesigte, ou gesprekke, foto’s, boodskappe, beddens en ander drywendes met hulle besittings.

    Die vreemdste ding van pyn is dat jy nie sink nie, jy bly dryf. En jy gryp na alles, ’n tak, ’n reddingsboei, ’n hand. Maar die stroom is sterk en jou krag is min en jy bly eindig met ’n foon of ’n wynglas of ’n kredietkaart. Dan doen jy maar wat jy kan, jy word mal en dronk en duiselig, jy lag kliphard, jy vertel grappe, jy skree soos ’n baba.

    Ná ’n lang, lang tyd, ’n kleurlose ewigheid, spoel jy iewers in ’n hoek vas. Uitasem plas jy rond, vind ’n bietjie vastigheid, sit uiteindelik regop en kyk om jou. Langs jou lê jou dagboek met al jou nommers, jy onthou jy kan bel. Ver bo jou is ’n opening. Jy sien die dun straaltjie lig, jy onthou jy kan bid. Agter jou is stemme, jy onthou jy kan uitroep. Maar jy leun eenvoudig vooroor tot jy val, terug in die grys, jy wil dryf, terug tot by die ramp.

    Weer en weer wil jy die verhaal gaan bekyk, dieselfde storie aanhoor en soos ’n groot, simpel pop weier om dit te glo.

    Pyn is hierdie aarde se vyfde seisoen, met sy eie temperatuur, aktiwiteite en modes. Die grootkoppe sukkel om hom plek te gee op die kalender, want hy’s orals, heeltyd. Pyn was die grootste dryfkrag agter die mees tydlose kunswerke en literatuur. Pyn hou die filmbedryf aan die gang en komponeer die gewildste deuntjies. Pyn is die oorsaak van die mees onnodige konfrontasie en die skrywer van die wreedste geskiedenis. Pyn is die voog van elke nuwe generasie, die raadgewer van die dierbaarste of mees ongenaakbare ouers.

    Pyn vind sy draers sonder diskriminasie, hy maak sy lêplek in oud of jonk, sterk of swak. Sy verskynings is onvergeetlik, altyd indrukwekkend, die silhoeët van jou ma die dag ná jou pa weg is, die mond van ’n vreemde vrou wat vertel van haar siek kind, die oë van ’n tiener wat reeds die stryd teen vetsug verloor het, die vel van ’n drinker wat nooit gaan ophou nie, die wantroue van ’n oumens wat nie meer sy omgewing herken nie.

    Pyn is ’n jurk of ’n jas en hy kom met sy eie hanger. Sommige vat hom kas toe en bêre hom, families met stilswye, blekes vol skaamte, tragedies sonder titels. Ander dra hom, trots of pateties vertoon hulle die pynlike gewaad, dankbaar vir die unieke aanknopingspunt, woedend oor die onveranderlike kostuum.

    Ek weet nie wat pyn wegvat en of dit ooit weggaan nie. Daar is verskeie pille en ’n mens loop gereeld verbruikers raak, maar dis moeilik, ’n verdoofde praat meestal met homself. Terapie is ’n moet, dit gee gereedskap en begrip. Vriendskap is goed, dit dwing jou om ander aan te hoor. Godsdiens, meditasie en hipnose verrig wondere vir vele. Alkohol, seks, kuns, musiek, gevaar, misdaad of reis help duisende ander.

    Ek glo aan tyd en vergifnis. En ek glo aan erkenning. Dat dit wel bestaan, dat ek nie die enigste draer is nie, dat dit my beïnvloed, dat dit my laat struikel, dat dit my aanspoor, dat dit my beter maak as voorheen.

    (Junie 2008)

    8.tif

    Gaande

    Daar is min dinge so onsmaaklik soos die ontydige vertoon van verliefdheid, op die ranglys van agteruitgang val dit in dieselfde kategorie as eet met ’n oop mond, ou bene in ’n kortbroek of dik skoolmeisies in afsakdenims. Daagliks moet ons dit trotseer, ’n oneindige geklou in die openbaar, vryende tieners in winkelsentrums en paartjies wat tydens kerkdienste en konserte soos lammes teen mekaar lê. Ek weet wel dat my absolute weersin in hierdie fisiese fieterjasies eintlik net te doen het met my Victoriaanse idee van privaatheid en nie met die gepaardgaande emosies nie.

    Verliefdheid is fantasties. Vir die betrokkenes. Vir die res van die samelewing is dit dikwels irriterend, simpel, onverantwoordelik, tydelik

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1