Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Dink soos 'n miljardêr: Geheime van 'n suksesvolle Suid-Afrikaanse entrepreneur
Dink soos 'n miljardêr: Geheime van 'n suksesvolle Suid-Afrikaanse entrepreneur
Dink soos 'n miljardêr: Geheime van 'n suksesvolle Suid-Afrikaanse entrepreneur
Ebook203 pages3 hours

Dink soos 'n miljardêr: Geheime van 'n suksesvolle Suid-Afrikaanse entrepreneur

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Wat onderskei die rykes van ‘gewone mense’? Hulle dink anders. In Dink soos 'n miljardêr verduidelik Daniel Strauss, die Strauss in die beleggingsonderneming Stocks & Strauss, wat dit beteken om soos ’n miljardêr te dink en deel sy geheime tot sukses, soos hoe om toegang tot kapitaal te verkry, die regte mense te vind om jou te help om jou doelwitte te bereik en hoe om jou gedagtes van selfopgelegde beperkings te bevry, sodat jy ook soos ’n miljardêr kan dink – en uiteindelik self een kan word.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateFeb 12, 2021
ISBN9780624090328
Dink soos 'n miljardêr: Geheime van 'n suksesvolle Suid-Afrikaanse entrepreneur
Author

Daniel Strauss

Daniel is 'n Suid-Afrikaanse entrepreneur en waagkapitalis. Hy is die Strauss in die beleggingsonderneming Stocks & Strauss. Hy het 'n B.Ing. (Bedryfsingenieurswese) en MBA aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Hy en sy vrou, Rolene, het twee kinders en woon in die Kaapse wynlande. Dink soos 'n miljardêr is Daniel se eerste boek.  

Related to Dink soos 'n miljardêr

Related ebooks

Related articles

Reviews for Dink soos 'n miljardêr

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Dink soos 'n miljardêr - Daniel Strauss

    9780624090328_FC.jpg

    Daniel Strauss

    DINK SOOS ’N

    MILJARDÊR

    Geheime van ’n suksesvolle

    Suid-Afrikaanse entrepreneur

    Tafelberg

    Aan my seuns:

    Maak dié denkwyse jul eie.

    My pad was nie maklik nie, daarom

    kan julle ’n beter reis hê.

    AAN DIE LESER

    Jy is waarskynlik reeds ’n entrepreneur. Of as jy nog nie een is nie, het jy die brandende begeerte om een te wees. Jy wil jou eie besigheid hê – ’n besigheid waarin jy die baas is.

    Ek verstaan waardeur jy gaan. Ek is self daardeur, want ek is ook ’n entrepreneur. My besigheid is om in ander entrepreneurs te belê. Ek is die Strauss in die beleggingsgroep Stocks & Strauss. Ons belê in klein en middelslagondernemings met die doel om hulle in groot maatskappye te laat ontwikkel. So het ons al in meer as 50 private besighede belê. Ons het heelparty foute gemaak, maar ook wonderlike, suksesvolle beleggings gedoen. Ek wil met jou deel wat ek geleer het.

    My lewe is vreemd. ’n Dag begin dalk met ’n oggendklas wat ek vir MBA-studente by ’n vername sakeskool aanbied. Daarna ry ek na een van die maatskappye in ons portefeulje vir ’n vergadering met die uitvoerende hoof. Soms gaan sit ek eers by die werknemers vir ’n potjie domino’s of stap op die fabrieksvloer rond om ’n geselsie aan te knoop. Dan gaan sien ek moontlik ’n kapitaalkragtige belegger of neem ’n oproep van ’n bekende in die vermaaklikheidswêreld wat raad vra. Die aand sit ek en my vrou dalk by ’n dinee aan tafel saam met gerekende persoonlikhede uit die sakewêreld of die kunste. Dis ’n bedrywige lewe, maar ’n opwindende een.

    Ek meng met mense uit baie verskillende agtergronde en dit gee my ’n unieke uitkyk. Toe ek jonger was, het ek gedink ryk mense is seker slimmer of beskik oor vaardighede en kennis wat nie vir ons beskore is nie. Nou het ek al genoeg tyd saam met welgesteldes deurgebring om te besef dat hulle net mense soos ek en jy is.

    Dié van hulle wat van platsak tot skatryk kon vorder, het egter wel iets gehad waarsonder ek vir lank moes klaarkom. Hulle het geweet hoe om bo die lyn te dink. Hulle dink soos miljardêrs – en dit is waaroor hierdie boek gaan.

    In ’n gefokusde gesprek van ’n uur met ’n bekende miljardêr – ’n aandeelhouer en direkteur van verskeie multinasionale maatskappye – het ek onlangs opnuut bevestiging vir dié denkwyse gekry. Drie beginsels was duidelik. Eerstens is die miljardêr se uitgangspunt alles is moontlik. Geen projek of onderneming is vir hom te groot of uitdagend nie. Hy sal altyd ’n manier kry om die doel te bereik. Tweedens is sy denkwyse nie die gevolg van sy rykdom of die bates in sy maatskappye nie. Dit kom uit die vertroue dat hy weet hoe om die regte mense en hulpbronne in die hande te kry om sy doel te bereik. Laastens gebruik miljardêrs selde, indien ooit, hul eie kapitaal om ’n doel te verwesenlik. Die miljardêr het aan my verduidelik hoe hy transaksies aangaan en wie die geld verskaf. Ek was verbaas dat sy eie geld selde deel van die finansieringsgesprekke was. Tog was die kapitaal van gewillige beleggers betrokke by elke enkele transaksie, projek en onderneming waaroor ons gepraat het.

    Baie entrepreneurs val terug op die verskoning dat hulle nie toegang tot kapitaal het nie. Ons moet eerder fokus op die netwerke, kennis en ondernemingsgees wat ons reeds het en ons denke loswikkel uit die beperkinge wat ons dikwels self oplê. In dié boek gaan ek jou help om sonder sulke grense te dink.

    Ek wil die denkwyse van genoeg mense skuif om ’n herlewing in die sakewêreld teweeg te bring. In dié herlewing sal groei ’n terugkeer maak en ’n nuwe generasie sakeleiers sal die wêreld doelgerig en volhoubaar vooruit neem.

    Die metodes, konsepte en denkwyse wat jy hier gaan leer, is soos ’n skalpel in die hande van ’n chirurg. Jy kan lewens daarmee verander, maar jy kan ook erge skade aanrig. Gebruik die kragtige gereedskap waarmee ek jou toerus om van die wêreld ’n beter plek te maak.

    Hoofstuk 1

    SAKE EN SKOONHEIDSKOMPETISIES

    Ek is in ’n raadsaal. ’n Groepie ontleders draf deur ’n stel voorleggings oor die beleggings wat hulle beplan. Dit klink seker na ’n heel normale plek vir ’n waagkapitaal-entrepreneur om te wees. Maar die raadsaal is in Shanghai. En almal om my praat Mandaryns.

    Ek is skaars dertig en het maar min op my naam.

    My mentor is ’n Chinees, so vyftien jaar ouer as ek. Hy leun elke nou en dan oor om dele van die voorlegging vir my te vertaal, want ek is net die Engels en Afrikaans magtig wat ek in die Noord-Kaap geleer is.

    Die ontleders wil die res van die span oortuig om in ’n besigheid te belê wat luukse horlosies versien. In China is spoggerige weergawes van Rolex, Cartier en Patek Philippe uiters gewild en die maatskappy wat die ontleders in die oog het, versien en herstel dié statussimbole waarmee die rykes ook darem vir jou kan sê hoe laat dit is.

    My mentor het my vroeër in die raadsaal voorgestel as ’n belegger van Suid-Afrika. Die waarheid is dat ek in daardie stadium maar betreklik kort tevore begin belê het. Die meeste van my bates het ek met sweetkapitaal bymekaar gemaak. Dis nou wanneer jy ’n entrepreneur help om beter sake te doen en hier en daar ’n probleem oplos. In ruil daarvoor kry jy aandele in die besigheid. Ek het geleidelik gebou aan ’n portefeulje private beleggings, maar my belange was nog beskeie.

    Dan raak die raadsaal stil. Hulle wil nou mý mening hê. ’n Plaasseun wat langs die Oranjerivier grootgeword het en nou in dié volksvreemde vergadering sit. Hoe het ek hier beland? En hoekom?

    Ek wil net eers ’n paar dinge duidelik maak voordat ek hierdie vraag beantwoord.

    Ek het die grootste deel van my volwasse lewe daaraan bestee om uit te pluis hoe mense sukses bereik. Om by die antwoord uit te kom, het harde werk gekos en ek moes hope swaar verdiende geld aan verskillende vorms van onderrig bestee. Nou sit ek met ’n hoop kennis wat ek graag met jou wil deel.

    In die proses het ek uitstekende mentors teëgekom. Hulle het my geleer om op ’n ander manier te dink. Dit het my in staat gestel om ongelooflike dinge te bereik – en ek het dit toe aangevul met my eie navorsing en ervaring.

    Het ek self met al die idees in hierdie boek vorendag gekom? Nee. Baie van die konsepte het ek by my mentors geleer. Dit is aan hulle te danke dat ek die materiaal het om so ’n boek te skryf. Jy sal dalk ook sommige van die beginsels uit ander bronne herken.

    Maar – en dit is die belangrike ding – ek pas al jare lank hierdie metodes in die praktyk toe. Teen dié tyd weet ek wat werk. En dit is wat ek met jou gaan bespreek. Ek gaan jou nie oorlaai met teorieë en benaderings wat net soms slaag nie. My doel is om jou toe te rus net met dit wat wérk.

    In die boek gaan ek ook dikwels anonieme voorbeelde gebruik. Ek werk al etlike jare agter die skerms om verskeie bekendes en entrepreneurs te help om hul volle potensiaal te bereik. Daar is ’n risiko dat lesers hierdie uitsonderlike mense se prestasies geringer sal ag as hulle weet na wie ek verwys – daarom gaan ek hulle eerder nie identifiseer nie.

    Natuurlik is daar een uitsondering: my vrou. Dit gaan jou in elk geval net ’n paar oomblikke op Google neem om uit te vind wie sy is. Sy het ingewillig dat ek haar storie mag deel.

    Maar kom ons begin by die begin.

    Plattelandse seun

    Die meeste mense het nog nie eens gehoor van die dorp waar ek grootgeword het nie. As jy sukkel om Keimoes op ’n kaart te kry, gaan ek jou nie kwalik neem nie. Moenie dink aan groot plekke nie, skuif jou vinger na die noordwestelike uithoek van die land en volg die loop van die grootste rivier. Op die oewer van die Oranje, sowat 40 km van Upington en byna 800 km van Kaapstad, is waar jy Keimoes kry. Dié gemeenskap is klein genoeg dat jy almal so moet behandel dat jy hulle die volgende oggend nog in die oë kan kyk.

    Dit hang natuurlik af van wie jy glo, maar Keimoes kry sy naam óf van die Nama vir groot fontein óf die Korana-woord vir muisnes.

    Ons huis was op plaasgrond, sowat 4 km buite die dorp. In ’n ander deel van die wêreld sal jy ’n stuk grond van 4,5 ha dalk ’n volwaardige plaas noem, maar in die Noord-Kaap is dit maar relatief klein. Plase in dié geweste is dikwels groter as sommige onafhanklike lande en skape loop ver en wyd op soek na ’n bossie om aan te kou.

    Die Oranje maak dit moontlik om vrugte en groente te verbou in ’n streek wat andersins te droog en dood sou wees. Uit die lug sien jy mooi hoe die rivier soos ’n lang, dun arm in ’n groen mou wingerde in die rigting van die Namibiese grens strek en dan al die pad tot in die Atlantiese Oseaan vloei. Ons huis het tussen die wingerde gestaan.

    Ek kom nie uit ’n vermoënde familie nie. My pa was die jongste van nege kinders en hy moes die geld leen waarmee hy die beskeie stukkie grond gekoop het. Die rentekoers is elke boer se vyand en in my grootwordjare was dit veel erger as nou. In die 1980’s en 1990’s was die koers dikwels hoër as 20%. Die huis was maar oud en ons moes aanhoudend daaraan werk om die gebou te verbeter. Ons het nooit honger gely nie, maar die Strausse was beslis nie ryk nie.

    Die meeste gesinne met geld het hul kinders na die groot skole op ander dorpe gestuur waar hulle in die koshuis was. Ek het op Keimoes agtergebly en was daar op laer– en hoërskool. Terwyl ander op tartan– of netjiese grasbane atletiek kon oefen, het ek my rondtes deur die stof en klippies gedraf. Ek wou bitter graag ook sulke geleenthede hê, maar moes werk met wat ek tot my beskikking gehad het.

    As plaasseun het ek ’n groentetuin aan die gang gehou. Ek het die wortels, tamaties en uie aan die winkel op die dorp verkoop. As ek nou daaraan terugdink, sou ek nie sê dit het my veel oor die sakewêreld geleer nie. Die saad en kunsmis het ek sommer uit my pa se voorraad in die skuur gekry. My groente-onderneming kon met ’n omset spog en het ’n wins gemaak, maar daar was geen uitgawes nie. Wys my so ’n besigheid in die praktyk!

    Dalk dink jy ek het baie van besigheid op die plaas geleer. Maar boerdery is ’n vreemde ding: jy plant iets of jy voer iets en wag dat dit groot genoeg is, dan verkoop jy dit. Dis baie anders as byvoorbeeld die kleinhandel, waar jy die binnewerking van ’n sakeonderneming goed kan agterkom. Op die plaas het ek niks van bemarking geleer of hoe om ’n produk aantreklik vir voornemende verbruikers te maak nie. In die landbou is die mark maar altyd daar, dit is net die prys wat wissel.

    Van die sakewêreld sou ek jou min kon vertel toe ek jonk was. Ek het my onder meer met hoenders en konyne besig gehou, maar dit het nie veel finansiële gewin opgelewer nie. Die meeste dae het ek sommer net saam met my kolliehond op die plaas geloop of ure lank fietsgery. Dikwels het ek sommer vir oefening groot stompe hout in kleiner stukke gekap.

    Wanneer ek en my pa in die bakkie op die plaas gery het, het ons nie noodwendig besigheid gepraat nie. Tog het hy my hier en daar van belasting vertel en hoe hy van plan was om die boerdery uit te brei. Hy het dit duidelik gemaak dat jy nie noodwendig ryk is as jy in ’n deftige kar rondry of in ’n groot huis bly nie.

    Al het my pa nie naskoolse opleiding gehad nie, ken ek geen ander mens met soveel wysheid as hy nie. Ons praat elke dag en ek vra sy raad voordat ek enige groot besluit neem. Ek het gesien hoe hard hy moes werk om vir my ma, my suster en vir my te sorg. Ek is baie dankbaar vir die wonderlike ouers waarmee ek geseën is.

    Toe ek so vier of vyf jaar oud was, het ons by familie in die Kaap gekuier en my tannie het my saamgeneem toe sy vriende besoek. My mond het oopgehang toe ons by Renier van Rooyen se reusehuis in Durbanville aankom. As stigter van die kleinhandelgroep Pep Stores was hy ’n legendariese entrepreneur. In daardie stadium het ek nie veel van hom geweet nie en toe ons by die paleis van ’n huis opdaag, het ek iets gesê soos: Sjoe, Tannie, is dit die koning se huis dié?

    Dit was die eerste en enigste keer in my kinderdae dat ek met opvallende rykdom gekonfronteer is. Ek onthou hoe vreemd dit vir my was dat ’n huis soveel vertrekke kan hê met niemand wat daarin woon nie. Eers meer as twee dekades later sou ek kon uitwerk hoe Van Rooyen dit reggekry het om soveel welvaart te skep.

    Die enigste plek waar ek geld verdien het – behalwe as groenteverkoper – was tydens ons vakansie op Hartenbos. Ek was nog op laerskool en het koerante verkoop. Dit was my eerste betaalde werk. Ons koerantverkopers het na ’n sentrale punt gestap waar elkeen sowat honderd eksemplare gekry het om die dag van die hand te sit. Ek het my voorraad op ’n waentjie gelaai wat ons sommer self aanmekaargesit het deur ’n vrugtekrat op die wiele van ’n stukkende speelding te monteer.

    ’n Buurt is aan my toegewys waar ek van deur tot deur geloop en vra het of die inwoners ’n koerant wil koop. Party mense is lekker onbeskof met koerantverkopers, maar ander was darem vriendeliker en sommige het my selfs ’n ekstra fooitjie in die hand gestop.

    Nadat jy al jou koerante verkoop het, stap jy terug na die beginpunt en skud die geld in jou sakke op ’n skinkbord uit. Dis dan waar

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1