Huisgenoot

‘DILSEKSIE IS MY SUPERKRAG’

HY WAS nog nooit ’n pak-en-dassoort sakeman nie. Toe ek eenkeer met Richard Branson by sy Switserse chalet ’n onderhoud gaan voer het, het die Virgin-entrepreneur in sy sokkies trapaf gekom om my te ontmoet.

Dié keer praat ons via Zoom, en die 71-jarige het ’n gebleikte oranje T-hemp aan wat soos een van my tienerseun s’n lyk. Die Britse miljardêr is in Marokko by sy Arabiese kasteel in die Atlasgebergte – bruingebrand, natuurlik, en met ’n songebleikte haredos.

Dis tipies Richard. Hy was nog altyd gelukkiger om uit vliegtuie te spring of saam met supermodelle uit te hang as om syfers in die raadsaal te laat klop.

Richard was nog altyd ’n handelsnaam en sakeman – ’n ontwrigter wat daarvan hou om “groot maatskappye op hul kop te keer”, soos hy dit stel.

Maar al besit hy ’n Karibiese eiland, ’n vuurpyl en 400 ondernemings binne die Virgin-groep, wat alles van gims tot vliegtuie en selfs ’n bank insluit, beskou hy homself steeds as ’n buitestander eerder as deel van die korporatiewe binnekring.

Hy is trots daarop dat hy nuwe uitdagings aanpak en homself altyd tot die uiterste dryf, of dit nou is om in ’n warmlugballon om die wêreld te vlieg of om Elon Musk in die ruimtereis te klop.

“Ek haat dit om nee te sê; ek staan bekend as Dr. Yes,” sê hy en hy is oortuig daarvan sy positiwiteit is een van die geheime agter sy sukses.

“Ek dink om ’n optimis te wees is soveel meer pret as om ’n pessimis te wees. As leier is dit soveel beter om na die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Vier Die Liefde
Hy het byna twee dekades gelede gesing oor sy “Jessie baby” – sy was ’n Jessica aan wie hy tóé al sy ewige liefde verklaar het. Die ironie, natuurlik, is dat die rasperstemsanger RAY DYLAN nie in 2007 geweet het wie dié Jessica is nie, tot hy haar se
Huisgenoot5 min read
Voor Jy Kan Sê Mes
MY MA. Dis waar ek leer vis vlek het. Ek was 14 toe my ma my saam gevat het hawe toe. Sy’t elke aand huis toe gekom en dan sien ons hoeveel geld sy het. “Hulle’t klomp geld, nè?” het ek en my broertjie altyd vir mekaar gesê. Ons wou ook daar werk. Ee
Huisgenoot5 min read
Toe’s Dit Al Die Tyd Jy
MENSE praat graag van tweede kanse, maar soms vat dit net tyd vir die régte kans om te kom. Dan is dit eintlik die enigste een wat saak maak. Dis minder as ’n week nadat die aktrise Dorette Potgieter op 51 getroud is met die ingenieur Hennie Karsten,

Related