Huisgenoot

LESSE VAN MILJARDÊRS

OP MY foon is ’n video van 47 minute wat ek eenkeer verfilm het. Ek weet nie hoeveel keer ek al daarna gekyk het nie. Dit is ’n onderhoud wat ek in 2017 met die kleinhandelmagnaat Christo Wiese gevoer het in ’n tyd toe sy wêreld besig was om in duie te stort.

Hy het toe nog nie geweet dat Markus Jooste, sy vertroude regterhand, kort daarna sou ophou om sy oproepe te beantwoord nie en sy mea culpa sou uitreik waarin hy verskoning vra vir sy “foute” en verantwoordelikheid aanvaar vir die dreigende ineenstorting van Steinhoff.

Minder as ’n week ná ons gesprek het die grootste deel van Christo se fortuin in die niet verdwyn.

Die ouditeursfirma Pricewater-houseCoopers (PwC) het later die besonderhede van Suid-Afrika se grootste korporatiewe bedrog van R105 miljard oopgevlek. Kyk ek na Christo en sy antwoorde op my vrae oor die multinasionale kleinhandelsonderneming wat hy en Jooste opgebou het, sien ek geen tekens van kommer nie. Óf hy is ’n bedrewe pokerspeler óf hy het geen benul gehad van die katastrofe wat sy ryk verswelg het nie.

Aan wat in Christo se persoonlikheid was dit te danke dat hy sy skitterende opgang kon bedink en een van die uitsonderlikste entrepreneurs in die land in die afgelope halfeeu kon word?

En het enigiets in sy karakter daartoe bygedra dat hy die grootste deel van sy fortuin binne ’n week verloor het toe Steinhoff, eens die sesde waardevolste maatskappy op die JSE, ’n vryval beleef en miljarde verloor het?

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Op Die Skoolbanke …
ANTWOORDE: 1. JESSICA ALBA, 2. AVRIL LAVIGNE, 3. NICOLAS CAGE, 4. CINDY CRAWFORD, 5. BARACK OBAMA, 6. QUEEN LATIFAH, 7. OWEN WILSON, 8. MADONNA, 9. TOM HANKS ■
Huisgenoot5 min read
Nog Aan Die Brand
MY PA is dood toe ek 17 was. Ek het skool gelos en begin boer. Met geen ondervinding nie. Op 23 het ek die plaas verloor. Ek het nie geweet waarnatoe nie. Selfs plaasvoorman probeer wees, maar dit het ook nie gewerk nie. Ek het niks geweet van boer n
Huisgenoot2 min read
Vuurvliegies
VERBEEL jou dis laat op ’n warm someraand en skielik kry die naglug om jou lewe. Oral dartel vrolike klein liggies rond wat die landskap in ’n sagte gloed omhul. Dis die vuurvliegies wat uitgekom het en nou met mekaar maats maak deur hul liggies te f

Related