Huisgenoot

GEDROG VAN BEDROG

‘DIE KRIPTOBEDRYF IS DALK NUUT, MAAR DIÉ SOORT BEDROG IS SO OUD SOOS DIE BERGE’

’N VOORSTE beleggingsmaat skappy van Silicon Valley het eens voorspel Sam Bankman-Fried kon die wêreld se eerste “trillionaire” word.

Destyds het die jong sake-ghoeroe op die oog af geen erg aan rykdom gehad nie. Hy het belowe hy sou al sy geld aan liefdadigheid skenk, en hy het altyd ’n kortbroek en ou T-hemp gedra, selfs wanneer hy ’n verhoog met swaargewigte soos die voormalige Amerikaanse pres. Bill Clinton en gewese Britse premier Tony Blair gedeel het.

Maar die opgewonde praatjies oor “biljoene” en hoe hy die planeet sou red, het nou inmekaargetuimel in een van die grootste finansiële bedrogspulle op rekord.

Die slonsige Amerikaanse kripto-entrepreneur, wat op sy dag deur die sakewêreld “ ’ n outistiese genie” genoem is en tot ’n jaar gelede op die voorblaaie van finansiële tydskrifte gepryk het, het nou ’n nuwe uniform – ’n tronkpak.

Dit was ’n buitengewone val vir ’n goue seun in die tegnowêreld. Sy sakeryk het in ’n kwessie van dae van $25 miljard (omtrent R450 miljard) tot so te sê niks gekrimp. Die 31-jarige “SBF”, soos hy bekendgestaan het, word nou deur 110 jaar tronkstraf in die gesig gestaar.

Ná ’n maand lange verhoor het ’n jurie in Manhattan onlangs net vier ure geneem om hom skuldig te bevind op sewe aanklagte dat hy die kliënte van FTX, sy aanlyn beurs vir digitale geldeenhede, besteel het.

Aanklaers het aan die hof gesê Sam het voorgegee

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Bianca Terblanche Oor Harry De Villiers
DIT was nie liefde met die eerste oogopslag nie. Allesbehalwe. Ek het ’n ander ou gedate toe ek vir Harry ontmoet het. Hy was amper 10 jaar ouer as ek. Ek en sy broer was saam op skool op Aliwal-Noord. Ons paaie het in 2015 die eerste keer gekruis. E
Huisgenoot8 min read
Die Klank Van Sy Lewe
ELTON John het in 1987 ’n keeloperasie gehad wat sy stem verander het. Rod Stewart het in 2000 gehoor hy het skildklierkanker en kon nege maande lank nie sing nie. Luciano Pavarotti het groeisels aan sy stembande gekry omdat hy aan die begin van sy l
Huisgenoot4 min read
Hoekom Grom My Maag Soms?
‘WAT dink julle van dié een?” vra Bibi en hou ’n geel top met kolle in die lug. Sy is besig om deur ’n klomp klere te gaan sodat sy kan besluit watter klere sy moet hou en watter klere sy moet uitgooi. “Mal daaroor. Jy lyk baie mooi in geel, so ek di

Related