Huisgenoot

‘ ’N GELEENTHEID VIR ALMAL’

DIE opwinding het begin opbou toe ’n geheimsinnige man ’n skermgreep oplaai van ’n enkele belegging van $53 000 in die sukkelende Amerikaanse videospeletjiehandelaar GameStop.

Gebruikers was verstom – wat sou enigeen besiel om so ’n waansinnige kans te waag? Die gebruiker, ’n daghandelaar met die skermnaam DeepFuckingValue, het in September 2019 die bewyse van sy opsie om aandele te koop op die sosialemediaplatform Reddit gedeel, saam met die boodskap “YOLO” – You only live once.

Om spesifiek te wees, hy het dit op ’n Reddit-forum genaamd r/wallstreetbets gedeel, ’n woeste gemeenskap van meestal amateurbeleggers wat al vloekende beledigings uitruil, juig oor mekaar se seges en mislukkings en hulself met trots “degenerates” noem.

GameStop se meestal miskende aandele was toe sowat R56 ($4) elk werd. Die volgende 15 maande lank het die handelaar die opwinding oor GameStop laat opbou op Reddit, op Twitter en ook deur sy YouTube-rekening waarop hy regstreeks vanuit sy huis in voorstedelike Boston gestroom het. Ure lank het hy met ’n vegvlieëniersonbril en ’n rooi bandana om sy skouerlengtehare vrae oor die aandelemark beantwoord, soms terwyl hy ’n bier wegslaan.

In middel Januarie het GameStop se waarde skerp gestyg. Euforie het r/wallstreetbets se boodskapbord beetgepak terwyl beleggers mekaar aangespoor het om groter markposisies in te neem. Daardeur is die prys verder opgestoot.

Verskansingsfondse het op prysdaling GameStop-aandele verkry. Dit word ’n “” genoem – om aandele te leen om hulle te verkoop in die hoop dat wanneer dit tyd word om die aandele aan hul eienaar terug te gee hul waarde sou gedaal het sodat hulle teen ’n baie laer prys teruggekoop kan word as waarvoor jy hulle oorspronklik verkoop het. Dié fondse was nou verplig om die aandele teen veel hoër pryse te koop. Daardeur is

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Vyf Vinnige Vrae
1 In watter Amerikaanse staat is Hollywood? 2 Hoeveel kante het ’n oktagoon? 3 Ankara is die hoofstad van watter land in die Midde-Ooste? 4 Wie is die enigste Suid-Afrikaanse vrou wat ’n Nobelprys ontvang het? 5 In watter provinsie is die Mapungubwe
Huisgenoot2 min read
Ontmoet Die Hoofkarakters
Sebastian is ’n professor in entomologie en probeer almal in sy familie se pad gelyk maak, vertel Albert. Hy’s ’n ordentlike man, maar sy begrip vir sy vrou, Elma, is nie heeltemal op dieselfde standaard as sy kennis van insekte nie. Hy is geneig om
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Nadine Blom
Wat is geluk vir jou? Daai oomblik wat jy weet jy het ’n verskil gemaak in iemand anders se lewe. Wanneer en waar was jy op jou gelukkigste? Op die verhoog, besig om te sing of mense te vermaak. Waarmee hou jy jou die graagste besig? Ek hou myself gr

Related