Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Hoe Om Besigheid Te Doen
Hoe Om Besigheid Te Doen
Hoe Om Besigheid Te Doen
Ebook396 pages5 hours

Hoe Om Besigheid Te Doen

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Jy droom daarvan om jou eie besigheid te begin. Hoe neem jy daardie eerste stap?

Of voel jy onsekeer of jy die regte ding doen na jy jou eie besigheid begin het? Wat is die
stappe om sterk en suksesvol te word? As jy hiermee worstel en ‘n praktiese handleiding
soek om jou hiermee te help, dan is die boek vir jou geskryf! Dit gee wenke om seker te
maak jy koop ‘n besigheid suksesvol kan wees, waarna om uit te kyk omdie regte mense vir
jou besigheid aan te stel and gee stap-vir-stap leiding oor hoe om jou besigheid te laat groei.

Die skrywer wat as ‘n prokureur daagliks met saketransaksies ter waarde van biljoene
rande werk, deel sy geheime in die boek met jou – geheime wat die meeste sakemense
nie graag met ander deel nie. Lees nou die boek en maak seker dat jy jouself goed toerus
om jou sakedroom te laat realiseer.

LanguageAfrikaans
Release dateNov 19, 2019
ISBN9780463613252
Hoe Om Besigheid Te Doen
Author

Pieter van der Merwe

Pieter was born in 1973 in Prieska, Northern Cape province, South Africa. The first part of his school life was spent at Prieska Primary School, followed by Kimberley’s Eureka Primary School, and then he went to High School Diamant Veld, Kimberley.He went on to study a law degree in the Free State and started working at EG Copper and Sons Inc in Bloemfontein. After deciding to become an attorney, he worked as an associate at a firm but then transitioned to a role as a conveyancer and a notary during this time. Furthermore, he enrolled in a Master’s degree in a law programme in Johannesburg.Upon graduation, Pieter worked at a firm called Mervyn Joel Smith and during this time, he initiated the expansion to three new offices with great success. After seven years with Mervyn Joel Smith, he moved to a commercial boutique law firm for a short time before founding VDMA Attorneys.Pieter grew up in a house where his father had been a businessman since 1932, running a successful business for over fifty years. His mother was also involved in the same business and managed very fruitful property investments. She also founded an extremely successful real estate agency.His siblings (an older sister and brother) have also started their own prosperous businesses in their own right. His brother is currently working in a senior position in a leading agricultural processing company.Pieter also initially invested in the app-development company, Appify, which produced apps. However, after the app market failed to show the revenue growth needed for success, he pulled out.

Related to Hoe Om Besigheid Te Doen

Related ebooks

Related articles

Reviews for Hoe Om Besigheid Te Doen

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Hoe Om Besigheid Te Doen - Pieter van der Merwe

    Vertrou en glo in jouself!

    Vertroue is wanneer ’n persoon in iemand anders, ’n situasie of iets glo.

    Vertroue en geloofwaardigheid is belangrik in die sakewêreld en kan menigte kere verkeerd hanteer word om sake-eienaars te kry wat te veel oor iets dink. Dit gebeur ook gereeld dat ’n mens met te veel inligting sit. ’n Mens kan soms situasies ooranaliseer deur die kenner van jou gebied te wees, wat kan veroorsaak dat jou geloofwaardigheid skade lei.

    Ons almal sal veel eerder die maklike pad van veiligheid, gemak en voorspelbaarheid kies, maar ongelukkig kan ons nie altyd daardie keuse maak nie. Baie mense se breine is al so geprogrammeer om slegs opdragte van ander mense uit te oefen as om vir hulle self te dink en om die oplossing te probeer vind. Dit verskil ook natuurlik van kontinent tot kontinent waar kultuur verskille ’n rol speel, maar die belangrikste is om te weet dat die meeste mense nie hul instink met besluite vertrou wanneer hulle dit moet neem nie.

    Kom ek sê die volgende om dit meer konkreet te maak: Sakemense moet hul eie besluite omtrent 30% meer vertrou as wat hulle op die oomblik doen!

    Ongelukkig kom besighede nie met ’n handleiding wat sê jy moet jou instink vertrou nie. Sekere besighede kan nie geanaliseer word nie, hulle is slegs daar om besigheid te doen.

    Hier is ’n paar maniere om jou te help om jouself meer te vertrou en om geloofwaardigheid te bou:

    Sien jouself as ’n leier – Sien jouself as die baas, al is jy dit nie.

    Vertroue – Jy kan nooit hiervan te min hê nie. ’n Kliënt kan baie gou agterkom as jy nie vertroue het nie. Ons almal voel veiliger wanneer daar iemand langs jou in die besigheid is wat vertroue en kennis het.

    Weet wat die waarde van jou produkte of dienste is – Baie geld het in jou besigheid ingegaan, so moenie terugval en die waarde van jou werk verlaag nie, selfs as jy voel jy kan ’n kliënt hierdeur verloor. Kliënte is iets in besigheid wat kom en gaan. Iemand anders sal weer kom wat die waarde van jou produk waardeer vir wat dit is.

    Vertrou jou instink – As dit reg voel, gaan daarvoor en so ook andersom.

    Moenie te veel dink nie – As ’n kliënt vir jou voorlegging nee gesê het, dan is dit so en dan moet jy aanbeweeg. Daar is genoeg ander kliënte wat ja vir die regte produk en prys sal sê.

    Leer om saam met die gevolge te leef – Soms sal jou instink jou na die regte besluit en na die pad van sukses lei.

    Die waarheid is dat daar tye gaan wees waar jy te nagekom gaan word of so voel. Meestal is dit nie as gevolg van jou eie toedoen nie, maar weens die verandering in sake-omstandighede. Dit is deel van die lewe. Dit is ’n leerervaring en hanteer dit ook so.

    Kom ons kyk nou na die woord ‘vrees’ van naderby.

    Kom ons gebruik die volgende voorbeeld. Dit kan gebeur dat wanneer jy ’n besigheid aankoop wat nie voorheen goed gedoen het nie, jy ’n vrees sal hê of jy die besigheid vinnig genoeg winsgewend sal kan maak.

    Redes vir jou vrese kan wees dat:

    Ervare mense met baie kennis die besigheid verlaat.

    Die kompetisie in die mark neem toe.

    Meer fondse word benodig en dit mag moeilik wees om die fondse te bekom.

    Verouderde bates moet vervang word.

    Daar is ook goeie nuus. Statistiek dui daarop dat 85% van ’n mens se vrese nooit realiseer nie. Die ‘vrees’-aspek moet dus eintlik nooit eers in die sake-eienaar se gedagtes wees nie, want die risiko met die besigheid was daar voor hy of sy dit gekoop het.

    Wat is dus die beste manier om vorentoe toe te beweeg?

    Dit is eenvoudig – beheer jou onsekerhede, dink positief en neem aksie.

    Onthou, jou ‘vrees’ sal nooit weggaan nie. Dit is hoe jy dit benader wat die verskil gaan maak.

    Jy kan oor twee maande terugsit en hieroor lag.

    Kom ons kyk nou na redes hoekom sakemense nie hulself genoeg vertrou nie.

    Baie mense druk hulself te hard en werk ’n vyf-, ses- en selfs sewe-dag week en glo steeds dat hulle nie genoeg in hul saketyd gedoen het nie.

    Die rede agter dit is dat dit as gevolg is weens ’n tekort aan selfvertroue. So ’n persoon kan glo dat as hy of sy nie soveel ure gewerk het nie, hulle altyd middelmatig sal bly. Hulle fokus ongelukkig op hul vrese eerder as wat hulle op hul suksesse fokus. Sulke mense raak dan obsessief om eerder na hul probleme te kyk as wat hulle hul suksesse vier.

    Selfs as ’n besigheid miljoene rande verdien, sal die persoon met dié persoonlikheid steeds voel dat die omset nie genoeg was nie.

    Die meeste sakemense wil graag die mark betree en dinge laat gebeur, maar daar is ’n beperking oor hoe jy dit doen om seker te maak jy brand nie uit nie. Ek is ook ’n sake-eienaar en hou nie daarvan om dit te sê nie, maar daar is baie meer tot die lewe as om dag-in en dag-uit in ’n kantoor te sit en jou vingers af te werk. As jy in dié kategorie val, het jy die lekker van jou werk verloor, en as dit gebeur, skop ’n tekort aan vertroue in jouself in.

    Die tekort aan vertroue raak dan al groter soos jy groot besluite moet neem. Jy sal skielik die mees logiese besluit heeltemal oordink of ook nie meer jou instink vertrou nie – iets wat ons gereeld in die boek gaan aanraak. Jou instink gaan by die venster uitvlieg en word dan deur wantroue vervang.

    Jy sal ook jou vermoë verloor om risiko’s te neem om ’n groot geleentheid aan te gryp en die kans is groot dat jy dit dan by jou laan verbygaan.

    Hoe kan jou kliënte jou oordeel vertrou as jy as sake-eienaar jou eie selfvertroue verloor het weens te veel wantroue?

    Onthou dit is belangrik dat ’n ervare sakepersoon in staat moet wees om effektiewe sakebesluite met vertroue te kan neem weens sy of haar kennis en ervaring. Hy of sy sal weet ander mense kyk na hulle om leiding te gee, veral as dit strategiese besluite is. Moenie dat groot besluite deur ander mense oorgeneem word as jy die baas of eienaar is nie. Onthou aan die einde van die dag is jy steeds verantwoordelik vir die finale besluit.

    Daarom is dit belangrik om meer as een pyl in jou pylsak gereed te hê. ’n Goeie sakepersoon sal nooit na ’n groot besluitnemingsvergadering met slegs een plan gaan nie. Hy of sy sal sorg dat ’n Plan B of ’n Plan C ook opsies is, indien nodig.

    Dit is wel belangrik om nie in die ekstreem te gaan met te veel opsies nie, want deur dit kan ’n mens dinge maklik oorkompliseer.

    Deur dit te sê is dit ook belangrik om te noem dat jy buigbaar moet wees, sodat jy jou gedagtes en jou vlak van vertroue kan aanpas wanneer sekere groot besluite geneem moet word, want deur dit sal jy ’n groter impak kan maak deur na die groter prentjie te kyk.

    Vertrou ook die data wat jy het. Net soos in die lewe, is ons nie verseker van wat die uitkomste sal wees nie, maar jy is in beheer van jou besigheid en die sukses daarvan.

    Kliënte is geneig om op vertroue te reageer. In die oë van jou kliënt, is jy slegs so goed soos gister se gedrag, en daar is baie ander mededingers daarbuite, wat net wag vir die regte geleentheid om daardie kliënt of gedeelte van jou besigheid by jou weg te neem. Jou kliënte sal gou weet as jy dit wat jy elke dag doen met die grootste vlak van vertroue aanpak. Wanneer jy jouself vertrou, sal nie net jy en jou besigheid daarby baat vind nie, maar so ook sal dit die mense met wie jy in kontak is, beïnvloed.

    Kom ons kyk nou hoe gebeur dit dat iemand met geen vertroue opëindig.

    Die eerste belangrike stap is om eie kop te volg, en nie agter al die ander mense se opinies aan te gaan nie. Jy moet in die posisie bly om jou eie opinie te kan vorm selfs as ’n spanlid wat ’n spesialis in sy of haar area is, iets anders sê.

    Analiseer dan daardie groot geleenthede. Ja, dié geleenthede kom soms met ’n groot risiko, maar volg jou instink.

    Jy sal dit dalk eers later verstaan, maar soms bereik ’n mens eers werklik groot sukses na foute wat gemaak is. Met ander woorde, die foute wat jy gemaak het, word dikwels die sleutel na sukses vir die volgende rondte. Foute is dus nie altyd verkeerd nie, dit moet eerder as leergeleenthede gesien word.

    Om te wag kan ook lei na ramspoedige gevolge. Vertrou jouself om daardie brawe stap te neem om vorentoe met ’n projek te gaan of daardie voorlegging te doen, voor daardie besigheid deur iemand anders opgeraap word.

    Moet nie met verwyte leef nie. Maak eerder daardie oproep en verlaat die kantoor met die wete jy het gedoen wat jy moet en weet die toekoms sal opwindend wees. Onthou die gesegde wat sê ‘van uitstel kom afstel’.

    Dit beteken ook nie dat jy ’n graad moet hê om aan die voorpunt te kan wees om groot besigheid los te kan slaan nie. Van die beste werknemers is mense wat hulself geleer het en wat nie grade of diplomas het nie. Onthou dat dit wat ’n mens in ’n handboek op universiteit of kollege geleer het, verskil gewoonlik drasties van wat in die werklike wêreld gebeur.

    Jou logika moet oorneem, sodra jy besluit het om daardie groot stap te neem. Maak seker jy maak ’n lys van al die goed wat jy gaan nodig hê om van die projek ’n sukses te maak. Maak dan nog ’n lysie van die goed wat jy dink jou besigheid moet hê, teenoor dit wat regtig nodig is. Soms dink ’n mens jy wil net dit hê en vergeet van dit wat jy regtig nodig het.

    Vertrou jouself dat jy die vermoë het om die regte besluite te kan neem.

    Onthou jy kan nie die kenner op al die gebiede van jou besigheid wees nie. Wees versigtig as jy byvoorbeeld rekenkundige aspekte hanteer as jy nie iets hiervan weet nie, mense sal gou agterkom dat jy nie die kenner is nie. Maak seker jy het die nodige kenners om jou om van jou besigheid of spesifieke projek ’n sukses te maak.

    Werk ook uit wat die langste tyd gaan wees om die projek te voltooi. Vertrou dan dat jy en jou span die vermoë het om die take binne die spesifieke tyd te voltooi.

    Nog ’n area waar vertroue baie belangrik is, is wanneer ’n mens take na ander delegeer. Kan jy take na ander delegeer of voel jy jy moet eerder alles self doen?

    Sal jy eerder dit self wil doen omdat jy voel jy meer gerus sal wees dat die opdrag goed uitgevoer word? Dit is ’n baie moeilike besluit om te neem, omdat jou reputasie op die spel is, en so ook jou tyd, maar dit is ook belangrik om die mense in jou span te kan vertrou. Dit is tog hoekom jy hulle in jou besigheid aangestel het om sekere rolle te vervul.

    Wat soms ook moeilik is, is dat kliënte besigheid juis vir jou gee as gevolg van jou, en nie jou besigheid nie. Dit is hier waar dit so belangrik is om te sien hoe belangrik jou leierskap is, om die mense in jou span goed op te lei en seker te maak hulle het die regte vaardighede. Op die einde is daar net soveel ure per dag tot ’n mens se beskikking en om seker te maak jy handhaaf ’n gesonde, gebalanseerde lewensstyl, moet jy sorg dat jy balans hou.

    Goed, kom ons kyk na positiwiteit wanneer dit oor vertroue gaan.

    Met mag kom kennis. Maak seker jy gebruik jou werknemers en ander bronne tot die beste van jou vermoë. Fokus op daardie strategieë waarop jy so die afgelope paar dae, maande en jare gekonsentreer het. Vertrou jouself om die regte besluit te neem.

    Jou besigheid en hoe dit saamgestel word, moet van so ’n aard wees dat jy en jou werknemers die daaglikse take geniet.

    Maak seker jy laat dit werk vir jou en jou werknemers om seker te maak jy behou goeie geestesgesondheid en vir die wat saam met jou werk. Dit sal altyd maak dat jy meer in beheer van jou maatskappy bly.

    Vertroue kom diep in mens se binneste. Vertroue kom makliker as jy jou hart ten volle gee vir wat jy doen. Dit is ook makliker om mense te vertroue as jy die regte aanstellings maak. Wie sal beter besluite vir jou besigheid kan neem as jy jouself?

    Vertrou jouself vir daardie groot sakebesluite. Onthou jou mag lê in jou, in wie jy is en jou breinkrag.

    HOOFSTUK 2

    Basiese logika

    Kom ons kyk eers wat bedoel word met deur logies te bly – of soos die Engelse sê ‘common sense’. Om dit eenvoudig te stel, beteken dit dat ’n mens se oordeel sin moet maak.

    Om logies oor goed te dink, beteken dat wanneer ’n mens ’n groot besluit moet neem, jy dit duidelik kan deurdink wat gedoen moet word en weet wat die beste uitkoms sal wees.

    Moenie obsessief oor die eindresultaat wees nie. Dit is beter om slegs op dit te fokus wat voor jou is. Dit klink eenvoudig om te doen, maar in die situasie is dit nie altyd so maklik nie.

    Baie sakemense en mense wat met besighede werk, sukkel om soms logies oor goed te dink. Mense moet bemagtig wees om logiese besluite te kan neem. Mense is dikwels te subjektief oor hoe hul hul sake benader.

    Om objektief te bly help jou altyd om logies na aangeleenthede te kan kyk en hier moet jou vorige ondervinding, agtergrond of selfs hoe die besigheid vroeër saamgegestel is, jou nie beïnvloed nie, maar fokus eerder om dit wat gedoen moet word en wat objektief benodig word.

    Jy kan ook nie dat jou emosies jou oordeel beïnvloed nie. Om subjektief te wees gaan nie jou besigheid help nie. Objektiwiteit sal wel.

    Kom ek gebruik die volgende voorbeeld. Ek het verlede week ’n braai by my broer se huis bygewoon en een van sy vriende wat daar is, Johnny, het my vertel hoeveel baie geld hy maak deur satellietskottels in Kenia te verkoop.

    Ek is mal oor die idee, maar kan dit waar wees? My logika sê dat mense in Afrika met armoede sukkel en ’n satellietskottel is ’n luukse, nie ’n noodsaaklikheid nie.

    Aan die anderkant kan Johnny reg wees en het hy juis daardie gedeelte van die mark gekry om satellietskottels aan te verkoop. Ek oortuig myself eers om meer uit te vind en navorsing te doen voor ek kan besluit of ek in sy besigheid gaan belê.

    Dit is hier waar jy jou instink moet vertrou. Moet nie te veel na jou brein luister nie en gee altyd die voorkeur aan jou instinktiewe gevoel, wanneer jy oor ’n besluit moet dink. In kort is dit wel belangrik om nie te veel goed te deurdink nie.

    Ongelukkig, hoewel nie altyd die geval nie, word ons van kleins af geleer dit is belangrik om besluite goed te deurdink, maar te veel hiervan onderdruk ’n mens se logika. Jy sal dus hard moet werk om van die gewoontes af te leer en harder te werk aan jou logika en instink.

    Kom ons neem dit nog ’n stap verder en gebruik die drie wyse manne-(of vroue)-beginsel.

    Eerstens is dit belangrik om jouself te omring deur mense met baie kennis en ervaring. Kry drie mense wat heeltemal onafhanklik van mekaar is.

    Praat met almal apart en kry hul raad oor dit waarop jy leiding soek. Maak seker jy gebruik die drie regte mense om jou hiervoor te help en dat hulle ook jou persoonlike en besigheid se belange op die hart sal dra.

    Jy sal nou in ’n baie beter posisie wees om jou besluit te neem, na jy na elkeen se raad deursigtig geluister het. Wat jy hier doen, is dat jy die posisie van vertroue gebruik om vir die mense die kans te gee om onafhanklike en objektiewe insette in jou lewe of besigheid te kan gee.

    Dit is belangrik om nie na jou eie gevoel of verstaan oor die situasie te luister nie. Jou kennis kan jou grootste vyand wees as jy dink jy weet genoeg oor die onderwerp, want jy kan verkeerd wees. Kyk na jouself asof jy ’n bokser is. Deur slim te wees en na jou instink te luister, kan jy teen jou teenstander wen wat dubbel jou lengte en grootte is, want dit hang af hoe jy jou bokshoue toedien.

    Die beste sukses na die pad van sukses is om die balans te vind in hoe jy dink en om dan jou logika en instink te volg. Dit is veral belangrik wanneer jy mense vir jou besigheid aanstel, wat ’n groot sakebesluit is, wat later in ’n hoofstuk oor Aanstellings hanteer gaan word.

    Jou instink sal jou gewoonlik sê of die persoon vir die pos reg is of nie, wanneer jy met iemand ’n onderhoud voer. Dit is nie altyd die persoon wat vreeslik goed in sy of haar laaste eksamen gedoen het nie. Jy kan byvoorbeeld iemand geniaal aanstel, maar wat glad nie met jou kliënte oor die weg kom of met ander in ’n span kan werk nie.

    As jy jouself toelaat, sal jou instink vir jou die regte leiding oor die aanstelling gee. Dit is jou instink wat soms baie meer waardevol kan wees as enige dokumentasie wat voor jou is. Onthou, jou instink werk gewoonlik goed saam met jou logiese gedagtes.

    Onthou ook om jou eie besigheid te hê, kan geweldig spannnigsvol wees en dit is belangrik dat sake eienaars die regte hulpmiddele vir hulself het, asook om hul werknemers gemotiveerd te kan hou. Vir werknemers om hul beste potensiaal te bereik, is dit baie belangrik dat hulle ook omring moet word deur bestuurders en ander kollegas wat hulle inspireer.

    Om bogenoemde ook te kan bereik, is dit nodig om ook logies hieroor te kan dink. Maak seker jy is realisties oor jou span se uitsette en hul produktiwiteit en dat dit in lyn is met haalbare tydslyne en spêrdatums.

    Moenie aan ’n kliënt sê jy sal teen môre die produk reg kan hê, as jy weet dit is menslik nie moontlik nie. Dit kan terugkom en jou byt as jy aan kliënte belowe jy kan die produk binne ’n sekere tydsgleuf lewer, wat jy dink die kliënt tevrede sal stel, en dat jy dit dan nie kan doen nie.

    Jy moet jou werknemers ook aanmoedig om instinktiewe, logiese denke met hul take daagliks te gebruik. Kom ons kyk nou na ’n paar punte wat ’n sakeleier in gedagte kan hou, wanneer sy of haar werknemers logiese, instinktiewe besluite kan neem.

    Eerstens is dit belangrik om doelwitte te stel en om mense verantwoordelik hiervoor te hou. Dit is belangrik dat werknemers moet weet werk is nie ’n speelplek nie, maar dat werk slegs versekerd kan wees, as die kliënte tevrede is en as die besigheid winsgewend is.

    Tweedens is dit baie belangrik om kalm te wees wanneer jy met werknemers werk. Sommige werknemers sal dinge beter as ander verstaan, maar diegene met nugter denke sal waarskynlik diegene wees wat die meeste waarde tot jou besigheid toevoeg. Mense is verskillend en verstaan dinge anders, so sakeleiers moet uiters versigtig wees hoe hulle op werknemers se besluite reageer, en hoe hulle op goeie en slegte besluite reageer.

    Moet nooit vergeet dat die gemiddelde besigheid beheerbare en onheerbare faktore het waarmee hul daagliks moet werk nie. Daardie aaklige oomblikke waar mens skielik dringende besluite moet neem, kan in drie kategorieë verdeel word.

    Jy kan al jou strategieë en planne in plek reg hê, maar jy weet nie hoe ander mense in die span hierop sal reageer as iets onvoorsiens gebeur nie. Dit is ook waar logika inkom, wat bepaal of dit die situasie op die einde kan red of nie. Onthou dus, die belangrikse om die meeste van jou logiese benadering te maak, is om jou met kollegas te omring wat ook besluitneming logies benader.

    Wanneer dit oor jou produkte en kliëntediens gaan, is dit belangrik om altyd realisties te wees en om jou logika te gebruik.

    Maak seker jy het die vermoë om jou beloftes aan jou kliënte na te kom. En wees seker jy gebruik jou logika wanneer jy hiervoor beplan.

    In opsomming, hoe meer ervare jy is, hoe makliker kan jy dink dat dié om jou nie logies kan dink wanneer hulle foute in die werksplek maak nie. As ’n senior, is dit altyd belangrik om jouself te herinner dat jy ook onder iewers eendag begin het, en tien teen een dieselfde soorte foute gemaak het. Onthou om seker te maak jy verbrand nie jou vingers nie, is dit belangrik om altyd uit foute te leer en deur dit ’n meer ervare sakepersoon te word.

    Om dus seker te maak jy ontwikkel jouself in jou loopbaan, is dit belangrik om seker te maak jy bemagtig individue in jou besigheid om ook hul logika toe te pas waar nodig.

    Jy kan dit regkry deur in die regte mense vir jou besigheid te belê. Hoe meer en beter jou span opgelei is, hoe beter sal hulle ook die besigheid verstaan en hul take kan voltooi, wat van hulle verwag word. Basiese logika kan mense tot op ’n sekere punt neem, maar verdere kennis en opleiding is altyd nodig.

    HOOFSTUK 3

    Weet en verstaan wat jy moet doen

    Om te verstaan kan definieer word as hoe jy die betekenis van ’n situasie insien.

    Een van die belangrikste sakereëls wat mense maklik kan vergeet is dat jy nie ’n besigheid moet koop wat jy nie verstaan nie. Jy kan nie op hoop of geluk staatmaak wanneer dit oor besigheid gaan nie. Dit is belangrik dat jy dit self goed moet verstaan en so ook kan jy ook net op mense staatmaak, wat lyk of hulle dit verstaan. Moet ook nie in die uitkoms betrokke raak as mens dit nie redelik maklik kan voorspel nie.

    Onthou ook, wees seker jy verstaan die objektiewe aard van die besigheid, nie die subjektiewe aard nie. Daar is ’n verskil tussen die twee.

    In kort, die vertroue wat jy in ’n kollega het, moet nie wees weens ’n tekort van begrip van die besigheid wat jy dalk nie het nie. Jy sal baie makliker die regte besluite kan neem as jy die besigheid self goed verstaan. Die einddoel is dan baie meer aanloklik en makliker om te bereik. Glo my, dinge sal altyd baie makliker wees as jy die besigheid en die mark waarin jy werk, baie goed verstaan.

    Kom ons kyk nou na die teenoorgestelde, waar jy nie die besigheid en hoe dinge in die bedryf werk, goed verstaan nie.

    Om die besigheid nie te verstaan nie, beteken dat daar ’n tekort van kennis oor die aard daarvan is. Dit is baie belangrik, want as jy nie verstaan wat jy moet doen nie, plaas jy jouself en die besigheid onder risiko. Jy sal ook kapitaal op verkeerde plekke gebruik, wat tot verlies kan lei.

    Onthou ook dat markte in lande van mekaar verskil. Sake wat in Amerika gedoen word, word op ’n totaal ander manier as in Wes-Afrika gedoen. Dit is ook belangrik om te weet dat ’n produk wat goed in Noord-Amerika verkoop, nie noodwendig dieselfde positiewe resultate in Nigerië en Ghana sal hê nie.

    Om goeie sakekennis te hê, beteken ook nie dat jy baie boeke oor die onderwerp moet lees nie. Dit beteken net dat jy die nodige kennis oor die produk, diens en mark moet hê, voor jy voluit vir die besigheid gaan. Dit is hoekom ek sê dit is vir my persoonlik van kritiese belang dat wanneer jy in ’n besigheid of projek belê, jy dit goed moet verstaan.

    Dit is wat ek as objektiewe begrip sien, want in baie gevalle dink mense hulle verstaan die besigheid of produk, om later uit te vind daar was leemtes in hulle kennis.

    En ongelukkig kan dit tot baie frustrasie en trane lei.

    Moet byvoorbeeld nie in die aandelemark belê as jy dit nie verstaan nie. Gebruik eerder ’n ervare makelaar om na jou belange op die aandelemark om te sien. Dieselfde geld vir besighede.

    Spesifieke aspekte van sekere markte kan vreeslik kompleks wees, so dit is belangrik dat jou kennis oor die kompleksiwiteit in lyn met die besigheid moet wees. Kom ons gebruik die volgend voorbeeld. Sê jy produseer monitorskerms vir hospitale of enige ander tegnologiese toerusting, sonder dat jy ’n goeie begrip van daardie toerusting het en nog belangriker, hoe sal jy weet hoeveel om in so ’n projek te belê?

    Daar is ’n rede hoekom sekere gespesialiseerde toerusting of produkte in sekere dele van die wêreld produseer word, soos motorvervaardiging in Mexiko, Suid-Afrika en Japan. Daar sal as voorbeeld eerstens meer gespesialiseerde vaardighede in daardie dele van die wêreld moet wees, wat sal lei tot tegniese handelskole en spesifieke opvoedkundige instellings. Tweedens sal die koste van vervaardiging in daardie dele goedkoper as in ander wêrelddele wees.

    Oorwegings soos spesialisering in streeksgebiede is een van die faktore wat goed verstaan moet word. Elke besigheid het ook sy eie unieke omstandighede. Dit beteken ook nie dat as jy vir ’n groot restaurant groep gewerk het, jy sakke vol geld gaan maak as jy ’n soortgelyke restaurant gaan oopmaak nie.

    Dit mag maklik in die begin lyk, maar elke verskillende sake-industrie het sy eie uitdagings en verrassings. As jy toegewyd is en die vermoë het om buite die grenslyne te kan dink, is dit makliker om suksesvol te wees.

    Mense moet ook versigtig wees om ’n vinnige oplossing te wil soek. Besighede gaan soms onder omdat mense te slim wil wees oor die manier hoe hulle goed doen. Eenvoudiger maniere werk altyd beter.

    Baie studente verlaat universiteite met ’n besigheidsgraad of ’n MBA-graad en dink hulle kan enige besigheidsprobleem oplos. Hulle vind gou uit dat dit wat hulle in hul handboeke en universiteitslesings gekry het, drasties verskil van dit wat in die werklike wêreld gebeur. ’n Besigheid is soos ’n lewende wese, dit verander en ontwikkel die hele tyd, en dit is wat dit so interessant maak.

    Die veranderende aard van besighede is die rede wat maak dat jy nooit deur jou loopbaan ophou leer of groei nie. As jy ’n mensemens is en ook maklik met mense of individue van ander maatskappye wat in die soortgelyke industrie as jy is, kan kommunikeer, dan sal jy baie kennis deur hulle kan leer en so ook hulle deur jou.

    Dit is belangrik om wel oop vir sulke gesprekke te wees.

    Dit is ook belangrik om nie bang te wees dat jy oningelig sal voorkom as jy nie iets oor ’n onderwerp, tema of konsep nog nie verstaan nie.

    Maak eerder seker jy doen die moeite om daardie deel van die besigheid te verstaan.

    ’n Ander holrug geryde gesegde is om te sê dat ‘geen vrae is dom vrae’ nie – buiten die persoon wat die betaling natuurlik doen.

    Dit is ook belangrik om te verstaan dat dit verleng moet word na die menslike interaksie by die werksplek, en dat dit belangrik is om gelukkige en gemotiveerde werknemers te hê. Om ervare en kennisvolle werknemers te verloor is ’n ernstige probleem wat

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1