Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Bemark jouself aan vertaalagentskappe: ’n Praktiese gids vir vryskutvertalers
Bemark jouself aan vertaalagentskappe: ’n Praktiese gids vir vryskutvertalers
Bemark jouself aan vertaalagentskappe: ’n Praktiese gids vir vryskutvertalers
Ebook84 pages1 hour

Bemark jouself aan vertaalagentskappe: ’n Praktiese gids vir vryskutvertalers

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Vertaalagentskappe kan as die ruggraat van baie vertalers en hul vryskutondernemings beskou word. 'n Goeie agentskap kan jou 'n bestendige werkslading bied, wat jou die geleentheid gee om te vertaal terwyl die agentskap administratiewe take hanteer. Maar weens die vinnig veranderende vertaalbedryf moet jy weet hoe om goeie vertaalagentskappe te identifiseer, jouself aan hulle te bemark én hoe om doeltreffend saam met hulle te werk.

 

Bemark jouself aan vertaalagentskappe bied riglyne hoe om agentskappe te identifiseer wat die moeite werd is om by aansoek te doen, om kontak te maak, om op te volg, om van jou bemarkingspogings rekord te hou, en hoe om oor tariewe en betaalvoorwaardes te onderhandel. Die boek bevat ook 'n ekstra hoofstuk waarin werklike vrae deur lesers van die skrywer se blog beantwoord word.

LanguageAfrikaans
Release dateOct 26, 2021
ISBN9780620963503
Bemark jouself aan vertaalagentskappe: ’n Praktiese gids vir vryskutvertalers

Related to Bemark jouself aan vertaalagentskappe

Related ebooks

Related articles

Reviews for Bemark jouself aan vertaalagentskappe

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Bemark jouself aan vertaalagentskappe - Corinne McKay

    Bemark jouself aan vertaalagentskappe

    ’n Praktiese gids vir vryskutvertalers

    Corinne McKay

    Inhoud

    INLEIDING

    VÓÓR JY JOUSELF AAN AGENTSKAPPE BEGIN BEMARK

    JOU CV AS VERTALER

    IDENTIFISEER GOEIE AGENTSKAPPE

    KONTAKMETODES

    OPVOLGMETODES

    HOU REKORD VAN JOU BEMARKINGSPOGINGS

    MOENIE DIE PLAASLIKE MARK IGNOREER NIE

    WAT VAN AANLYN WERKSPORTALE?

    TARIEFONDERHANDELINGS EN VERTAALTOETSE

    DIE VERANDERENDE REALITEITE VAN DIE AGENTSKAPMARK

    LESERS SE VRAE

    OOR DIE SKRYWER

    Uitgegee deur Laetitia Sullivan | TranslatorBee

    Durhamstraat 21, Claremont 7708

    Kaapstad, Suid-Afrika

    www.translatorbee.co.za | hello@translatorbee.co.za

    Bemark jouself aan vertaalagentskappe:

    ’n Praktiese gids vir vryskutvertalers

    Oorspronklik: Finding and Marketing to Translation Agencies:

    A Practical Guide for Freelance Translators

    Engelse uitgawe © 2017 Corinne McKay

    Afrikaanse uitgawe © 2021 Laetitia Sullivan | TranslatorBee

    Eerste uitgawe, eerste druk 2021

    Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder die skriftelike verlof van die skrywer gereproduseer of in enige vorm of deur enige elektroniese of meganiese middel weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, skyf- of bandopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of -ontsluiting, behalwe deur ’n resensent wat kort uittreksels in ’n resensie mag aanhaal.

    Vertaler: Laetitia Sullivan | TranslatorBee

    Redigeerder: Ettienne van Zyl

    Omslagontwerper: Sue Campbell

    Setwerk: Laetitia Sullivan | TranslatorBee

    Gedruk deur TopInc. Print Imagination, Kaapstad, Suid-Afrika

    978-0-620-96347-3 (druk)

    978-0-620-96348-0 (PDF)

    978-0-620-96349-7 (MOBI)

    978-0-620-96350-3 (ePub)

    Vrywaring:

    Hierdie boek is oorspronklik in Engels deur Translatewrite, Inc. uitgegee, wat alle handelsmerke erken. Alle inligting soos vervat in hierdie boek was korrek ten tyde van publikasie. Inligting spesifiek ten opsigte van die Afrikaanse uitgawe van die boek word met ’n asterisk (*) aangedui. Lesers word aangeraai om professionele advies te bekom, waar nodig, aangesien die inligting in hierdie boek op die ervarings van die skrywer gebaseer is. Die skrywer van hierdie boek is nie professioneel betrokke by die verskaffing van finansiële, beroepsbeplanning- of regsadvies nie.

    INLEIDING

    Die meeste vertalers verdien ten minste ’n gedeelte van hul inkomste deur vir vertaalagentskappe te werk. Baie vertalers verdien die meeste of selfs al hul inkomste uit vertaling vir agentskappe. Hierdie boek is gemik op:

    beginnervertalers wat die agentskapmark op ’n weldeurdagte manier wil betree; en

    ervare vertalers wat langdurige verhoudings met goeie agentskappe wil ontwikkel.

    As jy beplan om vir agentskappe te werk, móét jy realisties wees oor die positiewe en negatiewe aspekte van die agentskapmark. Jy kan nie die agentskapmark betree en verwag dat agentskappe moet wees wat hulle nie is nie. Op die ou end sal jy en jou kliënte net teleurgesteld wees, wat definitief vir almal ’n minder ideale situasie is.

    Die voordele van agentskappe:

    Hulle kan jou ’n bestendige werkslading bied. As ’n agentskap geniet om saam met jou te werk, kan hulle jou heeltyd met vertaalprojekte besig hou.

    Hulle kan jou van die las van administratiewe take verlig sodat jy eerder die meeste van jou tyd net kan vertaal.

    Hulle kan jou algemene bedryfskoste verminder (bemarking, kliënteverhoudings en fakturering, om net ’n paar te noem). Agentskappe, in teenstelling met direkte kliënte, verg oor die algemeen minder tyd waarvoor jy nie kan faktureer nie.

    Dit is relatief maklik om agentskappe te vind en by hulle aansoek te doen. As jy vir direkte kliënte wil werk, is die helfte van die stryd juis om te identifiseer watter tipe kliënte jou dienste sal benodig, hoe om hulle te vind, wie jy by die maatskappy moet kontak, ens. Dit is nie die geval met agentskappe nie, want daar is baie beskikbare bronne om in te soek: databasisse van vertalersverenigings soos die *Suid-Afrikaanse Vertalersinstituut (translators.org.za), graderingsdienste vir agentskappe soos Payment Practices (paymentpractices.net), vertaalportale soos ProZ (proz.com) of TranslatorsCafe (translatorscafe.com), of eenvoudige internetsoektogte (translation agencies in South Africa, ens.). Wanneer jy agentskappe gevind het vir wie jy wil werk, vul jy maar net hul aansoekvorm aanlyn in of volg jy die instruksies om jou CV vir hulle te stuur.

    Hulle kan vertaalwerk van verskillende eindkliënte aan jou stuur wat jou baie werk rakende selfbemarking spaar.

    Hulle kan as ’n tipe veiligheidsnet dien. As jy siek word of ’n ernstige probleem met jou rekenaar het, of as ’n vertaling skielik drie keer langer neem as beplan, kan ’n agentskap dikwels ’n ander vertaler kry om hand by te sit – iets wat dalk nie altyd vir ’n direkte kliënt moontlik is nie.

    Hulle behoort jou werk te laat redigeer of ander stappe vir gehaltebeheer te bied.

    Die nadele van agentskappe:

    Hulle betaal dikwels minder as direkte kliënte en soms vir baie soortgelyke werk. Deur die jare as vryskutvertaler het ek ’n verskuiwing in die agentskapmark opgemerk; dit is deesdae baie moeiliker om ’n behoorlike bestaan in die goedkoper marksegment te maak en daar is baie strawwer mededinging in die duurder marksegment.

    Hulle kan dalk meer betrokke wees by jou werksprosesse as direkte kliënte omdat hulle waarskynlik meer van vertaling weet as die meeste direkte kliënte.

    Hulle benodig gewoonlik vertalers in algemene spesialisgebiede soos die regte, finansies, medies, IT, patente, ens. As jy dus hoofsaaklik vertaling wil doen in ’n vakgebied soos kunsgeskiedenis, menseregte, perde of liefdesromans (alles werklike spesialisasies van vertalers wat ek al ontmoet het!), sal jy dalk nie baie sukses in die agentskapmark hê nie.

    Hulle kan dalk toetredebeperkings hê wat as ietwat arbitrêr beskou kan word. Direkte kliënte fokus oor die algemeen op die resultaat van jou werk: Kan jy doen wat hulle van jou verwag? ’n Goed gekwalifiseerde beginnervertaler (dus iemand met goeie taalvaardighede wat twintig jaar op die gebied van finansiële dienste gewerk het en nou op soek is na finansiële vertaalwerk) kan dalk gefrustreer word deur vereistes soos moet vyf jaar ervaring as ’n vertaler, of akkreditasie, of ’n meestersgraad in vertaling hê. Agentskappe handhaaf hierdie beperkings om ’n bepaalde rede, maar dit kan ’n effense hoender-en-eier-situasie skep waar jy voel dat agentskappe jou nie sonder ervaring sal gebruik nie, maar dat jy nie weet hoe om ervaring op te doen as niemand jou dienste wil gebruik nie.

    Dit kan dalk onpersoonlik wees om vir hulle te werk. Veral in die geval van groot agentskappe kan jy verwag om min of geen persoonlike verhouding met projekbestuurders te hê nie. In die geval

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1