Huisgenoot

SUKSES IN ’N ‘MANSWÊRELD’

ANDER vroue vra my dikwels: Kan ek as ’n vrou alles hê én balans bereik, en kan ek dan ’n vervullende lewe lei? Die antwoord op die eerste is ’n besliste nee, maar op die tweede ’n besliste ja.

’n Man se lewe is meestal eenvoudig en liniêr. Tradisioneel staan ’n man soggens op met die verwagting dat sy ontbyt gemaak en sy hemde gestryk is. Hy gaan werk toe, waar hy sonder onderbreking kan fokus. Hy hoef hom nie te bekommer oor foonoproepe van die skool, onverwagte mediese afsprake of om ’n loodgieter te reël om die kraan reg te maak nie. Hy gaan huis toe na ’n warm maaltyd en ontspan met ’n glas wyn of ’n bier voor die TV.

Maar ’n vrou moet vele take tegelyk hanteer. Daar word verwag sy moet inkopies doen, die huis skoonhou, herstelwerk reël, oor die kinders en hul huiswerk toesig hou, skoolvergaderings bywoon, die kinders na partytjies en na-skoolse aktiwiteite aanry, vir oefening tyd maak, goed lyk, daardie hemde stryk, daardie maaltye kook, en dan moontlik steeds ’n loopbaan hê. Net die skryf daarvan put my uit!

As ’n vrou kan jy nie alles hê en balans bereik nie. Jy kan wel jou prioriteite kies. Wat is vir jou belangrik? ’n Loopbaan hê of ’n ma wees? Daar is geen verkeerde antwoord nie. Elke keuse bring belonings en opofferings.

Wanneer jy gekies het – as jy ’n keuse het, natuurlik – los

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Vuurvliegies
VERBEEL jou dis laat op ’n warm someraand en skielik kry die naglug om jou lewe. Oral dartel vrolike klein liggies rond wat die landskap in ’n sagte gloed omhul. Dis die vuurvliegies wat uitgekom het en nou met mekaar maats maak deur hul liggies te f
Huisgenoot1 min read
Op Die Skoolbanke …
ANTWOORDE: 1. JESSICA ALBA, 2. AVRIL LAVIGNE, 3. NICOLAS CAGE, 4. CINDY CRAWFORD, 5. BARACK OBAMA, 6. QUEEN LATIFAH, 7. OWEN WILSON, 8. MADONNA, 9. TOM HANKS ■
Huisgenoot2 min read
Vermaak Vir Almal
Ons land se jongste TikTok-sensasies spog nou ook met hul eie kosreeks, Tietie en Nanna kook, op VIA. Dié twee Kaapse susters kook dat die stoom staan in hul woonstel in die Strand, en hul tradisionele geregte laat oud en jonk se mond water. Dink aan

Related