Landbouweekblad

Dink vinniger en verder as ander

Het jy van kleins af ’n sakesin gehad?

Ek onthou in graad 1 op Oudtshoorn, waar ek grootgeword het, het ons klei gekry om te vorm, maar ek wou eerder die meeste klei hê. Ek het klei by maatjies geruil, want ek het gedink die ou met die meeste klei wen. Ek was nie die skeppendste met mooi kunsvormpies nie, maar ek het báie klei gehad.

As tiener het ek ná skool begin werkies doen – enige moontlike werk. Ek was ’n gids op ’n volstruisplaas, ek het rakke in die destydse OK Bazaars gepak, verestoffers gemaak, druiwe gepluk, perskes in mandjies gepak, was koster in die kerk en het in ’n klerewinkel gewerk.

Toe ek omtrent 17 jaar oud was, het ek sommige vakansies tot drie werke per dag gehad. Ek sou van 06:00 tot 11:00 druiwe pluk, dan verestoffers maak, en van 17:00 tot 21:00 in ’n klerewinkel werk.

Ek het ál die geld wat ek verdien het, gespaar, maar nooit uitgegee nie. As 16-jarige het ek na ’n vriend in Windhoek geryloop en langs die pad in skrootwerwe en vulstasietoilette geslaap. Dit was ’n groot avontuur. Ek is met elf R1-note uit Oudtshoorn weg en het ná twee weke met dertien R1-note teruggekom.

Het jy ná skool gaan studeer?

Ek kon nie, om finansiële redes. My pa was ’n motorwerktuigkundige op ’n militêre basis en my ma ’n huisvrou. Die vermoë om vir studie te betaal, was net nie

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
Nasionale Veiling 2023
Die hoogtepunt van die jaar bly maar die Algemene Jaarvergadering, dinee en dan die Nasionale Veiling. Die Algemene Jaarvergadering was baie goed bygewoon deur ons telers. Daar is belangrike punte behandel, groot besluite is met deursigtigheid en goe
Landbouweekblad5 min read
Droëbone Vasgevang Tussen Twee Vure
Droëbone is waarskynlik die gewas wat as proteïenbron vir menslike gebruik die beste waarde vir geld bied. Die produsenteprys is ook baie hoog en sommige boere het die afgelope seisoen tot R35 000 per ton gekry. Hoekom word die gewas dan nie op grote
Landbouweekblad6 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com In die vorige bedeling kon Eskom met ervare bestuur met gemak elke dag 40 000 MW krag opwek en lewer. Intussen het Suid-Afrika se ekonomie gegroei en het die land se bevolking in 30 jaar meer as verd

Related