Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies - Reeks 1: Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies, #1
Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies - Reeks 1: Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies, #1
Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies - Reeks 1: Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies, #1
Ebook153 pages57 minutes

Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies - Reeks 1: Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies, #1

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

"Wie is Ek?" "Wie is Ons?"

 

Veertien dierespesies of groepe diere van Afrika stel hulself aan jou bekend deur kort raaisels te stel. Kan jy hulle almal identifiseer? Kan jou vriende dit doen? Kan jou familie? 

 

Deels raaisel, deels lewens-storie, deels veldgids tot identifikasie, elke hoofstuk word deur een of 'n groep bekende inwoners van Afrika se veld vertel. Elke hoofstuk is gepak met die nuutste inligting en geïllustreer met uitstekende beelde. Kom meer te wete oor elke spesie of groep se kenmerkende persoonlikheid, eienskappe en eienaardighede deur te probeer om die vrae te beantwoord "Wie is Ek?" en "Wie is Ons?".

 

Of jy nou net begin om vir die eerste keer jou eie boek te lees of jy het reeds al duisenderlei boeke gelees, hierdie versameling van raaisels sal jou vir seker aan die raai hou. Sommige raaisels is korter en makliker, ander is lank en uitdagend. Sodra jy begin lees, maak seker dat jy hierdie boek goed versteek – jy wil nie hê dat jou ma of pa 'n houvas op dit kry voordat jy hulle nog nie eers getoets het nie. 

 

"Wie is Ek?"

"Wie is Ons?"

 

Is jy reg vir dié uitdaging?

LanguageAfrikaans
Release dateApr 20, 2020
ISBN9781393924814
Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies - Reeks 1: Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies, #1
Author

T'nreb Rekabnessiev

T’nreb Rekabnessiev is an old man who lives in Johannesburg, South Africa, with his three dogs and a loving wife. He spends most of his days sitting on a tiny stoep, thinking of and dreaming about the bush and its myriad of inhabitants.

Related to Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies - Reeks 1

Titles in the series (5)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies - Reeks 1

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies - Reeks 1 - T'nreb Rekabnessiev

    My Naam is Galago moholi – Wie is Ek?

    Ons bly in die warmer bosveldstreke van suider-Afrika, oral waar daar doringbome groei. Die bos moet ruig wees want ek hou nie daarvan om op die grond te loop of te spring nie. Die bome moet dus naby aan mekaar groei sodat ek en my familie maklik van boom tot boom kan spring.

    Ek woon met my ma, pa, sussie en boetie in 'n klein familiegroep. Gedurende die dag wanneer die son helder skyn, skuil ons in 'n klein nessie in digte boomkrone waar ons stokkies en blare bymekaar gepak het om 'n snoesige, warm huisie te bou. Ons woon ook in hol stamme van groter bome. Daar lê ek die hele dag rustig en slaap terwyl jy by die skool is.

    As ons in 'n selfgeboude boomnes bly is dit lekker om buite die nes op 'n tak in 'n kolletjie son te lê en bak. Maar my ore bly altyd waaksaam; sodra daar 'n geluid is skrik ek wakker. Ek is onmiddellik gereed om met lang spronge deur die boom se takke te ontsnap. As jy my wil bekruip om my van naby te kan sien sal jy baie suutjies deur die veld moet kan beweeg.

    Ek en my familie is nagdiere; dit beteken dat ons net snags wakker is. Terwyl die wêreld stil is en die meeste ander diere slaap, jag ons insekte, groot spinnekoppe en selfs skerpioene wat op die bas van groot bome in die nag rondskarrel. In die somer eet ek ook graag ryp, sappige vrugte as ek hulle in die bosveld kan vind. Soms lek ons ook die soeterige gom van doringbome, veral in die winter maande wanneer ons gewone prooi skaars raak.

    Ek het reuse oë om goed in die donker nag te kan sien. Soos by jou, wys my oë vorentoe. Hulle is ook ver uitmekaar uit geleë sodat ek diepte goed kan bepaal; dit is nogal belangrik as jy op 'n klein takkie wil land en nie te ver wil spring nie. My ore is ook groot sodat ek enige geluid kan hoor. Andersins het ek maar 'n plat, klein gesiggie, want my neus en kake steek nie ver vorentoe uit nie. My mond is vol tandjies wat nes joune lyk.

    My pels van hare is redelik kort en grys, en my pels is fyn en sag. Net my lang stert het langer hare op. As dit koud raak pof my hare op my lyf op en ek lyk dan baie groter en ronder as wat ek eintlik is. Só hou ek die koue van my lyf af; jy moet natuurlik 'n trui of 'n baadjie aantrek omdat jou lyf nie met baie hare oortrek is nie.

    Ek is veral beroemd vir my springvermoë – ek klouter nie in bome rond nie, ek wip en spring van tak tot tak, van boom tot boom. Dis hoekom ek 'n lang stert het – my stert help my om my balans te hou. My stert help my ook om koers te hou terwyl ek gedurende 'n lang sprong deur die lug seil. As ek op die grond moet beweeg, omdat die bome te ver van mekaar af staan spring ek ook op my agterbeentjies in lang, hoë boë – jy sal my nooit sien hardloop nie.

    My agterbene is lank en sterk sodat ek baie ver kan spring. My bene het groterige pote en my arms het groot hande, elk met vyf tone of vingers aan. My tone en vingers eindig in plat, ronde punte, bedek met plat naeltjies nes jou vingernaels. Soos jy, los ek ook vinger- en toon-afdrukke agter op alles waaraan ek raak. Die gleuwe op my vingers en tone is daar sodat my pootjies nie van die takke afgly nie.

    Ek is natuurlik 'n nagapie. Die wetenskaplikes sê dat jy en ek na aan mekaar verwant is. Ek dink hulle is reg omdat ons albei so baie slim is. Die slim mense het vir my 'n pragtige wetenskaplike naam gegee - Galago moholi. Wat is jou wetenskaplike naam?

    My Naam is Struthio camelus – Wie is Ek?

    Ek is byna seker dat jy iewers in jou huis vere van my het. Jy sal self kan sê of dit só is aan die einde van hierdie kort raaisel.

    Jy sal ons in die oop bosveldstreke en grasvelde van suider- en Oos Afrika teëkom. As ons kos volop is het ons nie baie water nodig nie – jy sal ons dus selfs in die droë Karoo en die

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1