Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies - Reeks 3: Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies, #3
Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies - Reeks 3: Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies, #3
Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies - Reeks 3: Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies, #3
Ebook162 pages1 hour

Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies - Reeks 3: Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies, #3

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

"Wie is Ek?" "Wie is Ons?"

 

Dit is die derde keer dat veertien dierespesies of groepe diere van Afrika hulself aan jou deur kort raaisels bekend stel. Kan jy hulle almal identifiseer? Kan jou vriende dit doen? Kan jou familie? 

 

Deels raaisel, deels lewens-storie, deels veldgids tot identifikasie, elke hoofstuk word deur een of 'n groep bekende inwoners van Afrika se veld vertel. Elke hoofstuk is gepak met die nuutste inligting en geïllustreer met uitstekende beelde. Kom meer te wete oor elke spesie of groep se kenmerkende persoonlikheid, eienskappe en eienaardighede deur te probeer om die vrae te beantwoord "Wie is Ek?" en "Wie is Ons?".

 

Of jy nou net begin om vir die eerste keer jou eie boek te lees of jy het reeds al duisenderlei boeke gelees, hierdie versameling van raaisels sal jou vir seker aan die raai hou. Sommige raaisels is korter en makliker, ander is lank en uitdagend. Sodra jy begin lees, maak seker dat jy hierdie boek goed versteek – jy wil nie hê dat jou ma of pa 'n houvas op dit kry voordat jy hulle nog nie eers getoets het nie. 

 

"Wie is Ek?"

"Wie is Ons?"

Is jy reg vir dié uitdaging?

LanguageAfrikaans
Release dateMay 11, 2020
ISBN9781393612094
Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies - Reeks 3: Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies, #3
Author

T'nreb Rekabnessiev

T’nreb Rekabnessiev is an old man who lives in Johannesburg, South Africa, with his three dogs and a loving wife. He spends most of his days sitting on a tiny stoep, thinking of and dreaming about the bush and its myriad of inhabitants.

Related to Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies - Reeks 3

Titles in the series (5)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies - Reeks 3

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies - Reeks 3 - T'nreb Rekabnessiev

    My Naam is Papio ursinus – Wie is Ek?

    Almal sê dat ons baie van bergklim hou en dat ons die boere aanmekaar pla. Ons woon wel soms in die berge, maar ons leef veral in die bosveld, die Karoo en selfs in grasvelde waar daar kopjes is. Ons bly net nie in droë woestyne of in ruie woude nie. Ons woon eintlik op enige plek waar daar genoeg water vir ons is om te drink. Daar moet vir ons ook skuiling wees, soos kranse of hoë bome, waar ons gedurende die nag kan slaap sonder dat enige roofdier ons sal kan bykom.

    Ons leef in groot familietroppe: ma’s, pa’s, tannies en ooms, en natuurlik al die niggies en nefies saam. Ek is seker dat my familie groter is as joune. Ons jongspan hou van baljaar en poetse bak. As daar nie roofdiere is nie en ons veilig voel, grom, blaf en skree ons luiddriftig. Maar ons mag dit net doen as ons pa’s en ooms wagstaan terwyl die res van die familie wil rus.

    My niggies, nefies, sussies en boeties en ek hou van klouter. Ons klim maklik in groot bome tot in die hoogste takke. Ons kan dan ver spring, van tak na tak, of selfs van boom na boom. Ons jonges hou ook daarvan om te baklei, maar dit is nooit ernstig nie. Dit is net baie pret om met iemand te stoei, of om iemand anders skrik te maak. Jy weet mos self.

    Ons is nie die grootstes onder die soogdiere wat jy ken nie. Ons staan maar so hoog soos grasse. Die pels op my lyf is donker bruin en grys. Oor my hele lyf het ek redelik lang hare.

    As die dag baie warm is hou ek daarvan as 'n windjie my hare deurmekaar waai – dan koel ek lekker af. Maar my gesig is onbehaard – hier is my vel 'n donker blou-grys van kleur.

    My gesig is langer as joune; my kake steek baie ver na voor uit. My pa en ma het yslike slagtande wat veral gewys word as hulle gaap. Maar my tandjies is nog te klein om só mee te spog. Andersins lyk my tande nes joune. My oë is baie skerp. Ek sien maklik enigiets raak wat in die bosveld beweeg. My ore is onbehaard en klein; hulle lyk eintlik nes joune. My ore luister fyn na alle geluide vir enige tekens van gevaar. As jy dus van plan is om my te probeer bekruip sonder dat ek dit agterkom, sal jy spook om dit reg te kry.

    My pote lyk nes jou hande. Ek het ook tien vingers en tien tone. Soos by jou is hulle elk met 'n plat naeltjie bedek. Ek kan selfs my groot toon soos 'n duim gebruik om iets mee te gryp. Dis iets wat jý nie met jóú voete kan doen nie. Soos jy, het ek ook fyn riffeltjies op my vingers en tone wat vingerafdrukke los aan enigiets wat ek optel. My arms is 'n bietjie langer as my bene. As ek stap is my kop ietwat hoër as my stuitjie. Ek het 'n lang stert wat lyk as of hy 'n knik in het. Al hardloop ek so vinnig as wat ek kan, my stert sal nooit platlê nie.

    Soos jy eet ek groente en vleis. Ek hou baie van vrugte – hoe soeter, hoe beter. Maar ek eet ook peule en sade, knolle en soms blare. Ek maak ook jag op groot insekte. Ek hou van kewers en veral termiete as ek hulle buite hulle neste kan vind. 'n Sappige skerpioen, 'n groot spinnekop of 'n akkedis is natuurlik koningskos vir my.

    Ek bekyk alles in die bos baie fyn. Vir my is alles en nog meer interessant en ek hou daarvan om meer oor my eie wêreld uit te vind. Ek dink ek is so slim soos jy, maar ek het nie die voorreg om skool te mag bywoon nie.

    Soos jy baie maklik uitgewerk het is ek 'n bobbejaan. Ek het ook 'n deftige naam wat die slim wetenskaplikes my gegee het: Papio ursinus.

    My Naam is Ephippiorhynchus senegalensis – Wie is Ek?

    Al het ons mettertyd skaars geraak, sal jy ons nog in oostelike- en Midde-Afrika kan vind. Ons woon ook nog steeds in 'n wye strook langs die oostelike kant van suider-Afrika en in 'n smal gebied wat van noordwestelike- tot noordoostelike-Afrika strek. Jy sal ons altyd naby water vind, langs riviere, mere en damme. Ons bly ook in vleilande en moerasse, solank hulle in die ligbebosde, meer tropiese bosveldstreke geleë is.

    Jy sal my maklik van al die ander voëlsoorte in Afrika kan uitken. Ek is een van die grootste voëls wat jy op ons kontinent sal kan vind. Jy sal my, my ma en my pa al van ver af kan sien. Ons lywe staan hoog en ons het baie lang nekke. Van ver af lyk ons net wit en

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1