Weg!

’n Vars spoor in die duinesand

Welkom in die Kalahari, Richard! Hoe pas jy aan tussen die duine?

Al die mense van die Kalahari se Rooiduin-roete (waarop Kalahari Trails lê) help my baie om die reservaat weer op sy voete te kry! Ek is ontsettend dankbaar vir hulle aansporing en leiding. Ja-nee, die mense van Askham is ongelooflik.

Veral die slagter Kruger du Toit, ’n groot en gerespekteerde gees in die distrik wat ongelukkig in Julie aan Covid-19 oorlede is. Hy het my oor menige kuiertjie met koffie-enbeskuit baie geleer.

Ek het gelees dat jy op skool in Wallis goed rugby gespeel het. Dit is seker ’n nuttige aanknopingspunt noudat jy in die Kalahari nuwe vriende moet maak, of hoe?

Dit help beslis! Ja, my skool, Llandovery College, was tóé en is steeds vandag bekend vir goeie rugby. As ek reg onthou, het ons in ál my skooljare slegs vier wedstryde verloor.

Tóé was daar nog nie sprake van professioneel rugby speel nie, maar sedertdien het die skool uitstekende spelers soos Alun Wyn Jones en George North vir die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg5 min read
Ken Jy Al Dié Dagroetes?
Welmé de Beer, George welme.debeer Vensterberg (1 309 m) is definitief die piek wat my met die mooiste uitsigte beloon, ongeag die tyd van die dag. Met sonopkoms en sonsondergang doen die piek sy naam gestand, veral as daar ’n paar dramatiese wolke
Weg9 min read
Die Wildekus Se Wildste
Die Wildekus se naam vertel jou alles wat jy moet weet: Dis afgeleë, onderontwikkel en deurspek met egte wilde plekke. En Pondoland, tussen die Mthatha- en Mtamvunarivier waar die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal bladskud, is nog die heel “wildste” deel. Hi
Weg2 min read
Die aanloklike Langeberg
Wanneer ’n mens na ’n kaart van die Wes-Kaap kyk, krul die Langeberg soos ’n skalkse glimlag oor die landskap. Dié gebergte – deel van die Kaapse Plooiberge – strek van Worcester in die weste oor nagenoeg 170 km tot by Riversdal in die ooste. Sy suid

Related