Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies - Reeks 2: Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies, #2
Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies - Reeks 2: Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies, #2
Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies - Reeks 2: Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies, #2
Ebook154 pages57 minutes

Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies - Reeks 2: Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies, #2

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

"Wie is Ek?" "Wie is Ons?"

 

Weereens stel veertien dierespesies of groepe diere van Afrika hulself aan jou bekend deur kort raaisels te stel. Kan jy hulle almal identifiseer? Kan jou vriende dit doen? Kan jou familie?

 

Deels raaisel, deels lewens-storie, deels veldgids tot identifikasie, elke hoofstuk word deur een of 'n groep bekende inwoners van Afrika se veld vertel. Elke hoofstuk is gepak met die nuutste inligting en geïllustreer met uitstekende beelde. Kom meer te wete oor elke spesie of groep se kenmerkende persoonlikheid, eienskappe en eienaardighede deur te probeer om die vrae te beantwoord "Wie is Ek?" en "Wie is Ons?".

 

Of jy nou net begin om vir die eerste keer jou eie boek te lees of jy het reeds al duisenderlei boeke gelees, hierdie versameling van raaisels sal jou vir seker aan die raai hou. Sommige raaisels is korter en makliker, ander is lank en uitdagend. Sodra jy begin lees, maak seker dat jy hierdie boek goed versteek – jy wil nie hê dat jou ma of pa 'n houvas op dit kry voordat jy hulle nog nie eers getoets het nie.

 

"Wie is Ek?"

"Wie is Ons?"

Is jy reg vir dié uitdaging?

LanguageAfrikaans
Release dateMay 5, 2020
ISBN9781393625414
Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies - Reeks 2: Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies, #2
Author

T'nreb Rekabnessiev

T’nreb Rekabnessiev is an old man who lives in Johannesburg, South Africa, with his three dogs and a loving wife. He spends most of his days sitting on a tiny stoep, thinking of and dreaming about the bush and its myriad of inhabitants.

Related to Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies - Reeks 2

Titles in the series (5)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies - Reeks 2

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies - Reeks 2 - T'nreb Rekabnessiev

    My Naam is Xerus inauris – Wie is Ek?

    Ons woon in die droër grasvelde van suider-Afrika. Ons leef ook in die droë Kalahari en Namibiese bosveldstreke waar die bome en struike nie te dig op mekaar groei nie. Ons kan nie op enige plek bly nie; die grond moet sanderig wees sodat ons ondergrondse skuilings kan grawe.

    Ek leef in 'n groot familie met my ouers, my sussies en my boeties saam. Gedurende die nag slaap ons veral in holtes van ou termiethope diep onder die grondoppervlak. Soms kalwer ons self só 'n skuiling uit. In ons grotte is daar altyd meer as een in- en uitgang. Die ondergrondse gange het almal met ons woongrotjie kontak. Ons kan dus by een gat uitboender om by 'n ander in te duik, maar ons kan nog steeds in dieselfde ondergrondse holte bymekaar uitkom.

    Soos jy agterkom, hou ons jongspan baie van speletjies speel. Ons hardloop en baljaar aanmekaar. Terwyl ons speel staan ons ouers wag. Dan hurk hulle op hulle agterpote of staan ook regop om oor die hele veld te kan loer. As een van hulle piep, spring ons vir veiligheid almal in die naaste gat.

    Ek is 'n knaagdier; dit beteken dat my voorste tande, my knaagtande, baie langer is as jou voorste tandjies. Myne is ook vlymskerp. Hulle werk soos beitels as ek 'n harde peul of die dop van 'n neut moet oopkou. Ek hou van sade, peule, knolle en van sommige sappige blare. Soms eet ek blomme en vrugte as ek hulle kan vind. My pote eindig in kort skerp kloue – ek kan daarmee peule of vrugte vashou terwyl ek aan hulle knaag.

    Ek het 'n korterige, ronde lyfie. My ligte, vaalbruin pels is deurgaans dik, kort en sag. My bene is kort maar sterk, sodat ek laag teen die grond kan kruip. So bly ek tussen die grasse versteek; 'n jakkals sal my nie maklik kan vind nie. As ek moet hardloop is ek baie vinnig en kan ek rats draai. Soms boogspring ek terwyl ek hardloop.

    Ek spog met 'n dik, lang stert. Die hare op my stert is effens langer as dié op my lyf. As die son warm bak kan ek my sterthare uitsprei en dan word my hele stert 'n wonderlike sambreel teen die steek van die son se skerp lig. So kan ek my eie skaduwee gebruik om in af te koel.

    My gesig is rond. Ek het groot ronde oë waarmee ek die veld fyn kan dophou. Sommige diere sê ek het nie ore nie; dis nie waar nie, hulle is maar net baie klein sodat ek vinnig en gemaklik in 'n ondergrondse tonnel kan rondskarrel sonder om grond in my ore te kry. Ten spyte van my klein oortjies kan ek baie goed hoor – jy sal 'n groot fout maak as jy sou dink jy kan my sommer só bekruip sonder dat ek jou van vér af sal hoor aankom.

    Op my kort snoet, net agter my neusgate, het ek lang, swart hare soos 'n yl snor. Dié hare is soos voelers wat weerskante van my kop uitsteek. Hulle laat my weet of  'n gaping tussen bossies of 'n ondergrondse tonnel groot genoeg is om my lyf te laat deurseil. My kake is klein en kort, maar my agterste tandjies het skerp riwwe wat my harde kos maklik kan fynmaal. Ek hoef nie my kos onmiddellik te kou of te sluk nie – soms steek ek sade of klein vrugtetjies in die kieste van my wangetjies weg om hulle later te eet. Só kan ek 'n klein voorraad kos saam met my dra as ek deur die veld loop.

    Ek drink selde water – meestal is die plante wat ek eet sappig genoeg om my dors te les. Ek kan daarom in baie droë streke van ons land woon.

    Ek is natuurlik 'n waaistertgrondeekhorinkie, soos jy sê. Omdat ek nie groot ore het nie, noem die wetenskaplikes my Xerus inauris. Die tweede woord van my spoggerige naam beteken ‘sonder ore’ – soos jy nou weet is dit eintlik nie waar nie.

    My Naam is Bucorvus leadbeateri – Wie is Ek?

    In die ou dae sou jy ons op byna enige plek in die natter bosveldstreke van Midde en Oos Afrika kon gevind het, oral waar daar groot bome met dik stamme gegroei het. Deesdae is ons baie skaars; mense kap die groot bome wat ons nodig het af vir vuurmaakhout of om meubels mee te maak. Tog sal jy ons nog in die Laeveld van suider-Afrika kan sien as jy in 'n natuurreservaat na ons soek.

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1