Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Vuurklip
Vuurklip
Vuurklip
Ebook409 pages10 hours

Vuurklip

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

’n Magiese roman oor die lotgevalle van die Land- en die Seestamme aan die suidkus van Afrika sowat honderdduisend jaar gelede. Dis die storie van Ama, jongvrou wat wil Storievrou en Moetievrou word, soos die ouvrou Maouma. Maar eers moet sy vróú word, die bloedgebed en die Eerste Ingaan beleef. Wie gaan haar herd-man wees? En waarheen verdwyn sy so skielik? Dis ook die storie van ’n magstryd: Wie gaan Hoofman-Owerste van al die Seestamme word? En dis die storie van die mensheid se oorlewingstryd, want die omgewing kan nie meer almal voed nie. Sal dit help as hulle beter gereedskap kan maak? Durf hulle ’n groot taboe breek om te kan oorleef? En by dit alles moet die wyse Sjamaan sorg dat hulle die geeste tevrede hou.
LanguageAfrikaans
Release dateNov 11, 2013
ISBN9780798163774
Vuurklip
Author

Marié Heese

Marié Heese het bekendheid verwerf met haar roman Die uurwerk kantel in 1976. Jare later verskyn drie Engelse romans, The Double Crown, The Colour of Power, en die opvolg, A Triple-headed Serpent. Vuurklip, die eerste roman in Afrikaans oor die prehistoriese tydperk ter plaatse, verskyn in 2013. Marié woon saam met haar man in Stilbaai.

Read more from Marié Heese

Related to Vuurklip

Related ebooks

Related articles

Reviews for Vuurklip

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Vuurklip - Marié Heese

    Vuurklip

    ’n Roman van die oertyd

    Marié Heese

    Human & Rousseau

    Opgedra aan my man, Chris Heese,

    met dank en waardering vir die inspirasie van sy jare

    lange belangstelling in argeologie en vir sy onmisbare

    aandeel aan die totstandkoming

    van hierdie storie.

    It was agreed that my endeavours should be directed to persons and characters supernatural, or at least romantic, yet so as to transfer from our inward nature a human interest and a semblance of truth sufficient to procure for these shadows of imagination that willing suspension of disbelief, for the moment, which constitutes poetic faith.

    Samuel Taylor Coleridge, 1817

    And for all this, nature is never spent; There lives the dearest freshness deep down things; And though the last lights off the black west went Oh, morning, at the brown brink eastward, springs – Because the Holy Ghost over the bent World broods with warm breast and with ah! bright wings.

    Gerard Manley Hopkins, 1877

    Maar dit is die Gees in die mens en die asem van die Almagtige wat hulle verstandig maak.

    Die Bybel, 1953-vertaling, Job, 32:8

    Lys van karakters

    Teenswoordig

    Ama, jongvrou, dogter by die herd van hoofman Atto van die Wal­­visstam

    Atto, hoofman van die Walvisstam

    Bato, ’n hoofman onder die Haaie

    Beentjies, tweede leersjamaan van die Walvisstam

    Dia, vrou van Umak

    Dikkes, eerste leersjamaan van die Walvisstam

    Dito van die Visarendstam, leerjonge van Klipman

    Fluitman van die Walvisstam

    Hakai, hoofman van die Haaistam en hoofman-owerste van al die Seestamme

    Iba van die Visarende, Ama se dogtertjie

    Iruk, hoofman van die Robstam

    Iwa, Ama se ma, Atto se eerste blyvrou, wat tydens kindergeboorte gesterf het

    Klipman van die Visarendstam

    Maouma van die Walvisstam, voorste storievrou, moetievrou en vroedvrou van al die Seestamme

    Moro van die Walvisstam, ouer broer van Ama

    Raki, suster van Umak, tweede blyvrou van Atto

    Sjamaan van die Walvisstam, Groot Sjamaan van al die Seestamme

    Suka, vrou van Hakai

    Tinor, jongman van die Visarendstam, voorheen van die Elande, aangenome herd-seun van Umak

    Umak, hoofman van die Visarendstam

    Umi, moetievrou van die Haaie

    Wuk, hoofman van die Dolfynstam

    Voorouers

    Gan, ’n vorige hoofman-owerste van die gesamentlike Land- en Seestamme

    Lita, ’n vorige vrou-sjamaan van die Seestamme

    Nene, jongman wat in die verlede die stam gered het toe daar ’n tsunami gekom het

    Simo, vorige Groot Sjamaan

    Geeste

    Die Groot Gees (hy)

    Die Songees (sy)

    Die Maangees (sy)

    Die Grondgees (sy)

    Die Seegees (hy)

    Die Reëngees (hy)

    Die Windgees (hy)

    Gruu, die Bose (hy)

    Deel 1

    Die steelkwaad

    AMA

    Gesigte om die vuur kry lewe. Skuif vorentoe na die warmte en lig. Ons draai ammal na Maouma. Wag.

    Sy vat die haasvelkaros om haar maer skouers vas. Sy kyk innie vlamme. Dis haar storiekyk. As sy so kyk, sien sy die stories. Sy sien hulle en sy hoor hulle. Dan vertel sy.

    sug ons wat na haar luister.

    kreun ons wat na haar luister.

    kerm ons.

    kerm ons, want ons weet wat gaan kom.

    Van agter my kop hoor ek Moro se stem. Moro, my enigste broer. Hy sit met sy kniege opgetrek. Ek leun teen sy bene. Verteltyd is ammelee ’n goeie tyd, maar veral nou, want ammal se mage is hol van hongerte. Die kos was al weer min, net ’n handjievol swartmossels en ’n bietjie groot seeslak vir elkeen vandag. Die seekos raak minner, veral met stilwater, jy moet al hoe verder loop vir die landkos, ennie jagters sukkel, selfs die kleindiertjies word minner. Dit help om na stories te luister.

    Maouma se wikkelhanne wys hoe hoog die vuur opspat. Ons kyk op, ons sien nie die grot se dak nie, ons sien die vuur wat op, op, hoog opvlam.

    Maouma se hanne strooi om haar die vuurklip wat dood. Dié wat naaste aan haar sit, koes weg. Selfs my pa, wat Hoofman is, trek sy lyf so effe terug. So is dit as Maouma vertel, jy skrik vir die woorde. Moro vryf oor my skouers.

    Moro, my broer, hy wil nie het ek moet bang nie. Vanlat die Groot Gees onse ma ingeasem het saam met die laaste baba wat onse boetie moes ge-is het, kyk Moro uit vir my. Tot hy man geword het, tot hy besny is ennie stert vannie walvis oor sy skouers uitgekerf is, het ek en hy saamgeloop met die vrouens om te soek vir die veldkos. Maar vanlat hy man geword het, is hy klaar met daardie dinge.

    Ek leun terug teen die stutbene agter my ennie onthou kom oor my. Ek sien vir my en Moro toe ons klein was. Ons loop landin, weg vannie see af. Agtertoe is die wit duine ennie blou streep vannie see. Ons loop oor die groenerige vlakte waar jy landkos kan kry. Die son skyn warm soos ’n groot herdvuur innie blou lug en ek ruik die skerp boegoe ennie vrouebossie – ek moet pluk vir Maouma as ons terugkom, dink ek. Elkeen van ons het ’n drasak innie hand, myne is die maag van ’n bosvark, ek soek die uintjies. Moro s’n is van bokvel, hy soek die dikwortels, die ronne wit soort. Ons twee loop nie saam met allie anner mense nie, onse voete loop ons vinniger vooruit. Maar Moro gaan nooit te ver van my af nie, hy kyk uit vir my, want hier’s baie diere, hier aan die kant vannie Landstamme. Party kan gevaarlik is.

    Ek hoor ’n bojaan blaf. Ek weet dis hulle uitkyk, hy lat weet die trop hier’s mense. Sit seker bo in ’n boom, hier naby is nie kranse nie. Nie lank nie of ’n trop swartbruin bojane hardloop so ’n ent van ons af verby. Moro hou ’n oog op die ou grotes, maar hulle soek ok maar kos, en hulle eet nie mense nie. Bokke eet ok nie mense nie. Daai groot geelkat met die pootjievel, hy eet mense, maar bojane bang hom en as hulle hier is, is hy nie hier nie, sê Maouma.

    Ek sien die ma-bojane met die kleintjies, hulle klou onner hulle ma’s se pense vas en kyk vir ons met klein mensgesiggies. Hoekom lyk ’n bojaan dan ammelee hartseer? Ek moet vir Maouma vra.

    Hier’s baie voëls, hier op die vlakte. Hulle soek ok kos, wurmpies en goggatjies en sade en bessies. Hier’s groot wit voëls en kleiner bruines en hellergroen kleinkleintjies, wat soetigeit wil het en so al op een plek kan bly vlieg om die blommetjies by te kom. Maouma sê, ’n mens kan gewoonlik eet wat ’n bojaan kan eet, maar ’n mens kan nie als eet wat ’n voël kan eet nie. Mense kan voëls eet, ahê, maar dis kos wat die seunskinners bring.

    Moro buk. Hy’t die blare vannie dikwortel gesien. Hy krap die sand weg met ’n groustok. Ek kry g’n uintjies nie. Oeha, dis warm. Loop ’n bietjie verder. Loop en kap tussen die bossies met my stok. Ek kom by ’n boom wat omgeval het. Hy’s al goed vrot en ek dink ons kan ’n paar stukke loswoel en saamvat vir vuurmaak. Ek kap-kap hard om te kyk of ek stukke kan lat loskom.

    roep ek. Mens kan hom mos eet, dink ek. Beter as uintjies.

    skree Moro, en hy kom aangehard loop.

    Ahê, ek was nog klein en dom en ek het nie geweet ’n slang kan maak of hy lankal afgedood het en al sy sappe uitgebak is nie.

    Moro probeer my keer. Maar ek het al klaar een hand uitgesteek om die slang op te tel. En so onner my hand word die stokdroë slang weer slapglad en soepel en hy staan bakkop regop en hy mik en hy pik my op die voorarm en toe gly hy weg soos water oor rotse.

    Ek kerm en vryf oor die seer en spring rond van nie skrik. Dit brand soos ’n kool vuur.

    Ek het vannie pyn my drasak en stok lat val. Moro smyt syne neer. Hy kyk my verskrik. Hy het net so ’n paar winters meer as ek gesien, maar hy is sterk en hy bang niks.

    Ek huil nou hard. Ek wil nie ingeasem word nie. Ek wil hier is.

    Ons maak so. Hy buk vooroor en hy loop sulke kort, vinnige steier-treë. Ek klou om sy skouers. Ek voel die maer, harde seuns beendere wat my lyf dra. Hy beur vorentoe deur die sand ennie klippe ennie bossies en hy asem hard. Dit voel baie ver, terug grot toe. My arm pyn erg, my kop word lig en ek lat amper los.

    Ok voel ek nou naar. Aieeee, dis baie ver. En dis baie warm. Ek is papnat gesweet.

    Maar Moro moeg nie sommer nie. Hy houvas my bene en hy mik so kortpad grot toe soos wat hy kan. Dit was ’n anner grot as nou, hy’t hoër op gesit en Moro moes die laaste opdraand sy klim ken. Maar hy klouter glygly op en op, gryp bossies vas om ons op te trek, en hy kry my by die grot.

    Moro sit my neer op die varsgeplukte kooigoed by Maouma se herd diep innie grot in. Die koelte ennie kruieruik vannie takkies vou om my.

    skree Moro.

    Gelukkig was sy naby. Sy klik met haar tong. vra sy, en sy voel aan die bytplek. Dis seer en opgeswel.

    hyg Moro.

    Maouma gaan na haar bêreplek teen die agterkant vannie grot waar daar gate is. Daar hou sy haar moetie en bindgoed. Elke dag sorg sy lat sy dit byhou, lat dit kan reg is as dit genodig word. Sy werk vinnig. Sy kap iets fyn met haar skerp mesklip. Sy plak dit op ’n groot blaar en dan kom hurk sy langs my en sy druk dit vas teen die bytplek. Nou druk sy met haar anner hand so ’n ronne swart klip teen die blaar. sê sy.

    sê Moro. Ek hoor sy stem bewe.

    Weet nie hoeveel dae ek by Maouma se herd gelê het nie. As ons trek, is dit elke keer net sy wat by die nuwe grot ’n alleenherd kry, solat sy die siekes kan oppas agter innie grot. Aiee, ek was baie siek. Bibberbewe. Kouesweet. Asem was amper weg. Weet net Moro het by my gesit ennie slangklip vasgedruk, eers met die een hand en dan met die anner hand. Moro moeg nie sommer nie. En hy het my vasgehou, hy het gekeer lat ek ingeasem word. Dis oor Moro lat ek nog hier is. Ek lief hom baie. Ek voel sy stutbene warm teen my rug. Ek vryf oor die merk op my arm, die merk van gif. Maar dis ok ’n merk van lief, ahê.

    Ek het skoon verdwaal van Maouma se storie.

    < . . . oral, ahê, oral het die kokende vuurklip gespat en gerol. Ennie vuurklip brand die gras ennie bosse ennie bome wat nog oor was, dit brand die mense ennie diere, die grotes ennie kleintjies, tot die slange ennie meerkatte brand dood in hulle gate. Baie mense het afgedood, baie, baie. Net dié wat ver vannie berg gewoon het, het oorgebly. Toe hou die berg op met spoeg, maar warm as en rook slat uit die klip wat brand uit en dit maak die hele wêreld toe soos met ’n grootgroot karos. Die wolk maak die Songees toe.>

    Maouma trek die haasvelkaros oor haar gesig.

    Dis ons ammal se heel ergste bang, lat die Songees moet wegraak. Sonner die Songees kan ons nie is nie.

    Een vannie baie babas wat in sy ma se drakaros lê slaap, word wakker en huil. Sy ma gee bors. Ammal luister weer.

    beaam ammal. Dié deel vannie storie is lekkerder om te hoor.

    beaam ammal.

    beaam ammal. Koppe knik. Hulle hou van uitgesoek te is.

    sê ammal. Vanlat jy kleinkind is, leer jy kyk na die sterre, en jy sien die afvlerk-eend blink innie nag se swart. Jy weet daai eend is raakgegooi met ’n klip, en hy kan nou nooit helemal wegvlieg nie, hy hang net daarso. Jy kan ammelee kyk waar daai vlerk na toe wys. Daai ster op die punt, hy hou jou op die regte spoor.

    Maouma ken baie stories, maar hierie een wil ons kortkort hoor. Ek wil hom leer, ek wil al haar stories leer. Ek wil ok eendag vertel. Ahê, ek wil Storievrou word – die stam se voorste storievrou, soos Maouma nou is. Maar dis swaar om so baie stories te moet leer. Nie ammal kan dit doen nie. Dit vat lank, en baie oefen. Dis hoekom Storievrou gewoonlik ok ouvrou is.

    Eenkeer het ek haar gevra.

    Maouma trek haar blink swart ogies half toe. Sy hou nie van uitvra nie. Sy dink ek is orig. Jongvrou moet luister, sy moet kyk, sy moet leer. Moenie uitvra nie.

    Maar ek wil weet. Ek moet die stories leer, so ek wil weet. Ek kyk haar seblief. Ek wag.

    sê Maouma, onwillig.

    Maouma sê:

    So, Dwaalman het die stories gebring. En Dwaalman het geweet. Nou weet ek ok.

    Hier waar ons om die vuur sit, is ammal gretig vir nog vertel. Ammal pleit.

    Maar skierlik is daar ’n anner stem by die vuur. ’n Stem vol bang, ’n stem vol kwaad.

    Iemand beur tussen die lywe naaste aan die grot se bek deur. Die stem se asem is min.

    Hoofman kyk kwaai op. Wie durf so lawaai maak as dit vertel tyd is? Wie was buite, manalleen?

    Die flikkerlig vannie vuur val op Fluitman, wat neersak op een knieg. Hy hyg.

    Hoofman kyk hom nog kwaai. Dit kan mos wag vir môre. Am mal weet die walvis sal nou dood. Ligdag sal hy nog daar lê. Wat die Seegees gegee het, kan g’n mens teruggee nie. Maar walvis slag is nie nagwerk nie.

    vra Hoofman.

    Fluitman se asem slaan amper weg.

    Hoofman staan op. Dit is ’n erge ding. Dit is groot, groot moei likgeit. Al die manne staan ok op. Hulle gaan haal hulle spiese. Moro ok. Niemand praat nie. Ammal weet: Dit kan nie. Dit mag nie. Die Stam vannie Visarend mag nie sommer ráák aan ’n walvis nie, wat nog stukke afkerf. Walvis is ons heiligdier. Ons is die Stam vannie Walvis. Wat die Visarende vannag gedoen het, is taboe. Hier kom baklei. Dit kan ’n groot stryd word.

    Die manne stap stil uit, een na die anner. Elkeen ken sy plek. G’n onbesnyde jongetjies gaan saam nie, ok g’n vroumense nie, so ek kan nie gaan nie. Oumense ok nie. Hulle werk is om die kin ners op te pas, en daar lê oralster kinners by die herde en slaap. Sjamaan is ok te oud. Maar hy sal klipsit tot die manne terugkom. Sal hom nie in sy slaapkaros toewikkel nie, anners vang die vaak hom altemit. Sjamaan het baiiie winters gesien. Hy is pure asem en beendere. Hy leun op sy stok en snuif. Hy kyk innie vlamme. Op sy voorkop en wange staan die sjamaantekens diep gekerf en swart. Die vlamme lat lyk dit na swart slangetjies wat lewe.

    Maouma loop dieper die grot in. Altemit sal iemand haar moe tie en bindgoed vannag nodig. Sy moet regstaan.

    Niemand kyk my nie. Ek buk af en kruip uit die ligkring vannie vuur uit. Ek maak my lyf klein en plat innie skarrewees. Ek gaan by die grotbek uitglip. Dit mag nie, maar ek wil sien. Hierie ding wil ek sien. As Fluitman so alleen kan rondloop, kan ek ok.

    Buite staan ek regop en ruik die asem vannie Windgees. Sout en seegras. Anners as die grot. Die grot ruik na rook en as en grond en smeergoed. Ek kyk om my rond. Dis die tyd wanner die Maangees haar hele gesig wys, die tyd vannie baie klein minwater ennie baie groot grootwater. Ek kan die paadjie oor die vlakte see kant toe mooi sien. Die manne het al klein geword. Ek loop agter hulle aan. Ek trap suutjies in hulle spore.

    Waar die vlakte ophou, is dit steil af strand toe, maar daar is ’n paar trappe uitgekrap waar die witklip deurwys. My voete loop my lig en vinnig tot waar die sand plat word, waar dit oopsprei innie maanblou, blinknat soos die binnekant van ’n skulp. ’n Ent verder lê die bult vannie walvis innie vlak water. Sekerlik het die grootste golf vannie grootwater hom vasgevang en uitgestoot op die strand en toe teruggetrek, en hy kon nie terugswem nie. Vanaand is die minwater bitter min, en voor die grootwater weer opstoot, sou hy te min krag het om te probeer terugswem.

    Maar hy het lankal nie meer asem nie. Om hom spoel die water al hoe swarter. Dis sy bloed. Hy is al klaar aan die een kant ’n ent gestroop. Oral buk en skarrel die manne vannie Visarend, elkeen met sy skarrewee. Versigtig kruip ek nader. Hurk agter ’n bossie. Naby genoeg om te kan kyk en hoor. Dis ’n klomp jongeres, sien ek nou. Hulle het gekom met sleeprame. Soveel soos allie vingers aan een hand, gemaak van twee lang takke met twee kort takke dwarsoor vasgemaak en ’n stuk bokvel tussenin gespan waarop die stukke gepak kan word. Bo-oor trek hulle die net en bind dit vas. Die vet is wit en gladblink innie lig vannie Maangees.

    Ek kan amper nie glo wat ek sien nie. Onse heiligdier! Onse ga we vannie Seegees! Sommer begin te gryp! Oeha, hulle moet baie honger is.

    Hoofman Atto gaan staan, arms gevou oor sy breë bors, stewige bene soos bome met diep wortels. Ons grot se manne, ammal man ne vannie Walvisstam, staan skouer aan skouer weerskante van hom. Innie dowwe lig sien ek die waaierstert vannie walvis wat op elkeen se rug oor die skouers uitgekerf is.

    sê Atto. Nie vriendelik nie.

    Atto, my herd-pa. Ek woon by sy herd. Hy het ’n sterk stem en dit dra innie stil aand bo die fluisterstem vannie Seegees. Die manne wat aan die walvis werskaf, staan regop en ’n ent tru. Die bloedwater spoel om hulle enkels.

    vra Atto,

    G’n antwoord nie. Hulle hou hulle koppe skeef, kyk nie op nie.

    Steeds g’n antwoord nie.

    Harder: Hy skree nou:

    Die een jongman vannie Visarende gee antwoord. Dis Tinor, dink ek. Hy’s die seun van ’n man vannie Elandstam, maar hy woon nou by Hoofman Umak se herd, want sy eie herd-pa het afgedood in ’n geveg tussen die Elande ennie Visarende. Tinor is die Visarende se beste vegter en  jagter. Ek sien nie vir Umak self hier nie. Wonner of hy ooit hiervan weet. Hoe kan hy so ’n verkeerde ding lat gebeur?

    brom Tinor. Hy druk sy vuiste in sy sye. Lig sy ken. ’n Kwaadsoeklike man, hy, so sê hulle.

    Atto sê:

    G’n antwoord nie. Tinor se manne lyk niks beskaamd nie. Dié met die sleeprame bly staan, bly klou aan wat hulle het. Die anner staan dreigend nader, kort spiese innie hand. Hulle sal hulle buit beskerm.

    Nou bulder Atto:

    Bars.

    Lelike woorde. Gevaarlike woorde. Die Seestamme is nie me kaar se vyande nie. Ons het een Hoofman-Owerste en ons staan saam in baklei en werk saam in vrede. Maar dis onse heiligdier. Ons móét hulle keer. Dis ’n groot steelkwaad, hierie.

    Die Walvismanne lig hulle kort spiese. Dreig. Die Visarende het nie net spiese nie, hulle het ok skerp mesklippe innie hand waarmee hulle die walvis gesny het. Hulle het goed geweet hier kom altemit ’n geveg. So honger is hulle lat hulle sowaar die Saam staanblo vannie Seestamme wil breek. Dit is baie erger as om die kos vannie Landstamme te probeer vat. Dit is baie, baie erg. As die Seestamme teen mekaar begin draai, gaan niks meer is soos dit moet is nie. Soos dit ammelee was nie. Soos die Voorouers dit wil het nie. Soos die Groot Gees dit bestem het nie.

    Dit is taboe.

    Daar kom ’n donker bang oor my. As hier ’n groot baklei kom, wat gaan dan van my word?

    Ek is geblo aan Hoofman Umak vannie Stam vannie Visarend, die eerste keer lat my maanbloed gekom het. Umak se suster Raki is weer my pa se blyvrou by sy herd vanlat my ma afgedood het. Umak het baie meer winters as ek, maar hy soek die jong vrou wat kan ramkinners uitbring om by sy herd te woon. Tinor is nie sy eie herd-seun nie. Dia, sy eerste vrou, kon in baie winters g’n baba uitbring nie. Die Groot Gees maak baie babas in haar wakker, maar hulle bly nie sit nie. Umak het die bokke vir die bloruil amper ammal al gebring. Ons moet saamgebind word, ek en hy, sodra hy die laaste bok bring. Dan sal ek sy voorvrou word en Dia sal dan net ’n byvrou is.

    Toe ek geblo is, het ek soveel winters gehad as al my vingers en nog so ’n paar. Maouma was bly toe ek haar sê my maanbloed het gekom, sy sê sy’t al gewonner of daar fout is met my.

    AMA

    Ek dink weer hoe dit was daai dag, die oggend toe ek wakker word en ek voel dis taai hier tussen my bobene, en ek vat daar, en ek ruik die rou bloedreuk en ek skrik eers maar toe weet ek. Ek roep na Maouma. Ek sal nie vir Raki sê nie, sy is nie my ma nie.

    sê ek, skaam maar ok trots,

    Vinnig kry sy die goed wat sy nodig het bymekaar en gaan buitetoe. Ek weet sy gaan nou vir my ’n maanbloedskerm bou, hoër op teen die krans bokant en agter die

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1