Weg!

BOEKE EN MUSIEK

Hiking Trails of South Africa

Deur Willie Olivier, Struik Nature R340 in boekwinkels

Soos met alles anders soek ons deesdae ook aanlyn na staproetes. Maar nie alle roetes is op die internet nie, en party se webtuistes is nie gebruikersvriendelik nie. Dis wat hierdie gidsboek so kosbaar maak: Dis die volledigste bundel van plaaslike staproetes wat ’n mens kan kry! Dit bevat meer as 500 dag-, naweek- en meerdagroetes om van te kies – insluitend 60 nuwe roetes.

Dis die vyfde uitgawe van die gids en aan die struktuur is daar nie veel gekarring nie. Die indeks wat altyd voorheen agterin die boek was, is wel weggelaat. Wat ’n jammerte! Om nou ’n roete na te slaan moet ’n mens reeds weet in watter streek dit lê, waar jy voorheen net met ’n vingerpunt deur die alfabetiese lys kon snuffel. Afgesien daarvan is die boek baie prakties.

Olivier het Suid-Afrika in sewe geografiese streke verdeel en elke afdeling word ingelui deur ’n ordentlike kaart waarop ’n mens presies kan sien waar elke staproete in dié gebied lê. Die genommerde roete-inskrywings het elkeen ’n opsomming van die nodigste inligting: Die naaste dorp, die afstand en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg5 min read
Ken Jy Al Dié Dagroetes?
Welmé de Beer, George welme.debeer Vensterberg (1 309 m) is definitief die piek wat my met die mooiste uitsigte beloon, ongeag die tyd van die dag. Met sonopkoms en sonsondergang doen die piek sy naam gestand, veral as daar ’n paar dramatiese wolke
Weg1 min read
Afrika Op Sy Beste
Elke keer as ek na hierdie foto van die Wolfbergboog kyk, is ek dadelik weer dáár – saam met my stapmaats op die laaste oggend van ’n onvergeetlike trek deur die Sederberg. Ons drink koffie terwyl die son opkom en sê nie veel nie. Af en toe tik een n
Weg6 min read
Wat Klip Ons Vertel
Vir die eerste seevaarders wat om die Kaap gevaar het, was Tafelberg hoofsaaklik ’n baken. Dié strak klipmassa, reeds vir kilometers sigbaar vanaf die oopsee, het bevestig: Die skip is nog op koers – maar niks meer nie. Tóé was daar nog nie sprake va

Related