Weg!

BOEKE EN MUSIEK

Hiking Cape Town

Deur Evelyn John Holtzhausen, Penguin Random House R290 in boekwinkels

Met honderde dagstaproetes is dit moeilik om in die Kaap-omgewing te besluit waar jy komende Saterdag wil stap. Hierdie gidsboek – bestaande uit 35 van die mooistes – maak die keuse maklik.

Dis hoofsaaklik vir stappers wat Tafelberg en die Skiereiland te voet wil verken, maar ’n handjievol roetes in die Helderberg, Hottentots-Holland-reeks en die Kogelberg-natuurreservaat voorsien vir lekker uitstappies in die Boland en Overberg.

’n Sleutel aan die begin van elke roetebeskrywing lys die basiese inligting: die beginpunt (asook dié se GPS-koördinate), afstand en duurte, moeilikheidsgraad, wat die terrein behels en of honde toegelaat word. Dís gewoonlik genoeg om te besluit of ’n roete vir jou is of nie.

Maar Holtzhausen noem ook ’n belangrike faktor wat die meeste gidsboeke versuim: Wat maak die weer op dié roete? Waai die suidooster kwaai teen die hoogtes? Stap jy in volson of is daar koeltekolle? Raak dit mistig? Of modderig en gevaarlik ná reën? Die daaropvolgende roetebeskrywing is bondig maar deeglik, met

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg7 min read
Boeke En Musiek
Deur Karen Paolillo, Penguin Books R300 in boekwinkels Dit Brit Karen Paolillo beskerm reeds die afgelope drie dekades die seekoeie in die Turgwerivier in die suidooste van Zimbabwe. Hierdie boek volg op A Hippo Love Story, wat in 2014 verskyn het, e
Weg2 min read
Kortliks
Jou Suid-Afrikaanse paspoort – met die gepaste bynaam “Groen Mamba”– mag jou dalk nie ver bring in plekke soos Europa en Noord-Amerika nie, maar daar is steeds lande waarheen Suid-Afrikaners sonder ’n visum én met ’n taamlike gunstige wisselkoers kan
Weg2 min read
Taai Gebore… En So Gelaat Staan
Die eerste Cruiser 70 het sy verskyning in 1984 gemaak, min of meer dieselfde tyd as die fliek Back to the Future. Klim jy agter die stuur van enige 70-Reeks, voel dit inderdaad asof jy na die 1980’s teruggevoer word. Die handvatsels, sitplekke en de

Related