Weg!

WENBRIEF

Op ’n ysterperd deur die Karoo

Ek het die artikel “Die Karoo kom lê in jou hart” in Weg #178 vreeslik geniet. Sestig jaar gelede het ek en my pêl Dennis Buys (ek en Dennis is al vriende van sub B af ) ook deur die Karoo getoer op ’n motorfiets.

In 1956 was ek ’n deeltydse rekenmeesterstudent aan die Howard College in Durban (nou die Universiteit van KwaZulu-Natal) en Dennis ’n “appy mechanic”. Ons het besluit om oor Bloemfontein, waar my tannie Anna van Tonder gebly het, Kaap toe te ry vir ’n vakansie.

Ons rit het dramaties begin. Dit motreën in Durban en by die Bereaafrit gly die ysterperd onder ons uit en ons slaan neer! Gelukkig was daar geen skade nie en kon ons verder ry. Ek het vir my pa ’n telegram gestuur: “Afgeval, seergekry, opgeklim, weer gery.” Hy was nie beïndruk nie.

Ons rit oor die Van Reenen-pas was net so opwindend. Die pas – toe nog grondpad – was nat en glibberig. Toe ons ons weer kom

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg8 min read
’n Sagter benadering
Die lees van die woord “wildernis” vuur in baie stappers se gemoed ’n noodfakkel af. Hulle hou van stap en buite wees, maar soek sekere geriefies: ’n hut, spoeltoilet, gemerkte roetes… daai soort ding. Dit skep die verwagting dat jy deur digte plante
Weg6 min read
’n Kuier By Die Kokerbome
Augustus het al hoeveel keer probeer om lente te wees. Maar sy is deur die winter grootgemaak en sal nie sommer van haar koue, winderige gewoontes ontslae kan raak nie. Daarom staan ek en vriend Japie Kruger vanoggend steeds om die roosterkoekvuur by
Weg3 min read
Stap Teen Jou Eie Pas
Laat in Maartmaand was Jasmin Paris se foto oral in die media. Die een waar sy sommer met haar rugsak nog vasgegord inmekaargesak het. Haar bene is die ene skrape en modder, haar hare hang in sweterige slierte om haar gesig en dié spreek van ’n uitpu

Related