Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies - Reeks 5: Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies, #5
Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies - Reeks 5: Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies, #5
Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies - Reeks 5: Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies, #5
Ebook159 pages59 minutes

Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies - Reeks 5: Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies, #5

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

"Wie is Ek?" "Wie is Ons?"

 

Vir die vyfde en laaste keer stel veertien dierespesies of groepe diere van Afrika hulself aan jou deur kort raaisels bekend. Kan jy hulle almal identifiseer? Kan jou vriende dit doen? Kan jou familie? 

 

Deels raaisel, deels lewens-storie, deels veldgids tot identifikasie, elke hoofstuk word deur een of 'n groep bekende inwoners van Afrika se veld vertel. Elke hoofstuk is gepak met die nuutste inligting en geïllustreer met uitstekende beelde. Kom meer te wete oor elke spesie of groep se kenmerkende persoonlikheid, eienskappe en eienaardighede deur te probeer om die vrae te beantwoord "Wie is Ek?" en "Wie is Ons?".

 

Of jy nou net begin om vir die eerste keer jou eie boek te lees of jy het reeds al duisenderlei boeke gelees, hierdie versameling van raaisels sal jou vir seker aan die raai hou. Sommige raaisels is korter en makliker, ander is lank en uitdagend. Sodra jy begin lees, maak seker dat jy hierdie boek goed versteek – jy wil nie hê dat jou ma of pa 'n houvas op dit kry voordat jy hulle nog nie eers getoets het nie. 

 

"Wie is Ek?"

"Wie is Ons?"

Is jy reg vir dié uitdaging?

LanguageAfrikaans
Release dateMay 16, 2020
ISBN9781393335320
Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies - Reeks 5: Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies, #5
Author

T'nreb Rekabnessiev

T’nreb Rekabnessiev is an old man who lives in Johannesburg, South Africa, with his three dogs and a loving wife. He spends most of his days sitting on a tiny stoep, thinking of and dreaming about the bush and its myriad of inhabitants.

Related to Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies - Reeks 5

Titles in the series (5)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies - Reeks 5

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies - Reeks 5 - T'nreb Rekabnessiev

    My Naam is Cercopithecus pygerythrus – Wie is Ek?

    Jy sal ons maklik in die oostelike dele van suider-Afrika en ook Oos-Afrika kan vind, veral as jy langs riviere na ons soek. Ons bly ook graag aan die buitewyke van woude, maar jy sal ons nooit in oerwoude of droë gebiede soos die Karoo of woestyne teëkom nie.

    My familie is effens groter as joune. Ek bly met my ouers, my sussie en my jonger boeties saam. Daar is ook 'n paar tantes met hulle dogtertjies wat by ons aangesluit het. Ek het dus 'n klomp speelmaats.

    Anders as julle mense bou ons nooit 'n skuiling nie. Ons slaap in digte boomkrone of in baaie ruie bos. Soos julle is ons baie sosiaal – dit beteken dat ons altyd in 'n groter familie bly en nooit alleen loop nie. By ons is daar ook reëls oor wat ons mag en nie mag doen nie. En soos jy, kry ek ook pakslae as ek stout was.

    My lyf is lank en slank. My pels is van sagte, lang hare gemaak. My lyf is deurgaans van 'n ligte grys-olyf kleur – net my onderkant is spierwit. Soms lyk my lyf groenerig as die sonlig daarop skyn. My bene is redelik lank en sterk sodat ek vinnig kan hardloop. Ek kan ook baie goed bome klim en ek is 'n meester in die springkuns – ek seil maklik deur die lug van tak tot tak.

    My pote lyk nes jou hande – ek het ook vyf tone, elkeen met 'n plat naeltjie bo-op. Nes jou tone en vingers het myne ook diep riffeltjies wat vingerafdrukke agterlaat op alles wat ek aanraak – ek kan dus 'n baie sterk houvas op 'n tak uitoefen. Ek het ook 'n baie lang stert wat verseker dat ek my balans kan hou. Ek dra my stert meestal reguit oor my rug gevou met sy swart punt wat 'n bietjie na bo krul.

    Ek het 'n ronde gesig met 'n kort snoet omdat my kake effens na voor uitsteek. Die vel op my gesig is sonder hare en swart. Die vel om my oë het 'n ligte pienk skynsel. Op my voorkop het ek 'n band van wit hare bo my groot oë. Dié hare krul ook na onder toe langs die kante van my gesig af. Ek het ook 'n klein wit baardjie op my ken. Aan die punt van my snoet sal jy my lang neusgate vind. My ore is rond en steek nie meer só ver van die kante van my kop af uit nie soos hulle gedoen het toe ek nog 'n babatjie was. Hulle sit ook laag aan my kop vas sodat hulle nie ver bo my kop uitsteek nie. Al my sintuie is baie gevorderd en jy sal spook om van my af weg te kruip sonder dat ek jou nie maklik sal vind nie.

    Soos jy eet ek 'n groot verskeidenheid kos. My tande is dus nes joune gevorm. Ek hou van sagte blare en jong spriete, knolle, vrugte en grassade. Ek vang ook spinnekoppe, skerpioene, en insekte, veral termiete. Met my vingertjies grawe ek selfs kewerlarwes uit ou boomstompe uit. Ek drink byna nooit water nie; net soms in die winter is my kos so droog dat ek 'n sluk of twee koel water geniet.

    As ons deur die veld stap om kos te soek is ons baie stil. Net as iemand 'n jagter sien sal hy vir almal in ons eie taal sê waar en wie dit is wat ons bekruip. Dan sal jy 'n luide ‘kek-kek-kek’ hoor.

    In die aande, net voor slapenstyd, speel ons kleinspan wild – jy sal lekker lag oor ons gejaag deur die boomkrone, ons lang spronge en die poetse wat ons bak as jy ons só sou sien speel. Veral my pa en ouer tantes skel dan baie op ons om nie só laf te wees nie. Hulle wil hê dat ons stil bly sodat ons jagters ons nie sal kan opspoor nie.

    Hoe lank het dit jou gevat om uit te werk dat ek 'n blouaap, 'n Cercopithecus pygerythrus, is? Slim, nè!

    My Naam is Ardea goliath – Wie is Ek?

    Ek is een van die maklikste voëls vir jou om te vind as jy in die regte omgewing na my soek. My soort kom nog taamlik volop in Wes-, Oos- en Midde-Afrika voor – ons woon ook in die suidoostelike streke van suider-Afrika. My soort leef langs groot, vlak binnelandse waters soos mere, damme, groot vleie en groot riviere. Daar moet ook ruie rietbeddings wees of hoë papirus groei. Ons bly ook langs die kus by groot riviermondings. Ons vermy die droër gebiede van Afrika, soos woestyne en halfwoestyne.

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1