Weg! Ry & Sleep

Hoed af vir ereveldwagters

Ons het onlangs in die Kgalagadi-oorgrenspark by Twee Rivieren, Nossob en Mata Mata gekamp. Hier was ons bevoorreg om twee besonderse mense te ontmoet en ook meer te leer oor Sanparke se ereveldwagters.

Danie en Humilta Koch is van Langebaan en hulle harte lê in die Kgalagadi: “Die rooi sand is my hartplek,” sê Danie. Danie-hulle het onder meer met ’n verstopte toilet by ’n piekniekplek gehelp én ’n motoris wat batteryprobleme gehad het. Hulle het ook vir opwinding gesorg met die vang van ’n geelslang in die kampplek van Nossob waar hulle naby ons gekamp het.

Die ereveldwagters is natuurliefhebbers wat opgelei word vir geldinsameling, inligtingsessies, die verskaffing van middele en dienslewering om só die natuurlike erfenis van ons nasionale parke behoue te laat bly vir die nageslag. Ook die helikopters wat wildstropery beperk, die brandblussers op die wildbewaarders se bakkies en die onderhoud by voëlkykskuilings is maar enkele van hierde goeie mense se bydraes.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep1 min read
Pretblad
Kry die vetkryt en inkleurpotlode gereed en gee lewe aan die kobra. Soek die woorde op die lysie en merk hulle af. Daar is minstens tien verskille tussen die twee sketse. Kyk of jy hulle almal kan kry! Wys die doolhof wie’s baas. Onthou om eers ’n po
Weg: Ry & Sleep3 min read
Effens Langer, Veel Beter
Hierdie soort bakkies het verskeie name: Toyota noem syne ’n Xtra Cab, Isuzu het ’n Extended Cab, Nissan het ’n King Cab (hy is egter nie in SA te koop nie) en Ford s’n heet die Super Cab. Daar is natuurlik voordele rondom so ’n verlengde-enkelkajuit
Weg: Ry & Sleep3 min read
Eerste Indrukke Van Die ‘Nuwe’ 70-reeks
Laat in 2021 het ek in hierdie rubriek my mening gedeel oor die toekoms van die Toyota Land Cruiser 70-reeks, en spesifiek die 4.5-V8-turbodieselenjin. Nou, twee jaar later, is die 70-reeks met ’n 2.8-viersilinderenjin beskikbaar. Ek sien op YouTube

Related