Weg!

VOORAF

Ek en my We-e-e-...

Hierdie is sekerlik ’n eerste vir Weg? Ek was ’n tyd lank ’n gids vir die Kanadese toermaatskappy G-Adventures en het gereeld weke lank tussen Kaapstad en die dorp Livingstone in Zambië getoer. In 2010 het my broer, Mouton, vir ’n paar weke saam gereis.

By die Victoria-waterval het ons ’n Weg-tydskrif op sy rug vasgemaak voordat ons die 111 m-reksprong van die brug af aangepak het!

RUDOLF BADENHORST, Lilongwe

Dit wil gedoen wees, dankie, Rudolf. Ons vermoed dis die eerste keer in menseheugenis dat ’n tydskrif ’n reksprong doen. – Red.

Só moet jou dag begin

Die klok het skaars 8 vm. geslaan toe verskyn twee reënboë oor die T’Niqua Stable Inn ( tniqua.co.za) op Plettenbergbaai.

Dit het heelnag gereën en dié oggend was prentjiemooi.

Jy vergeet heeltemal van die stad se lawaai sodra jy jou tasse hier uitgepak en die fynbos geruik het. Later die middag het ons tot by die kranse gestap en nóg ’n mooi uitsig geniet.

CLARINDA SCHOEMAN, Pretoria

Op en Wakkerstroom

Ek het die artikel oor Wakkerstroom in Weg #177 baie geniet – ons gesin kuier

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg5 min read
Ken Jy Al Dié Dagroetes?
Welmé de Beer, George welme.debeer Vensterberg (1 309 m) is definitief die piek wat my met die mooiste uitsigte beloon, ongeag die tyd van die dag. Met sonopkoms en sonsondergang doen die piek sy naam gestand, veral as daar ’n paar dramatiese wolke
Weg1 min read
Afrika Op Sy Beste
Elke keer as ek na hierdie foto van die Wolfbergboog kyk, is ek dadelik weer dáár – saam met my stapmaats op die laaste oggend van ’n onvergeetlike trek deur die Sederberg. Ons drink koffie terwyl die son opkom en sê nie veel nie. Af en toe tik een n
Weg6 min read
Wat Klip Ons Vertel
Vir die eerste seevaarders wat om die Kaap gevaar het, was Tafelberg hoofsaaklik ’n baken. Dié strak klipmassa, reeds vir kilometers sigbaar vanaf die oopsee, het bevestig: Die skip is nog op koers – maar niks meer nie. Tóé was daar nog nie sprake va

Related