Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies - Reeks 4: Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies, #4
Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies - Reeks 4: Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies, #4
Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies - Reeks 4: Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies, #4
Ebook161 pages59 minutes

Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies - Reeks 4: Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies, #4

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

"Wie is Ek?" "Wie is Ons?"

 

Vir die vierde keer stel veertien dierespesies of groepe diere van Afrika hulself aan jou deur kort raaisels bekend. Kan jy hulle almal identifiseer? Kan jou vriende dit doen? Kan jou familie? 

 

Deels raaisel, deels lewens-storie, deels veldgids tot identifikasie, elke hoofstuk word deur een of 'n groep bekende inwoners van Afrika se veld vertel. Elke hoofstuk is gepak met die nuutste inligting en geïllustreer met uitstekende beelde. Kom meer te wete oor elke spesie of groep se kenmerkende persoonlikheid, eienskappe en eienaardighede deur te probeer om die vrae te beantwoord "Wie is Ek?" en "Wie is Ons?".

 

Of jy nou net begin om vir die eerste keer jou eie boek te lees of jy het reeds al duisenderlei boeke gelees, hierdie versameling van raaisels sal jou vir seker aan die raai hou. Sommige raaisels is korter en makliker, ander is lank en uitdagend. Sodra jy begin lees, maak seker dat jy hierdie boek goed versteek – jy wil nie hê dat jou ma of pa 'n houvas op dit kry voordat jy hulle nog nie eers getoets het nie. 

 

"Wie is Ek?"

"Wie is Ons?"

Is jy reg vir dié uitdaging?

LanguageAfrikaans
Release dateMay 13, 2020
ISBN9781393069379
Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies - Reeks 4: Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies, #4
Author

T'nreb Rekabnessiev

T’nreb Rekabnessiev is an old man who lives in Johannesburg, South Africa, with his three dogs and a loving wife. He spends most of his days sitting on a tiny stoep, thinking of and dreaming about the bush and its myriad of inhabitants.

Related to Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies - Reeks 4

Titles in the series (5)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies - Reeks 4

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Wie is Ek? Wie is Ons? Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies - Reeks 4 - T'nreb Rekabnessiev

    My Naam is Paraxerus cepapi – Wie is Ek?

    Ons woon in die bosveldstreke van suider-Afrika. Ons hou niks van oerwoude, grasvelde of baie droë gebiede nie. So jy moet in die vogtiger streke aan die oostelike kant van ons land na ons soek. Solank daar groot bome met dik stamme groei sal jy ons daar vind.

    Nes jy het ek 'n klein familie. Ek woon met albei my ouers en my sussies en boeties saam. Jy woon in 'n huis wat van stene en sement gebou is; daarenteen bly ons in 'n snoesige nes wat ons self in die holte van 'n groot boomstam ingerig het. Ons het grasse en droë blare bymekaar gepak om ons holtetjie gerieflik en warm te maak. Daar slaap ons die lang nagte om, nes jy in jou eie bed in 'n veilige huis slaap.

    In die vroeë oggend as die lug nog koud is, sal jy my op 'n boomtak of stam sien waar ek in die sonskyn lê. Só word my klein lyfie gou warm.

    As die middagson sy hitte op die bosveld neerskyn sal jy my in 'n koel skaduweekolletjie kry waar ek teen die hitte skuil. Maar in die laatoggend en vroeë middag sal jy my sien rondhardloop, spring en klouter soos ek van boom tot boom, van struik tot struik beweeg om my kos te soek.

    My klein lyfie is lank en slank. My bene is stewig maar kort – só kan ek vinnig en laag teen 'n boomstam of teen die grond skarrel sonder dat 'n vyand my maklik sal raaksien. My tone het elk 'n lang skerp klou waarmee ek maklik teen 'n loodreg boomstam kan uitklouter. Ek is baie rats; ek dink ek is vinniger as wat jy is. As ek hardloop, hou ek daarvan om ver spronge oor lae hindernisse te waag. Ek kan ook blitsvinnig van rigting verander. Jy sal my nie sommer so kan vang nie.

    My pels is van sagte, langerige hare gemaak. Hy is deurgaans van 'n donker oranje-goud kleur. Ek het 'n lang stert wat met langer hare spog. As dit koud is, pof ek my hare op om nie hitte te verloor nie. Só dra ek my eie trui saam op my lyf – jy moet joune gedurig aan- en uittrek.

    My kop is rond en ek het net 'n kort snoet. My tandjies is baie anders as joune – ek is 'n knaagdier. Dit beteken dat my voorste tandjies lank groei om soos beitels te lyk. Met hulle kan ek maklik selfs aan die hardste sade knaag. My agterste tandjies is plat met diep riwwe op sodat ek die harde kos wat ek eet kan fynkou. Ek het ook groot kieste waar ek kos kan bêre.

    Ek het groot oë wat na weerskante van my kop kyk. Hulle is baie skerp en sien die kleinste bewegingkies in die veld raak. Ek het ronde oortjies wat nie ver bo my kop uitsteek nie. My ore is klein maar hulle luister baie fyn en hulle tel selfs die sagste geluide om my op. My klein neusie tel ook die vaagste reukie van lekker kos op. Om my neusgate het ek 'n yl snor van lang swart hare – hulle laat my weet of 'n holtetjie waarin ek wil skuil breed genoeg is om my hele lyf in te kan druk.

    Ons kleintjies hou daarvan om resies te hardloop. Ons jaag mekaar deur die bome – ons spring van tak na tak, stam na stam. As ons op die grond hardloop, spring ons sommer in lang boë. Jy sal lag as jy ons só sien speel.

    Ek hoef nie water te drink as die kos wat ek eet sappig genoeg is nie. Ek hou die meeste van dik sade en soet vrugte as ek hulle in die bosveld kan vind. Maar ek eet ook klein, droë saadjies as dit in die wintermaande vir lank nie gereën het nie. Anders as jy eet ek nooit vleis nie.

    Ek is 'n boomeekhoring soos jy maklik uitgewerk het. Die naam wat die wetenskaplikes vir my gegee het is Paraxerus cepapi.

    My Naam is Ardeotis kori – Wie is Ek?

    Ek hou glad nie van die gewone naam wat julle mense vir my gegee het nie. Julle het my naam sommerso saamgevoeg uit 'n soort kos wat ek selde eet en die naam van 'n arrogante Indiese voël wat glad nie familie van my is nie.

    In die verlede het julle mense baie van my soort uitgeskiet. Deesdae is ons redelik skaars. Jy sal een van my soort wel nog kan vind – veral as jy in 'n natuurreservaat na ons soek. My soort oorleef nog in

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1