Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Wat dit beteken om so wys soos 'n slang te wees
Wat dit beteken om so wys soos 'n slang te wees
Wat dit beteken om so wys soos 'n slang te wees
Ebook186 pages2 hours

Wat dit beteken om so wys soos 'n slang te wees

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Jesus het gesê: Wees so wys soos slange en so opreg soos die duiwe. Is slange werklik wys? Waarom sou Jesus hierdie raad gee? Gaan op reis deur hierdie boeiende boek deur Dag Heward-Mills en ontdek die verborge wysheid van die slang.

LanguageAfrikaans
Release dateJul 18, 2018
ISBN9781641344609
Wat dit beteken om so wys soos 'n slang te wees
Author

Dag Heward-Mills

Bishop Dag Heward-Mills is a medical doctor by profession and the founder of the United Denominations Originating from the Lighthouse Group of Churches (UD-OLGC). The UD-OLGC comprises over three thousand churches pastored by seasoned ministers, groomed and trained in-house. Bishop Dag Heward-Mills oversees this charismatic group of denominations, which operates in over 90 different countries in Africa, Asia, Europe, the Caribbean, Australia, and North and South America. With a ministry spanning over thirty years, Dag Heward-Mills has authored several books with bestsellers including ‘The Art of Leadership’, ‘Loyalty and Disloyalty’, and ‘The Mega Church’. He is considered to be the largest publishing author in Africa, having had his books translated into over 52 languages with more than 40 million copies in print.

Related to Wat dit beteken om so wys soos 'n slang te wees

Related ebooks

Related articles

Reviews for Wat dit beteken om so wys soos 'n slang te wees

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Wat dit beteken om so wys soos 'n slang te wees - Dag Heward-Mills

    Die wysheid van slange

    … wees dan wys soos die slange en opreg soos die duiwe.

    Mattheüs 10:16

    (Die Afrikaanse Vertaling van 1953 lees by hierdie vers versigtig soos die slange. In die King James Version, wat in die oorspronklike Engelse boek gebruik word, lees dit wise as serpents. Vir die doel van hierdie boek word die Afrikaanse Vertaling by hierdie vers in lyn gebring met die bewoording van die King James Version.)

    Slange is wys

    Dit is nie vreemd dat mense vir slange bang is nie. Dit is ook nie vreemd dat mense ’n groot respek vir slange het nie. Dit is ’n feit dat slange verstommende diere is wat op ’n voortreflike manier oorleef en vermenigvuldig ten spyte van die algemene haat wat teenoor hulle bestaan.

    As Jesus nie oor die wysheid van die slange gepraat het nie, sou ons miskien die voortreflike wysheid misgekyk het waarmee hulle lewe. Omdat Jesus die wysheid van die slange uitgewys het, moet ons almal spesiale aandag aan hierdie diere gee en van hulle leer wat ons kan. Wat is daarom die wysheid van ’n slang? Wat maak ’n slang wys?

    Sou jy nie daarvan hou om die wysheid te vind wat jou meer as al jou kollegas vooruitgang sal laat maak nie?

    Sou jy nie die wysheid wil vind wat jou te midde van sterk teenkanting en haat suksesvol sal maak nie?

    Sou jy nie die wysheid wou hê wat jou voorspoedig sal maak deur al die veranderende situasies van die lewe nie? Op stuk van sake, hoeveel mense is in staat om deur al die stadiums van hulle lewe ryk en voorspoedig te bly?

    Sou jy nie die wysheid wou gehad het wat mense jou sou laat vrees en jou met groot respek sou laat behandel nie? Wil jy nie die wysheid hê wat jou in staat sal stel om al die doelstellings in jou lewe stilweg te bereik nie?

    Ek is seker jy wil sulke wysheid hê. Dit is voorwaar die wysheid van die slang! Dit is waarom Jesus gesê het dat ons so wys soos die slange moet wees.

    Sewe redes waarom slange as wys beskou word

    Slange word as wys beskou omdat hulle meer as enige ander wilde dier vermenigvuldig en gefloreer het.

    Slange word as wys beskou omdat hulle in ’n wêreld voortbestaan het wat al hoe meer modern word. Jy sal oplet dat baie wilde diere in ons moderne wêreld uitsterf.

    Slange word as wys beskou omdat hulle in staat was om te floreer selfs al word hulle deur almal gehaat.

    Slange word as wys beskou omdat hulle vrees en respek by mense wakker maak. Mense vrees en respekteer nie baie diere nie, maar hulle vrees en respekteer slange.

    Slange word as wys beskou op grond van hulle vermoë om op elke vasteland en in elke deel van die wêreld te leef.

    Slange word as wys beskou op grond van hulle vermoë om in alle omstandighede te funksioneer: op land, in die see, in vars water en selfs in die lug.

    Slange word as wys beskou op grond van hulle vermoë om hulle doelwitte in hierdie wêreld te bereik. Ten spyte daarvan dat almal en alles teen hulle is, is hulle in staat om te lewe, te eet en te vermenigvuldig.

    Om wys te wees, moet jy dink, mediteer en oor feite, waarhede en stellings nadink. Jy kan nie net vinnig by diep waarhede verbygaan wat so baie beteken nie. Toe Jesus gesê het: Wees wys soos die slange, het Hy ’n duister uitspraak gemaak, maar ook ’n uitspraak wat vol wysheid, betekenis en rigtinggewing is. Elke hoofstuk van hierdie boek bevat een faset van die groot wysheid van slange wat hulle meer suksesvol gemaak het as enige ander wilde dier wat in ’n dieretuin aangetref word.

    Het jy al ooit daaroor nagedink dat daar geen leeus is wat naby jou huis rondsluip nie? Maar daar is waarskynlik slange in jou omgewing. Ek het slange in elke huis gesien waarin ek ooit gebly het. Leeus kom eenvoudig nie in jou omgewing voor nie. Hulle is uitgeroei omdat hulle nie met die wysheid optree wat slange het nie. Hulle tree met ’n ander soort wysheid op – die wysheid van leeus.

    Die wysheid van ’n leeu bring mee dat ons groot respek en vrees vir leeus het. Maar die wysheid van ’n leeu het nie die leeu in staat gestel om suksesvol in stede oral oor die wêreld te floreer en te vermenigvuldig nie. Die getal leeus verminder! Leeus is besig om uit te sterf! Slange word aan die ander kant op ’n geheimsinnige wyse in elke stad en woonbuurt gevind. In daardie sin is die slang wyser as die leeu omdat dit voortbestaan en gefloreer het en voorspoedig was waar die leeus al minder geword het en uitsterwing nader.

    Hoofstuk 2

    Meesters van ’n onafhanklike leefstyl

    … en julle eer daarin te stel om rustig te lewe en julle eie sake te behartig en met julle eie hande te werk, soos ons julle beveel het, sodat julle welvoeglik kan wandel teenoor die wat buite is, en aan niks behoefte mag hê nie.

    1 Thessalonicense 4:11-12

    Slange is wys omdat hulle nie van buitestanders afhanklik is nie

    ’n Leier moenie van iemand afhanklik wees om respek van buitestanders af te dwing nie. ’n Bedienaar moet hard werk om alle vorms van bedelary te vermy. Bedelary is bedelary, of dit nou presidente, politici of pastors is wat dit doen! Bedelary is bedelary selfs wanneer dit eerbare name kry soos soek na beleggers, soek na hulp of die bywoning van donateur-konferensies. Die alternatief van om op ander te steun, is om aan jou eie sake aandag te gee en met jou eie hande te werk.

    Waarom gaan jy rond om te bedel en vir dinge te vra? Luister na wat Dawid gesê het.

    Ek was jonk, ook het ek oud geword, maar nooit het ek die regverdige verlate gesien, of dat sy nageslag brood soek nie.

    Psalm 37:25

    Is jy nie skaam daaroor dat jy met jou lewe voortgaan en altyd hoop dat iemand vir jou iets sal gee nie? Dink jy dat buitestanders enige respek vir jou het wanneer jy voortdurend van hulle afhanklik is? Dit is nie die geval nie! Lees die Bybel deeglik en dink daaroor na.

    … en julle eer daarin te stel om rustig te lewe en julle eie sake te behartig en met julle eie hande te werk, soos ons julle beveel het; sodat julle welvoeglik kan wandel teenoor die wat buite is, en aan niks behoefte mag hê nie.

    1 Thessalonicense 4:11-12

    Slange toon dat hulle meesters van ’n onafhanklike leefstyl is. Hulle is in staat om self te oorleef van die dag af dat hulle gebore word. Om so wys soos ’n slang te wees, moet jy in staat wees om onafhanklik te lewe. Dit is ’n jammer gesig om te sien hoe presidente van arm volke rondgaan om geskenke en lenings van ryker lande te kry.

    Ongelukkig was baie volke wat gekoloniseer is, nie in staat om sonder hulle koloniale meesters te oorleef nie. Hulle is eenvoudig nie tot onafhanklikheid in staat nie. Baie arm lande is mislukte state wat nie in staat is om hulleself te regeer nie! Hulle het vir onafhanklikheid geveg, maar hulle is glad nie onafhanklik nie. Hulle vier onafhanklikheid elke jaar, terwyl hulle in werklikheid hulle voortdurende afhanklikheid moes beween het.

    Hopeloos onbevoegde leiers het volke geregeer en hulle in ’n afwaartse spiraal na steeds dieper armoede gelei. Die feit dat leiers nie in staat is om paaie tussen twee stede te bou nie, of om elektrisiteit, water, skole en hospitale te bou nie of elektrisiteit, water, skole en hospitale te voorsien nie, is die bewys van swak en onbevoegde leierskap. Vir die leiers van sommige arm volke beteken leierskap van ’n nasie om rond te gaan en vir geld te bedel.

    Slange is aan die ander kant onafhanklik van die dag af wat hulle gebore word en is in staat om weg van hulle ouers af suksesvol te lewe. Die meeste slange kan doodmaak van die dag af dat hulle gebore word en hulle lewe dikwels alleen van die eerste dag van hulle lewe af. Anders as sekere nasies wat gawes en gifte van ander nasies nodig het om te oorleef, het slange geen hulp nodig nie en is hulle in staat om ’n suksesvolle en onafhanklike lewe te lei.

    Hoe om te toon dat jy tot onafhanklikheid in staat is

    1. As jy wys is soos ’n slang, sal jy nie geld, gawes, toekennings, donasies of selfs lenings verwag nie

    Toe antwoord Abram die koning van Sodom: Ek hef my hand op tot die HERE, God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde, dat ek geen draad en geen skoenriem, ja, dat ek niks sal neem van alles wat uwe is nie, sodat u nie kan sê nie: Ek het Abram ryk gemaak.

    Genesis 14:22-23

    Abraham het niemand nodig gehad om hom ryk te maak nie. Hy wou in werklikheid nie hê dat enigiemand moet dink dat hulle hom ryk gemaak het nie.

    Dit is kinders wat altyd verwag dat Mamma en Pappa vir hulle iets sal gee om hulle probleme op te los. Wanneer iemand nie tot ’n onafhanklike lewe in staat is nie, verwag hy dikwels dat mense vir hom iets moet gee. Baie mense kyk na Amerika en Engeland en verwag om iets te ontvang. Die feit dat jy selfs dink dat Amerikaners en Europeërs jou te hulp sal snel, bewys dat jy nie tot ’n onafhanklike lewe in staat is nie.

    Jy moenie verwag dat enige buitestander jou ryk sal maak nie. Waarom wil jy hê dat iemand vir jou iets moet gee? Waarom is jy altyd besig om te kyk, te hoop en te verwag dat jy ’n geskenk, ’n lening of ’n bydrae sal ontvang? Onbevoegde leiers skop in werklikheid stof in jou oë wanneer hulle aankondig dat hulle ’n lening soek om ’n projek aan te pak. Baiekeer is daar nie die nodigheid vir ’n lening nie. Daar is eenvoudig net ’n behoefte daaraan om vermorsing, korrupsie en die swak bestuur van hulpbronne uit te skakel. Hierdie slegte leiers mislei die massas met hulle praatjies van lenings wat verkry moet word. Maar diegene wat deur die rook en die mistigheid kan sien, weet dat daar in werklikheid nie die nodigheid vir ’n lening is nie.

    Jy moet op so ’n manier lewe dat dit jou onafhanklik van ’n eksterne donateur sal maak. Hopeloos onbevoegde leiers is altyd opgewonde om konferensies van donateurs by te woon om te hoor watter toekennings en gawes vir hulle uitgedeel sal word. Verstommend genoeg raak sommige van hierdie leiers by hierdie byeenkomste van donateurs aan die slaap, omdat hulle eenvoudig net ver te kort skiet wanneer dit by leierskap kom.

    2. As jy wys is soos ’n slang, sal jy meester van jou lewe wees en nie iemand nodig hê om dinge rondom jou te bou nie

    Jou wysheid sal jou laat opstaan en dinge vir jouself laat bou. Dit is waarom gesê word dat iemand wys is wanneer hy dinge gebou het. Die onvermoë om te bou vertoon die gebrek aan wysheid. As jy wys soos ’n slang is, sal jy opstaan en die dinge bou wat jy nodig het. Salomo het baie dinge self gebou. Hy het huise gebou, wingerde geplant, tuine en vrugteboorde aangelê, verskillende soorte vrugtebome geplant en damme gebou.

    Ek het groot werke onderneem: ek het vir my huise gebou, ek het vir my wingerde geplant.

    Ek het vir my tuine en parke aangelê en daar allerhande vrugtebome in geplant.

    Ek het vir my damme

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1