Weg! Ry & Sleep

Slange... Feite & fabels

Sedert die oertyd al vertel mense bangmaakstories oor slange, en dit is iets wat vir Johan Marais van die Afrika-slangbytinstituut dwars in die krop steek. Hy sê slange is nié skoorsoekers wat mense soek om seer te maak nie, maar eerder skugter en senuagtige diere wat verkies om te vlug eerder as veg.

Bedrywige vakansieoorde is grootliks slangvry juis omdat hierdie diere skugter is, maar as jy in ’n stiller nasionale park kamp, gaan jy moontlik die Bybelse oervyand raakloop.

1 Alle slange is giftig

Daar is 176 slangspesies in Suider-Afrika waarvan slegs 20 lewensgevaarlik en 30 relatief gevaarlik is. Dit los ons met 126 spesies waaroor jy jou nie hoef te bekommer nie.

2 Slanggif kan uit ’n bytplek gesuig word

Ons pak die skuld vir dié wanopvatting op ou cowboyflieks. Kwaksalwers verkoop deesdae pompies waarmee jy die gif van ’n slang uitsuig, maar dit is ondoeltreffend omdat gif onmiddellik deur jou bloed opgeneem word. Konyne is in 1962 al in ’n eksperiment deur J.H.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep7 min read
Watwo, Hittegolf!
Outdoor Warehouse, Camp & Climb, Tentco, Falkson, Seagull Industries, Adendorf, CJ Aircons, MacLaren Air Staal is ’n goeie geleier van hitte, en die tweede wet van termodinamika lui dat hitte spontaan vanuit ’n warm medium (jou hand) na ’n koue een
Weg: Ry & Sleep3 min read
Waar Gaan Die Tyd Heen?
Dit verstom my al hoe meer hoe vinnig die tyd deesdae verbyflits. Is dit net ek of het ons net nou die dag nog vir mekaar ’n voorspoedige nuwe jaar toegewens? Nou is die eerste amptelike blaaskans vir die jaar al op ons... As jy slim was en ’n bietji
Weg: Ry & Sleep3 min read
Gebou Soos ’n Tenk
Great Wall Motor – of dan GWM – vier vanjaar sy 17de bestaansjaar in Suid-Afrika. Dié private maatskappy is die grootste vervaardiger van bakkies en sportnutsvoertuie in China en wys behoorlik sy staal teen voertuigvervaardigers soos BAIC en Chery wa

Related Books & Audiobooks