Wat ’n vriend het ons in diere
Dit is ’n enorme voorreg om in ’n huis groot te word wat jy met troeteldiere deel. Vandag nog onthou ek iedere dier van my grootwordjare: My eerste hond, Woefie, was ’n bruinerige steekhaarbrakkie en ons was onafskeidbaar: Ons het mekaar deur die dag moeg gespeel en saans tevrede in mekaar se arms aan die slaap geraak.
Daarna het ’n hele paar ander diere gevolg: Ek onthou veral vir George, ’n kruising tussen ’n Duitse herdershond (pels en kleur) en ’n sint bernard (gesigvorm en grootte), en Kallie Kieterkat, ’n rampokkeragtige swart opdaagkat wat de laaste een in ons gesin beheer en soms geterroriseer het, maar ook diep in elkeen van ons se hart gekruip het. Hy het horingoud geword.
Toe, in 1979, kry ek my eerste eie troeteldier. Ek het maande lank gespaar en uiteindelik, toe sy ses weke oud was, my R40 neergesit – destyds baie geld vir ’n st. 7-kind. Sy was ’n malteser en ek het haar Tossels gedoop, soos haar ma.
Tossels het my deur my tienerjare geneem – ja, die storm-en-drang verminder – my deur matriek gesien en uiteindelik, toe ek universiteit toe is, swaar afskeid geneem.
Dit het ’n mens se hart gebreek. My ma sou vertel hoe Tossels die eerste paar weke op die voorstoep gesit en wag het. Sy het in die
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days