Huisgenoot

REUSE ONDER ONS

EK KAN niks hoor nie.”

“Glad niks nie?”

“Eerlikwaar, net ’n suising. Is dit nie hier waar hy laas was nie?”

“O, maar dit was baie vroeg vanoggend. Kom ons soek hom.”

Ek sug en haal die oorfoon uit my oor. Ek is saam met Ronny Makukule en Jess Wilmot, twee ervare veldwagters, op die spoor van ’n olifantbul genaamd Bulumko in die verre noordooste van Suid- Afrika. Ek het verwag om ’n duidelike sein van die opsporingshalsband te hoor wat Bulumko nou al ’n paar jaar lank dra.

Die halsband kommunikeer met ’n satelliet; daarom kan ons van ver af weet waar hy rondbeweeg, maar nie vandag nie. Pleks daarvan is daar geen teken van hom nie, net ’n GPS-punt aanloklik naby wat ons ure gelede gekry het toe hy hier gewei het. Ek voel nogal omgekrap dat die tegnologie my in die steek gelaat het.

Ronny fynkam reeds die horison vanaf die seildak van ons bakkie, wat onder werknemers van Elephants Alive as “Shrek” bekend is. Dit is byna herfs, maar die dagtemperatuur kan steeds tot 34 styg, en Shrek is naas ’n swembad die beste plek waar jy kan wees.

Skielik glimlag Ronny. “Daar’s hy! In daardie groot klomp bome!”

Ek lig die verkyker. Ronny is reg. Bulumko . Hy is ’n tamaai en indrukwekkende bul in sy fleur, oud genoeg om kenmerkende kepe in

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot4 min read
Suidoosterfees: Kultuur In Die Kaap
Niks soos ’n bietjie humor om jou maagspiere te oefen nie! Die immergewilde FRANK OPPERMAN het oud en jonk laat skater met sy eenmanstuk. Hierin word die reünie van die Hoërskool Totius se 1980-matriekgroep gehou, en elke klasmaat kry ’n beurt agter
Huisgenoot5 min read
Ontwaking Ná Die Ongeluk
DEUR driedekadeshetsy eers as seun, tiener en toe jong man die peperboom se takke ál weier sien sprei voor die Brown-gesin se huis in Duynefontein by Melkbosstrand. Nou, op 38, groet Aurora Brown van die voordeur af, van agter die takke wat byna die
Huisgenoot1 min read
Vyf Kitsfeite Oor Majozi
1 “Ek is ’n koffiesnob, en jy kan met my toor as jy vir my ’n goeie pour-overkoffie maak.” 2 “My grootste guilty pleasure is ’n lekker soet pasteis de nata – die Portugese vla-tertjie.” 3 Hy is lief vir boks, en as hy nie op toer is of besig met musi

Related Books & Audiobooks