Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die kuns van leierskap
Die kuns van leierskap
Die kuns van leierskap
Ebook466 pages6 hours

Die kuns van leierskap

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Die roeping tot die bediening is 'n roeping tot leierskap. Met 'n gemaklike en praktiese benadering beskryf dr Dag Heward-Mills weer eens die beginsels wat van hom 'n uitstekende Christen-leier gemaak het. Die waarhede wat hier uiteengesit word, sal baie mense inspireer om die kuns van leierskap suksesvol te beoefen.

LanguageAfrikaans
Release dateJul 18, 2018
ISBN9781683982371
Die kuns van leierskap
Author

Dag Heward-Mills

Bishop Dag Heward-Mills is a medical doctor by profession and the founder of the United Denominations Originating from the Lighthouse Group of Churches (UD-OLGC). The UD-OLGC comprises over three thousand churches pastored by seasoned ministers, groomed and trained in-house. Bishop Dag Heward-Mills oversees this charismatic group of denominations, which operates in over 90 different countries in Africa, Asia, Europe, the Caribbean, Australia, and North and South America. With a ministry spanning over thirty years, Dag Heward-Mills has authored several books with bestsellers including ‘The Art of Leadership’, ‘Loyalty and Disloyalty’, and ‘The Mega Church’. He is considered to be the largest publishing author in Africa, having had his books translated into over 52 languages with more than 40 million copies in print.

Related to Die kuns van leierskap

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die kuns van leierskap

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die kuns van leierskap - Dag Heward-Mills

    Hoofstuk 1

    Alles hang af van die Leierskap

    Want kyk, die Here HERE van die leërskare sal uit Jerusalem en uit Juda wegneem die stut en die steun, elke stut van brood en elke stut van water, die held en die krygsman, die regter en die profeet en die waarsêer en die oudste; die owerste oor vyftig en die aansienlike en die raadsman en die knap ambagsman en die ervare besweerder.

    En Ek sal seuns hulle vorste maak, en moedswilliges sal oor hulle heers.

    En die mense sal mekaar verdruk, man teen man, en die een teen die ander; die seun sal die grysaard, die veragtelike sal die agbare stormloop.

    As ‘n man sy broer aangryp in die huis van sy vader en sê: Jy het ‘n kleed, jy moet owerste oor ons wees, en laat hierdie ingestorte puinhoop onder jou toesig wees— dan sal hy in dié dag uitroep en sê: Ek kan geen geneesheer wees nie, en in my huis is geen brood en geen kleed nie; maak my nie ‘n owerste van die volke nie.

    Die drywers van my volk is kinders, en vroue heers oor hulle. o My volk, jou leiers is verleiers, en die weg wat jou pad moes wees, het hulle tot ‘n dwaalweg gemaak.

    Jesaja 3: 1-7,12

    Wie hang af van Leierskap ?

    1. Die kerk is afhanklik van sy leierskap.

    In die Kerk, die gebrek aan ware leierskap gee aanleiding tot die verspreiding van sonde en kwaaddoeners as ook valse kerk leiers.

    Die gebrek aan ware leiers in ‘n kerk veroorsaak baie mense om hulle siele te verloor, sterf en hel toe gaan . Hoe kan dit wees ?

    ‘n ware leier in die kerk sal die gemeente lei om siele te wen en sendingwerk te doen . Wanneer die leierskap van ‘n kerk nie omgee vir die verlore siele nie , begin valse godsdienste en alternatiewe gelowe oorneem en insluip in die kerk.

    ‘n Liggaam sonder ‘n kop is geen liggaam nie. ‘n  kerk sonder ‘n ware leier is waarlik pateties! ‘n nasie sonder ‘n ware leier is vervloek ! Waarlik elke nasie styd en val op grond van sy leiers.

    Byna elke slegte situasie in die kerk kan toe geskryf word aan ‘n gebrek van ‘n goeie leier . Kerk opbrekeings en skandale is dikwels die gevolg van ‘n gebrek aan sterk leierskap. Die skrif wat ons bo gelees het vertel ons hoe God die land gaan vervloek het deur die leierskap weg teneem. Kerke styg en val op grond van leierskap. Met n goeie sterk leier, kan die kerk groei tot n mega kerk. Met swak leierskap gaan n kerk nerens nie selfs as die pastoor baie gesalf is. Soms sien jy ‘n geslfde minister wat swak leierskap eienskappe besit. Sy bediening val tot die grond net oor swak leierskap eienskappe.

    Leierskap is ‘n kuns. Dit is ‘n sekulêre onderwerp, wat dit noodsaaklik maak vir ministers van die evangelie om dit te verstaan. Die vermoë om te kan skryf en lees is nie iets geesteliks nie; dit is ‘n sekulêre vardigheid, wat geleer moet word. Sonder die vermoê kan jy nêrens in die wêreld gaan nie. Dis die selfde met leierskap! Sonder die kennis en verdagtighied van leierskap gaan jou bediening nêrens nie.

    2. Elke nasie hang af van sy leierskap

    In hierdie skrif, God voorspel ‘n groot oordeel teenoor Jerusalem en Judah. God het dit bepaal om hierdie nasies te straf en te vernietig. Hoe sou God dit doen? Die skrif maak dit baie duidelik.

    ‘n Paar jaar gelede vra ek ‘n vriend vir wie hy sou stem in ‘n opkommende verkiesing. Hy huiwer toe eers, toe vra ek ‘n meer direkte vraag.Ek vra toe, sal jy vir President X stem?

    Op daardie punt reageer hy en sê, as ek tusssen jou vier jaarige seun David en President X moet kies, sal ek verkies om vir jou vier jarige seun te stem.

    Hy gaan voort en sê, " ek sal liewer verkies om vir ‘n bok te stem om ons President te wees as vir die persoon.

    Dit is van self sprekend dat nie een van die twee, my seun of ‘n bok ons nasie in enige manier kan help nie. Om die leierskap van kinders en babas of soos die persoon dit stel, ‘n bok, is beslis  ‘n vloek. Wat sal die gevolge wees van die tiepe leierskap? Die Bybel het die antwoorde.

    En die mense sal mekaar verdruk, man teen man, en die een teen die ander; die seun sal  die grysaard, die veragtelike sal die agbare stormloop (Jesaja 3:5)

    Het jy nie al die prentjie iewers gesien nie ¬– onderdrukking, onreg, intimidasie en alle vorme van kwaad? Wat gee aanleiding tot rebelle in Afrika, in die duisende jong mense in die kultuur van dwelms mishandeling in Europa en Amerika? In ‘n nasie waar daar min of geen leierskap is nie, sal jy die styging van staatsgreep leiers en rebelle en oorlog mongers.

    3. Die gemeenskap is afhangend van sy leierskap

    God was van plan om alle soorte leierskap van die gemeenskap af    weg  teneem.  Die  gemeenskap  sou  leierloos  gelaat  word. Die Almgtige God ken die geginsel al te goed: geen leier, geen vordering! Geen leier geen ontwikeling! Geen leier geen seening! Geen leierskap geen verlossing! God het geweet dat die gemeenskap tot oordeel sal kom as hy die leierskap uit hulle midde verwyder. Dis omdat alles styg en vall met leierskap.

    Almagtige God is losbarsting een van die mees verskriklike strawe wat enige persoon, nasie of groep kan  onderving.

    En dit is om geen leiers te hê nie. As ons opletend na die skrif kyk sien ons dat God die verwydering van elke soort leier in die gemeenskap voorspel.

    …die Here neem weg…die held en die krygsman, die regter en die profeet en die waarsêer en die oudste; die owerste oor vyftig en die aansienlike en die raadsman en die knap ambagsman en die ervare besweerder…

    As jy die luis innig studier, sal tot die skrikwekende besefing kom dat die gemeenskap sonder enige soort leierskap gelaat word. Pastore is weggeneem, Politici is weggeneem ,Senior burgers is weggeneem,Wyse mense was weg geneem. Hulle was almal weg geneem van die gemeenskap af. Dis wat ek noem ‘n hooflose gemeenskap.

    4. Elke famielie hang af van leierskap

    ‘n Famielie raak ryk of arm afhangend van die vader se leierskap. Een van die mees verskriklikste oordele wat God aan sy mense kan gee is die verwydering van alle soort leierskap. Soos jy bewis aard verafsku ‘n vakuum. En in die plek van warlike leierskap, het Jehova valse leierskap voorspel.

    En Ek sal seuns hulle vorste maak, en moedswilliges sal oor hulle heers ...

    In plaas dat vaders hulle plek op neem in leierskap, sal kinders en babas die weg moet lei. Die kinders en babas verteenwoordig leierskap wat nutteloos en nie instaat is omte lei nie. Dit is klaarblyklik dat babas nie hul eie ingewande kan regeer hoe minner nog ‘n nasie.

    5. Die kontienent hang af van sy leierskap

    ‘n Debat ek dikwels opneem met vriende is oor die toestand van Afrika . Ek verwonder my dikwels aan die gebrek aan ontwikkeling en die vlak van armoede in Afrika. Ek vra myself, "Wat is dit? Kan ons nie ons eie paaie bou nie? Hoekom moet ‘n buitelandse maatskappy alewig onse paaie en toilette vir ons

    bou? "Dit sou ongewone wees om na ‘n Europese land tegaan en ‘n buitelandse maatskappye wat betrokke is in die bou van paaie of toilette in daardie land. Hoekom is daar so veel leiding en siekte in ontwikkelende lande?

    Daar is baie teorieë wat probeer het om die toestand van arm en onstabiele nasies te verduidelik. Sommige mense sê dat daar ‘n vloek op die swart  man is. Ander beweer dat dit die gebrek is aan demokrasie. En ‘n paar dink dat daar ‘n vloek op die Afrika- kontinent is. Ek glo dat die hoofrede vir die swak toestand van ‘n nasie die gebrek aan goeie leierskap is.Waaneer daar ‘n goeie leier is, sal jy ‘n groot deel van die ontwikkelingsbeleid raaksien en sal jy voorspoed sien. Die afwesigheid van leiers kan duidelik

    Gesien word in twee wêrelde. Jy sal die afwesigheid van leiers in die natuurlike of sekulêre wêreld sien. Jy kan ook sien die afwesigheid van leiers in die geestelik of die kerk wêreld. Wanneer daar ‘n gebrek aan leierskap in die kerk wêreld is, sal jy agterkom dieselfde tekens van ‘n gebrek aan ontwikkeling van die bediening, armoede, gebrek aan onderrig en ‘n gebrek aan kennis, en die verspreiding van sonde.

    Daar is ‘n behoefte aan leiers op elke terrein van ons lewens. Daar is ‘n behoefte vir ‘n werklike leiers in die sekulêre wêreld . Daar is ‘n ware behoefte aan leiers in die kerk wêreld. Dit is my gebed dat God jou sal verhoog en vele ander tot ware leiers vir jou geslag !

    Waarlik , alles hang af van die leierskap !

    Hoofstuk 2

    Besluit om een van die min goieie leiers in die wêreld te wees

    As jy glo dat jy geroep is na  die bediening , dan is jy na die bediening genoem. Dit is die rede waarom hierdie boek is baie belangrik vir jou lewe ; sodat  jy ‘n goeie leier vir die Here Jesus Christus wees. Paulus skryf aan Timoteus en se vir om sekere dinge te doen om hom ‘n goeie leier maak . Daar  is goeie ministers en slegte ministers. Besluit om ‘n goeie minister wees !

    ... Jy het ‘n goeie dienaar van Jesus Christus ...

    1 Timoteus 4 : 6

    As  jy  gaan enective wees in die bediening, moet jy leieskaap studeer.Waneer ek   in ‘n boekwinkel gaan , ek vind   myself gravitating teenoor die leierskap afdeling. Ek het talle boeke oor leierskap lees. Ek het studeer ale- belangrike onderwerp . Ek wil ‘n goeie leier  wees . Goeie dinge te doen  en nie nrt daal op wat jy wil ryp mango’s uit ‘n boom . Jy het om te studeer en ontdek all wat daar is om te leer.

    Dit is duidelik dat daar nie baie goeie leiers rond is nie. As daar was, sou ek en jy in staat wees om dit uit te wys sonder veel moeite! Ek glo dat daar  is baie redes waarom daar ‘n paar uitstaande leiers is, maar  laat ons  begin deur te kyk na die rede waarom mense wil nie leiers in die meeste  plek wees !

    Oorkom die struikelblokke om n leier te word

    1. Oorkom onkunde oor jou  roeping na  leierskap.

    Hulle weet nie , want niemand hulle so gesê het ! Hulle het nie eens geweet dat hulle die vermoë het om te lei. Sommige mense dink dat net ‘n paar mense is  gebore om te lei. Ek glo nie dat min mense is gebore om te lei nie. En glo dat baie mense word gebore met die vermoë om te lei , maar hulle is nie gereed om die prys te betaal om leiers te word.

    So sal die wat laaste is eerste , en die eerste is, laaste; ! Want baie is geroep , maar min uitverkies.

    Matteus 20 : 16

    Want baie is geroep, maar min uitverkies.

    Matteus 22 : 14

    Die Bybel leer ons dat daar baie mense  is geroep om diens. Enigiemand wat homself oorgee aan die bediening van die Here Jesus Christus, word ‘n outomatiese leier. ‘N Predikant van die evangelie moet leierseienskappe en vermoëns  demonstreer al die tyd.

    As jy geroep is aan sy diens, dan is jy geroep om ‘n leier te wees. Jy kan dit nie vermy nie!

    2. Oorkom beskuldigings wat jou sal keer om ‘n leier te wees.

    Leiers word dikwels daarvan beskuldig dat ambisieus. Hulle word dikwels daarvan beskuldig dat hulle slegte motiewe het . Ek was baie verbaas toe ek hoor dat sommige mense my beskuldig dat ek in die bediening is vir geld. Maar God het met my gepraat en vir my gesê dat dit is onvermy delik dat ek moet ge beskuldig word. Elke goeie leier het baie vyande. Die aard van goeie leierskap is dat dit uit kaarte ‘n kursus en hou die rigting. Dit beteken dat jy oor kan steek en seermaak sekere mense.

    En elkeen wat sy kruis nie dra en agter My aan kom nie, kan my dissipel nie wees nie.

    Lukas 14:27

    Baie jare gelede, ek het ‘n broer wat ek gese dat ek  nie wil hê om ‘n leier in ‘n sekere gemeenskap wees. Ek het vir hom gesê dat ek ‘n stil mens en dat ek geniet my privaatheid. Ek het vir hom gesê dat ek nie wil hê om te preek of om te lei. Maar God het ‘n ander plan vir my en vandag is ek is  ‘n leier in God se huis.om ‘n leier te wees sal jou gewaardeer lewe kos . Ek het baie min privaat  lewe gelaat. Die meeste mense weet  baie van die dinge oor my. Ek is bespreek in mense se huise en motors. Soos alle leiers, ek geprys deur sommige en kritiek deur ander. Dit is die lot van ‘n leier. Dit is die rede waarom sommige mense vermy leierskap. Maar Jesus het gesê dat jy moet die kruis neem  en volg hom. Christenskap behel opoffering. Dit is die moeite werd om ‘n leier in die kerk te wees

    3. Oorwin die vrees van skande.

    Daar is baie leiers wat in skande ge eindig nadat hule die mantel van leierskap gevat. Ander het vreeslik seer ervaar en het bitter ervarings ge oorkom. Sommige het gekruisig deur die mense wat hulle gelei het.

    Ek het persoonlik gekyk hoe leiers is beloon met kwaad na baie jare van diens. Ek het ‘n paar gesien (en ek bedoel verskeie) kerke wat hu hul pastoor uit gooi nadat hy hulle gelei het vir baie jare. Ek het pastore gesien wat ge bespot en verneder deur lede wat hul vir jare ge lei   en teen groot koste. Ek het gekyk pastore oor kwessies soos motors en huise verwerp. Hoe hartseer! Ons weet almal hoe Jesus gekruisig ná drie en ‘n half jaar van bediening. Dit was sy beloning vir die feit dat ‘n skitterende lig aan Sy mense was.

    In my land, het ek gesien ‘n paar hoofde van die staat kom na onnatuurlike sterftes na die beslissing van die nasie vir ‘n paar jaar. Ons het gesien regters vermoor in koue bloed na die lewering van uitsprake wat hulle gedink het was reg. Wie  wild an  graag ‘n leier in so ‘n omgewing te wees? Wanneer jy die lot van die leiers rondom bestudeer, is dit net natuurlik dat mense vermy leierskap en kies ‘n rustige lewe van vrede en anonimiteit. Ek kan verstaan hoekom iemand sou wegbly van die wêreld van die leuen politici en korrupte leierskap.

    In hierdie boek, ek dring jou om die mantel van Christelike leierskap te neem. Ek moedig jou te neem aan die oproep na leierskap in die kerk. Dit is die moeite werd! Die uitdagings is baie sort gelyk aan sekulêre leierskap. Die beskuldigings is dikwels dieselfde. Maar dit is die moeite werd!

    Sekulêre leiers werk vir menslike belonings soos geld en roem. Maar hierdie is bederfbare belonings. Wanneer jy vir Jesus werk wat jy ontvang ‘n ewige beloning.

    ... Nou doen hulle dit om ‘n verwelklike krans te ontvang, maar ons ‘n onverwelklike.

    1 Korinthiers 9:25

    Daar is baie keer dat ek die pyn van  leierskap ervaar  het. Maar as ek dink aan die belonings dat diegene wat getrou die wil van God te wag, raak ek aangemoedig word. Ek weet dat een dag sal ek bly wees oor alles.die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het.

    Want julle moet ag gee op Hom wat so ‘n teëspraak van die sondaars teen Hom verdra het, sodat julle in jul siele nie vermoeid word en verslap nie.

    Hebreërs 12: 2,3

    4. Oorkom jou minderwaardigheid kompleks.

    Sommige mense dink hulle is nie moreel tot die standaard van leierskap. Ander dink dat hulle geen leierseienskappe . Ander voel dat hulle te veel persoonlike problem het om leiers te word. Hulle kan nie dink om opgesaal  met ander mense se probleme.

    Ek het goeie nuus vir jou vandag! God werk nie met  volkome mense nie. Hy werk met gewillige mense. Hy kyk na die hart en hy verstaan jou menslike swakheid. As Jesus het gekyk na perfeksie, kan ek jou verseker dat niemand van die dissipels sou kwalifiseer vir leierskapposisies in die kerk. Neem Peter byvoorbeeld; hy het die Here Jesus verraai drie keer net ‘n paar weke voor hy was bevestig. Hy het gesweer en vervloek asof hy geen opleiding ontvang het. Tog het die Here hom gebruik. Neem die ander leerlinge, wat oor hul posisies in die Hemel aangevoer. ‘Wie sou die grootste Wees?’ het hulle gevra.

    En daar het ook twis onder hulle ontstaan oor wie van hulle die grootste geag moet wees

    Lukas 22:24

    Na stry oor wie die grootste sou wees, het hulle almal Christus verlaat toe hy hulle die meeste nodig. Wil jy sulke mense vertrou? Wil jy sulke mense gebruik? Tog het die Here gedoen het! Jy hoef nie volmaak om ‘n leier te wees. As dit die geval was, dan sou daar geen leiers in die wêreld of in die kerk gewees. Dit beteken nie dat daar geen standaarde is nie. God verwag dat die hoogste standaarde van karakter en moraliteit. En tog, werk hy met onvolmaakte mense.

    God kyk na die hart. Maak seker dat jou hart reg is en God in staat om jou te gebruik.

    ... Vir die Here sien nie as ‘n mens sien; want die mens sien aan wat voor oë, maar die HERE sien die hart aan.

    1 Samuel 16: 7

    5. Oorkom selfsug.

    Sulke mense omgee net oor hulself. Hulle is gelukkig om heil het. Hulle is gelukkigdat hulle die Heilige het. Hulle is gelukkig om voorspoed te hê. Maar hulle kon nie minder omgee oor enige iemand anders. ‘Sodra ek alright is,’ hulle dink, ‘Alles is alright.’ Dit is ‘n gees van selfsug.

    A selfsugtige persoon kan nie gepla word om te gaan deur middel van enige opleiding of te offer om ‘n leier te word. Hy sal nie enige energie gebruik om ‘n ander siel te help. As Christus besluit het om in die gerief van die Hemel te bly, waar sou jy wees vandag? Hy het opgestaan uit die graf, en jy kan nie eens uit die bed uit gaan nie. Ek bestraf die gees van luiheid en selfsug! Dank God vir sendelinge. Dank God vir mense wat weg gereis uit hul huise in buitelandse kulture net omdat hulle wou iemand  help.

    Hoofstuk 3

    Veertig name vir leiers

    … die Here Here van die leërskare sal … wegneem … die held en die krygsman, die regter en die profeet en die waarsêer en die oudste; die owerste oor vyftig en die aansienlike en die raadsman en die knap ambagsman en die ervare besweerder. En Ek sal seuns hulle vorste maak, en moedswilliges sal oor hulle heers.

    Jesaja 3:2-4

    In die meeste tale is daar verskeie sinonieme vir die woord leier. Hierdie  verskillende  name  openbaar  die  verskillende  soorte leiers wat daar in die wêreld bestaan. Daar is leiers in elke sfeer van werksaamheid en elke sfeer van werksaamheid gee ’n ander naam aan sy leier. Leiers op skepe word kapteins genoem, leiers op vliegtuie word loodse genoem, terwyl leiers van soldate generaals genoem  word.  In  die  politieke  wêreld  word  leiers  van  volke presidente of eerste ministers genoem terwyl leiers van universiteite kanseliers genoem word. In die godsdienstige wêreld word leiers van kerke pastors genoem terwyl leiers van moskees imams genoem word. Leiers van Arabiese dorpe word sjeiks genoem en leiers van Ghanese dorpe word hoofmanne genoem.

    Hier is ’n paar meer moontlike name en titels vir leiers. Hierdie name en titels is belangrik omdat jy leierskap moet herken selfs as dit in ’n ander sfeer van die lewe buite jou gewone wêreld voorkom. Gewoonlik herken leiers mekaar selfs wanneer hulle uit ander sfere kom. My leierskapsvermoë is byvoorbeeld eenkeer herken deur ’n ateïs wat nie in Christus of in die kerk geglo het nie. En tog was hierdie man in staat om my as ’n leier raak te sien na wie hy moet luister. Hy het nie my godsdienstige of geestelike leerstellings erken nie, maar hy het my vaardighede as leier erken en hy het my gevra om hierdie vaardighede met ander ateïste te deel. As jy ’n godsdienstige leier is, sal jy medeleiers erken, selfs al is hulle sakemanne, politici, ateïste of ander godsdienstige leiers.

    Aan die ander kant, as jy nie ’n leier is nie, sal jy nie ’n leier herken wanneer jy een sien nie. Baie politici in regeringsposisies herken en waardeer byvoorbeeld nie leiers op ander velde nie, omdat hulle self nie leiers is nie. Om ’n politikus te wees en om dinge te sê waarvan almal hou en om mense se guns te verwerf, is baie verskillend daarvan om mense na voorspoed en ontwikkeling te lei.

    In die Skrifgedeelte hierbo sal jy die verskillende soorte leiers opmerk wat in die stad Jerusalem teenwoordig was. Die straf van die Here was om al die verskillende soorte leiers uit die gemeenskap weg te neem.

    1. Leiers word kapteins genoem

    2. Leiers word hoofmanne genoem

    3. Leiers word bevelhebbers genoem

    4. Leiers word presidente genoem

    5. Leiers word eerste ministers genoem

    6. Leiers word herders genoem

    7. Leiers word generaals genoem

    8. Leiers word goewerneurs genoem

    9. Leiers word gidse genoem

    10. Leiers word pastors genoem

    11. Leiers word base genoem

    12. Leiers word hoofde genoem

    13. Leiers word bestuurders genoem

    14. Leiers word prinsipale genoem

    15. Leiers word heersers genoem

    16. Leiers word agbare burgers genoem

    17. Leiers word raadslede genoem

    18. Leiers word loodse genoem

    19. Leiers word superintendente genoem

    20. Leiers word meerderes genoem

    21. Leiers word oudstes genoem

    22. Leiers word toonaangewers genoem

    23. Leiers word toesighouers genoem

    24. Leiers word uitvoerendes genoem

    25. Leiers word direkteure genoem

    26. Leiers word meesters genoem

    27. Leiers word here genoem

    28. Leiers word diktators genoem

    29. Leiers word konings genoem

    30. Leiers word pioniers genoem

    31. Leiers word seniors genoem

    32. Leiers word kanseliers genoem

    33. Leiers word sjeiks genoem

    34. Leiers word rigters genoem

    35. Leiers word kenners genoem

    36. Leiers word spesialiste genoem

    37. Leiers word helde genoem

    38. Leiers word sekretarisse genoem

    39. Leiers word voorlopers genoem

    40. Leiers word edeles genoem.

    Hoofstuk 4

    Hoe leierskap in die Bybel bespreek word

    Leierskap is ’n belangrike onderwerp in die Bybel. Die meeste Bybels gebruik nie die woord leier wanneer oor die onderwerp gepraat  word  nie. As  gevolg  hiervan  word  die  onderwerp  van leierskap   aan   motiveringsprekers   en   ander   sekulêre   belange oorgelaat. Maar ’n begrip van die verskillende woorde en terme wat in plaas van die woord leier gebruik word, sal jou help om die onderwerp in die Bybel te herken. Die volgende Skrifgedeeltes openbaar die verskillende beskrywings van leiers in die Bybel.

    1. Leierskap word deur die apostel Paulus regerings genoem.

    Hy sluit dit in hierdie lys in en daarom word leierskap as ’n genadegawe van God beskou.

    En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, REGERINGE, allerhande tale.

    1 Korintiërs 12:28

    2. ’n Leier word deur Paulus ’n voorganger genoem.

    Omdat dit by hierdie lys ingesluit word, word leierskap as ’n genadegawe van God beskou.

    … of wie vermaan, in die vermaning; wie uitdeel, in opregtheid; WIE ’N VOORGANGER IS, met ywer; wie barmhartigheid bewys, met blymoedigheid.

    Romeine 12:8

    3. Die Bybelse styl van leierskap verskil van die leierskap wat die wêreld voorskryf.

    Maar so moet julle nie wees nie; maar die oudste onder julle moet word soos die jongste, EN WIE ’N LEIER IS, SOOS EEN WAT DIEN.

    Lukas 22:26

    4. In die Bybel word beskou dat ’n persoon gekwalifiseerd is om ’n kerk te lei as hy in staat is om ’n vrou te lei.

    Omdat dit by hierdie lys ingesluit word, word leierskap beskou as iets wat by sommige mense tuishoort (nie alle mans nie).

    Maar as iemand nie weet om sy eie huis te regeer nie, hoe sal hy vir die gemeente van God sorg dra?

    1 Timoteus 3:5

    5. Die leiers van Israel is in ’n stadium rigters en later konings genoem.

    Hulle leierskapstyle en hulle prestasies word in die boeke van Rigters en Konings beskryf.

    … VERWEK DIE HERE RIGTERS wat hulle verlos uit die hand van hulle berowers.

    Na  hulle  rigters  het  hulle  egter ook  nie  geluister nie, maar agter ander gode aan gehoereer en hulle daarvoor neergebuig; gou het hulle afgewyk van die weg wat hulle vaders bewandel het in gehoorsaamheid aan die gebooie van die Here: so het hulle nie gedoen nie.

    En wanneer die Here vir hulle rigters verwek, was die Here met die rigter om hulle te verlos uit die hand van hul vyande al die dae van die rigter, omdat die Here medelyde gehad het vanweë hulle gekerm oor hulle verdrukkers en hulle verdringers.

    Maar wanneer die rigter dood was, het hulle nog erger as hulle vaders gehandel deur agter ander gode aan te loop, om hulle te dien en hulle daarvoor neer te buig: hulle het niks laat vaar van hulle handelinge en van hulle hardnekkige wandel nie.

    Rigters 2:16-19

    Soos die Here met my heer die koning was, mag Hy so met Salomo wees; en mag Hy sy troon groter maak as die troon van MY HEER DIE KONING DAWID.

    1 Konings 1:37

    Hoofstuk 5

    Die soort leierskap wat jy moet vermy

    Die drywers van my volk is kinders, en vroue heers oor hulle. O my volk, jou leiers is verleiers, en die weg wat jou pad moes wees, het hulle tot ’n dwaalweg gemaak.

    Jesaja 3:12

    God het verklaar dat vroue en kinders sy volk sou lei. Die strekking van hierdie Skrifgedeelte bring ons daartoe om te glo dat dit ’n vloek of ’n straf vir ’n groep mense sou wees om deur vroue of kinders gelei te word. Op die oppervlakte mag dit ’n bietjie kras klink, maar ’n bietjie nadenke en meditasie oor die betekenis van hierdie Skrifgedeelte sal jou help om jou vermoë te ontwikkel om leiding te neem. Dit is inderdaad twee vervloekings wat jy moet verstaan en ten alle koste moet vermy.

    Jy het sekerlik al die stellings gehoor: Jy is kinderagtig! Jy moes ook die stelling gehoor het: Jy gedra jou soos ’n kind! Jy moes ook al tevore gesê het: Ek is nie ’n kind nie.

    Hierdie uitsprake word gemaak omdat grootmense soms soos kinders optree. Ongelukkig tree leiers in hoë posisies dikwels soos kinders op en dit beïnvloed almal rondom hulle grootliks.

    Baie leiers tree ook soos vroue op in hulle besluite en leierskapstyl.

    ’n Vrou wat nie deur die Woord van God en deur die Heilige Gees getemper word nie, kan ’n verskriklike mens wees om onder te staan. Oor die algemeen gesproke het vroue nodig om versag en bedaard gemaak te word voordat hulle behoorlike, geskikte en gesogte leiers kan word.

    1. Jy moet dit vermy om ’n leierskapstyl te ontwikkel wat verband hou met die leierskap van ’n kind.

    2. Jy moet dit vermy om ’n leierskapstyl te ontwikkel wat verband hou met die leierskap van ’n vrou.

    Hoofstuk 6

    Die leierskap van ’n kind

    Die drywers van my volk is kinders, en vroue heers oor hulle. o My volk, jou leiers is verleiers, en die weg wat jou pad moes wees, het hulle tot ’n dwaalweg gemaak.

    Jesaja 3:12

    1. Die leierskap van ’n kind word gekenmerk deur disorganisasie.

    En Ek sal seuns hulle vorste maak, en MOEDSWILLIGES SAL OOR HULLE HEERS.

    Jesaja 3:4

    As jy nie jou eie kamer kan netjies maak nie, moet jy ’n kind wees. As jy nie die plek waar jy woon kan skoonmaak nie, moet jy ’n kind wees. As jy nie jou stad kan skoonmaak nie, moet jy ’n kind wees. Jy moet ’n kind wees, al noem almal jou die burgemeester of die minister.

    Jy moet leierskap bestudeer, leierskap verstaan en die toepaslike beginsels van leierskap beoefen, anders kan jy mense met die gedagtewêreld van ’n kind probeer lei. Die leierskap van ’n kind loop uit op anargie en ordeloosheid soos die Bybel voorspel. Wanneer jy ook al ordeloosheid, chaos, disorganisasie of verwarring sien, kan jy aanvaar dat die leierskap van ’n kind aan die werk is.

    2. Die leierskap van ’n kind word gekenmerk deur ’n gebrek aan begrip van ernstige probleme en dreigende gevare.

    Toe ek ’n kind was, het ek gepraat soos ’n kind, GEDINK SOOS ’N KIND, geredeneer soos ’n kind; maar nou dat ek ’n man is, het ek die dinge van ’n kind afgelê.

    1 Korintiërs 13:11

    Jy moet leierskap bestudeer, leierskap verstaan en toepaslike beginsels van leierskap beoefen, anders mag jy mense lei met die gedagtewêreld van ’n kind. ’n Kind se gedagtewêreld word oorheers deur ’n gebrek aan begrip van die ernstige probleme en die gevare wat hom konfronteer.

    Leierlose  mense  het  gewoonlik  vuil  eetplekke  en  vuil  toilette. Klein kindertjies lewe op vuil plekke en verstaan nie wat dit beteken nie. Wanneer kinders alleen gelaat word, vermenigvuldig vullis en vuilheid. Dit is waarom niemand kinders alleen laat nie. Hulle sal niks skoonmaak, vee of afvee nie.

    Dit is waarom volke waar kinders die leiers is, vieslike toilette en groot dreine het wat gevul is met vullis en gevaarlike rommel. Die hoofkenmerke van stede wat deur kinders geregeer word, is die vullis en die lewensbedreigende rommel wat oral aangetref kan word. Die kinderagtige leiers voel nie die verbintenis aan tussen hierdie doodstrikke en die welvaart van die mense nie. Selfs al voel hulle die verband aan, weet hulle nie wat om te doen nie. Al wat hulle vra, is dat ma of pa die oplossing sal gee.

    Leierlose volke het die opvoedingstelsel van hulle lande vernietig en ken nie die gevolge van wat hulle besig is om te doen nie.

    3. Die leierskap van ’n kind word gekenmerk daardeur dat hulle niks verstaan wat ’n bietjie ingewikkeld is nie.

    Broeders, MOENIE KINDERS WEES IN DIE VER- STAND NIE, maar wees kinders in die boosheid en wees volwassenes in die verstand.

    1 Korintiërs 14:20

    Jy moet leierskap bestudeer, leierskap verstaan en toepaslike beginsels van leierskap beoefen, anders mag jy mense met die gedagtewêreld van ’n kind lei. Wanneer iemand ’n leier is en die gedagtewêreld van ’n kind het, verstaan hy niks wat ’n bietjie ingewikkeld is nie.

    Dit is duidelik wanneer ’n ongeleerde persoon aan die stuur van sake staan. Hy verstaan nie die implikasies van sy uitsprake nie. Een leier in Afrika het dapper verklaar dat hy nooit die skuld van sy land sou terugbetaal nie. Nog ’n leier het elke buitelander vier en twintig uur gegee om die land te verlaat met ’n maksimum van vier en twintig kilogram van bagasie. Nog ’n ander leier het dollarnote van ’n biljoen en ’n triljoen dollar laat druk sodat sy mense brood kan koop. Onder sy leierskap sou een brood soveel as ’n biljoen dollar kos. Sulke mense lees nie en hulle verstaan nie die implikasies van die dinge wat hulle sê en doen nie.

    Leiers van arm lande het die begrippe heel ingesluk van globalisering en vrye handel met hulle negatiewe implikasies van die wegdoen met industrieë en landbou en die ontvolking van stede. Industrieë en plase is uitgewis by volke wat hierdie beleidsrigtings heelhartig aanvaar het sonder dat hulle die ingewikkelde implikasies verstaan het wat dit op die res van die volk sou hê. Ryker volke soos die VSA en Australië het die gedagte van vrye handel met Engeland ten koste van die ontwikkeling van hulle eie industrieë geheel en al verwerp. Hulle het die ingewikkelde aard verstaan van die oopmaak van hulle grense vir goedkoop invoere.

    Hierdie ingewikkeldhede lê nie voor die hand van leiers wat soos kinders is nie. Die feit dat iemand wat i-pads en i-phones en i-pods verkoop, altyd ’n voordeel sal hê bo iemand wat lemoene en kakao verkoop, word nie maklik deur leiers verstaan wat aankondig dat hulle groot klem op landbou sal lê nie.

    Hoe  kan  ’n  kind  die  praktiese  implikasies  verstaan  van

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1