KRULLE & HUL GRILLE
There was a little girl, Who had a little curl, Right in the middle of her forehead.
When she was good, She was very, very good, But when she was bad she was horrid.
Uit ’n kindergediggie deur Henry Wadsworth Longfellow
Hoeveel keer het dié gediggie se woorde deur my kop geflits as ek, letterlik, hande in die hare staan oor my natuurlike krulhare met ’n wil van hul eie? As my hare ‘bad’ is, voel ek ‘horrid’.
Toe ek nog in Johannesburg gewoon het, was krulle en kroese beperk tot reënweer en humiditeit. Andersins is dit blinkreguit geblaas. Noudat ek by die kus woon, moet ek vrede maak met my krulle. Dit bly ’n stryd. Ná ’n leeftyd van alles probeer om my hare reguit te maak – van ’n warm yster op ’n strykplank tot Brasiliaanse keratienbehandelings – is ek nou in die proses om my krulle te leer liefkry.
Gelukkig is die tydsberekening goed. Wêreldwyd is daar die laaste paar jaar die tendens om hare natuurlik te dra, ’n reuse-Curl-naissancebeweging. Natuurlike hare, veral krulle, eis hulle plek op die verhoog. Het julle al opgelet hoeveel rakspasie deesdae afgestaan word aan nuwe haarsorgreekse spesifiek geformuleer vir krulhare?
Krulhare het eiesoortige behoeftes, en uiteindelik het kosmetiekhuise en haarstiliste die lig gesien. En baie tydig het oor my pad gekom om my op te voed en insig te gee in hoe verkeerd ek my krulle behandel/mishandel.
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days