Rooi Rose

Positief oor jou BATES

JARE LANK het die meeste “groter” vroue net in vol swembroeke en boardshorts op die strand verskyn. En enige oogkontak vermy, ook uit vrees dat ’n bekende jou dalk in jou swembroek sien.

Vandag is daar ’n nuwe generasie vroue met voller figure wat in bikini’s rondstap en soveel selfvertroue uitstraal dat ’n mens hulle beny.

So hierdie somer wys ons die obsessie met selluliet en rekmerke en om eksieperfeksie te lyk die middelvinger en fokus eerder op ’n glansende, goed versorgde voorkoms en om jou bates met trots te wys.

Ons is jare lank gebombardeer deur hoe die wêreld dink ons moet lyk. Daar is ook sosiale media-veldtogte met woorde soos #thinspiration - die gebruik van foto’s en aanhalings om ’n mens aan te moedig om gewig te verloor of maer te bly.

’n Kaapse psigiater, dr. Laura Comrie, wat gereeld eetsteurnisse behandel, sê met die groei van sosiale media is daar meer druk op mense om ’n onbereikbare/nie-bestaande beeld van perfeksie na te streef. Kinders van net drie word al ge- body shame omdat hulle vet is. Kinders word groot tussen ouers en vriende wat dieet, en het ook eindelose toegang tot inligting.

Dr. Comrie meen eetsteurnisse soos anoreksie en bulimie neem toe. Die lae selfbeeld van mense wat vatbaar is vir sulke steurnisse, begin gewoonlik reeds in hul kinderjare weens die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rooi Rose

Rooi Rose1 min read
Nog Wenke
• Sukses in die geleentheidsekonomie beteken ook harde werk, selfdissipline en bestuur. • Beoordeel jou aptyt vir risiko en jou selfbestuursvernuf en kry afrigting sou jy dit benodig. • Definieer sukses vir jouself, asook die rede waarom jy geleenthe
Rooi Rose2 min read
Wat Jy Moet Weet
Weet onder watter bedeling jy getroud is. Huwelike in Suid-Afrika word deur die Wet op Huwelikseiendom 88 van 1984 gereguleer. Elke persoon wat wil trou, moet voor die tyd besluit of hulle ’n huweliksvoorwaardekontrak wil opstel. Die wet maak voorsie
Rooi Rose1 min read
Bestel Boeke Vinnig
INDIEN JY VAN HIERDIE BOEKE (OF ELDERS IN ROOI ROSE) TEEN DIE ROOI ROSE-PRYS VAN ’N 20% AFSLAG WIL BESTEL, KIES EEN VAN DIE VOLGENDE OPSIES: 1 E-POS JOU NAAM, TELEFOONNOMMER EN KEUSE(S) NA SHOP@GRAFFITIBOOKS.CO.ZA 2 BEL 012 548 3456 GEDURENDE KANTO

Related