Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Duiwels en hoe om hulle te hanteer
Duiwels en hoe om hulle te hanteer
Duiwels en hoe om hulle te hanteer
Ebook149 pages1 hour

Duiwels en hoe om hulle te hanteer

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Die werk van duiwels word in hierdie nuwe boek van Dag Heward-Mills ontmasker. Hy gebruik die getuienis van die besetene van Gadara en dui die pad na oorwinning oor die duiwels en die bose geeste aan.

LanguageAfrikaans
Release dateJul 28, 2016
ISBN9781613953211
Duiwels en hoe om hulle te hanteer
Author

Dag Heward-Mills

Bishop Dag Heward-Mills is a medical doctor by profession and the founder of the United Denominations Originating from the Lighthouse Group of Churches (UD-OLGC). The UD-OLGC comprises over three thousand churches pastored by seasoned ministers, groomed and trained in-house. Bishop Dag Heward-Mills oversees this charismatic group of denominations, which operates in over 90 different countries in Africa, Asia, Europe, the Caribbean, Australia, and North and South America. With a ministry spanning over thirty years, Dag Heward-Mills has authored several books with bestsellers including ‘The Art of Leadership’, ‘Loyalty and Disloyalty’, and ‘The Mega Church’. He is considered to be the largest publishing author in Africa, having had his books translated into over 52 languages with more than 40 million copies in print.

Related to Duiwels en hoe om hulle te hanteer

Related ebooks

Related articles

Reviews for Duiwels en hoe om hulle te hanteer

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Duiwels en hoe om hulle te hanteer - Dag Heward-Mills

    Die beste voorbeeld van duiwelswerk

    En hulle het aan die oorkant van die see gekom in die land van die Gadaréners. En toe Hy uit die skuit gaan, kom daar dadelik uit die grafte Hom tegemoet ’n man met ’n onreine gees, wat sy verblyf in die grafte gehad het. En niemand kon selfs met kettings hom bind nie; want hy was dikwels met voetboeie en kettings gebind, en die kettings is deur hom uitmekaar geruk en die voetboeie stukkend gebreek; en niemand was in staat om hom te tem nie.

    En altyd, nag en dag, het hy aangehou om te skreeu op die berge en in die grafte en homself met klippe stukkend te slaan. En toe hy Jesus van ver af sien, hardloop hy en val voor Hom neer en skreeu met ’n  groot stem en sê: Wat het ek met U te doen, Jesus, Seun van die allerhoogste God? Ek besweer U by God om my nie te pynig nie. Want Hy het vir hom gesê: Onreine gees, gaan uit die man uit! En Hy vra hom: Wat is jou naam? En hy antwoord en sê: Legio is my naam, want ons is baie. Toe smeek hy Hom dringend om hulle nie uit die land weg te stuur nie. En dáár teen die berge het ’n groot trop varke gewei, en al die duiwels het Hom gesmeek en gesê: Stuur ons in die varke, sodat ons in hulle kan vaar.

    En Jesus het hulle dit dadelik toegelaat; en die onreine geeste het uitgegaan en in die varke gevaar, en die trop — daar was omtrent tweeduisend — het van die krans af in die see gestorm en in die see verdrink. En die wagters van die varke het gevlug en dit in die stad en in die buitewyke vertel; en hulle het uitgekom om te sien wat daar gebeur het. Toe kom hulle by Jesus en sien die besetene sit, gekleed en by sy verstand — die een wat die legioen gehad het. En hulle was bevrees. Die wat dit gesien het, vertel toe aan hulle hoe dit met die besetene gegaan het, en ook van die varke. En hulle het Hom begin smeek om weg te gaan uit hulle gebied.

    En toe Hy in die skuit klim, het die man wat van die duiwels besete gewees het, Hom gesmeek om by Hom te kan bly. Maar Jesus het hom dit nie toegelaat nie, maar vir hom gesê: Gaan na jou huis na jou mense toe, en vertel hulle watter groot dinge die Here aan jou gedoen het, en dat Hy jou barmhartig was. En hy het weggegaan en in Dekápolis begin verkondig watter groot dinge Jesus aan hom gedoen het, en almal was verwonderd.

    Markus 5:1-20

    Die studie oor die besetene van Gadara is die studie van die patologie van duiwelswerk. Jy sal baie dinge oor Satan en duiwels leer deur net hierdie gedeelte te bestudeer. Baie mense wonder waaroor patologie alles gaan. Ons wonder dikwels waarom iemand sy tyd daaraan sal bestee om dooie liggame te bestudeer. Ek het nie as ’n mediese student verstaan hoe belangrik dit vir ’n dokter is om tyd te gebruik om dooie liggame oop te sny nie. Ek het gedink: As hulle dood is, is hulle dood, laat hulle net alleen!

    En tog het ek later begin verstaan dat patologie die studie is van die uitwerking van verskillende siektes op die menslike liggaam. Dit is die studie van die uiteindelike uitwerking van die siekte. Met ander woorde: om te verstaan wat sal gebeur as ’n siekte toegelaat word om end-uit te ontwikkel, moet jy patologie bestudeer. Baiekeer kan jy net in ’n dooie liggaam sien wat die uiteindelike uitwerking is wat siektes het.

    As jy byvoorbeeld die dooie liggaam van ’n man oopsny wat oorlede is aan langdurige hoë bloeddruk, sal jy veranderings aan sy hart, sy are en sy niere sien. Hierdie veranderings sal jou help om te verstaan wat hoë bloeddruk tans aan mense doen wat met die siekte saamleef.

    Wanneer jy ’n dooie liggaam bestudeer wat ’n volskaalse aanval van ’n spesifieke siekte deurgemaak het, leer dokters baie meer oor daardie siekte. Op dieselfde manier kan ons die uiteindelike uitwerking van duiwelswerk op ’n mens verstaan wanneer ons die besetene van Gadara ondersoek.

    Die verhaal van die besetene van Gadara is ’n studie oor die ergste soort besetenheid deur duiwels. Dit is ’n openbaring van wat Satan graag aan jou sou wou doen as hy die geleentheid gehad het. Elke kenmerk van die besetene se bestaan onthul ’n duiwelse kenmerk. Sy toestand toon verskillende aspekte van Satan se visie vir my en jou. As Satan sy sin kon kry, sou ek en jy in dieselfde toestand beland het.

    Selfs al sal die meeste mense nie volledig soos hierdie besetene van Gadara word nie, sal die meeste van ons in ’n mindere mate dieselfde duiwelse neigings ervaar as wat in hierdie besetene aangetoon word.

    Die getuienis van die besetene van Gadara wys vir ons drie dinge:

    Wat duiwels graag sou wou doen as hulle die geleentheid gehad het.

    Wat duiwels besig is om aan mense te doen, al is dit op ’n geleidelike manier.

    Die finale toestand van ’n persoon in wie se leweduiwels tot volle uitwerking gekom het. 

    Wanneer jy hierdie boek lees, sal God baie dinge oor die werksaamhede van duiwels aan jou toon, en hoe hulle jou beïnvloed. Jy sal verlos wees van duiwelse werksaamhede teen die tyd dat jy klaar is met hierdie boek.

    Baie mense dink dat die getuienis van die besetene van Gadara die verhaal is van ’n mal mens wat in ’n malhuis tuishoort. Hulle dink in hulle binneste: Omdat ek nie mal is nie, het hierdie verhaal niks met my te doen nie. Inteendeel! Hierdie getuienis het met almal van ons te doen.

    Om die aktiwiteite en bedoelings van jou vyand te verstaan is lewensbelangrik om enige oorlog te wen. As jy die geveg teen bose geeste wil wen, moet jy weet hoe en waar jou vyand optree. Jy moet weet wat die vyand teen jou beplan.

    ... want ons is MET SY PLANNE NIE ONBEKEND  NIE.

    2 Korintiërs 2:11

    Verder, deur hierdie paar bladsye, my seun, wees gewaarsku dat daar nie ’n einde kom aan die skryf van baie boeke nie.

    Hoofstuk 2

    Duisternis – die tuiste van duiwels

    Want ons worstelstryd is ... teen die wêreldheersers van die DUISTERNIS van hierdie eeu ...

    Efesiërs 6:12

    Die duisternis van hierdie wêreld is die tuiste van bose geeste. Duisternis dui op die omgewing waarin die Bose floreer. Satan regeer in die duisternis van hierdie wêreld. Misleiding is ’n soort geestelike duisternis. Dit is omdat die omgewing van misleiding die teelaarde vir bose geeste is.

    Duisternis is maar net die atmosfeer van misleiding waarin Satan sy werk doen. Ons oorwonne vyand floreer in die diepste duisternis. Hy staan nie ’n kans wanneer ons in die lig uitkom nie. Dit is waarom Satan die Woord van God so baie haat.

    Jesus is die Lig wat Satan se invloed oor mense vernietig. Hy is die Woord van God. Die Woord van God is ’n lig wat in die duisternis skyn. Duiwelse aktiwiteit word grootliks verminder waar die Woord van God geleer word.

    En DIE LIG SKYN IN DIE DUISTERNIS, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.

    Johannes 1:5

    Die mag van Satan teen die kerk kan met verskeie oorloë en konflikte vergelyk word wat daar vandag in die wêreld is. Wanneer ’n supermag teen ’n mindere weermag veg, weet die swakker kant dikwels dat hy nie ’n kans staan teen oop en konvensionele oorlogvoering nie. Daarom soek hy skuiling en sit die geveg in ’n posisie van geheimhouding, misleiding en duisternis voort. Dit loop dikwels uit op guerrilla- oorlogvoering en terroriste-aanvalle.

    Die weermag van Israel is byvoorbeeld baie beter toegerus as die gevegsgroepe van die Palestyne. Die Palestyne staan nie ’n kans teen die militêre mag van Israel nie. Daar word selfs gesê dat Israel ’n kernmoondheid is. Omdat die Palestyne nie ’n kans staan nie, val hulle terug op selfmoordaanvalle en terroriste-bedrywighede. Die skaking van vliegtuie en die uitwissing van die Olimpiese span van die Israeli’s is maar net ’n paar voorbeelde van die soort oorlogvoering wat ’n swakker weermag sal aanpak.

    Terroriste-aanvalle soos die een op 11 September in Amerika is verdere voorbeelde van ’n swakker en kleiner gevegsgroep wat teen ’n magtige weermag optree. Op dieselfde manier is die leër van duiwels wat teen die kerk opgestel word, geen gelyke vir die mag van God nie. Die wapens van ons gevegsmag is geweldig groot.

    ... want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar KRAGTIG DEUR GOD om vestings neer te werp.

    2 Korintiërs 10:4

    Satan bewe wanneer die Naam van Jesus genoem word. Die duiwels sidder as ons oor die bloed van Jesus sing. Wanneer hulle die bloed sien, gaan hulle verby. Die Woord van God is

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1