Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Een van julle is ’n duiwel
Een van julle is ’n duiwel
Een van julle is ’n duiwel
Ebook148 pages2 hours

Een van julle is ’n duiwel

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Die diepsinnige stelling “Een van julle is ’n duiwel,” is deur Jesus Christus aan sy klein groepie van twaalf dissipels gemaak. Baie van ons word deur die duiwel mishandel omdat ons nie weet hoe om hom te ontmasker of sy handewerk uit te ken nie. In hierdie geïnspireerde boek sal jy die duiwel se sondes ontdek en jou voorneem om nooit daarin te wandel nie. Mag die frase “Een van julle is ’n duiwel” nooit op jou van toepassing wees nie!

LanguageAfrikaans
Release dateJul 18, 2018
ISBN9781641356657
Een van julle is ’n duiwel
Author

Dag Heward-Mills

Bishop Dag Heward-Mills is a medical doctor by profession and the founder of the United Denominations Originating from the Lighthouse Group of Churches (UD-OLGC). The UD-OLGC comprises over three thousand churches pastored by seasoned ministers, groomed and trained in-house. Bishop Dag Heward-Mills oversees this charismatic group of denominations, which operates in over 90 different countries in Africa, Asia, Europe, the Caribbean, Australia, and North and South America. With a ministry spanning over thirty years, Dag Heward-Mills has authored several books with bestsellers including ‘The Art of Leadership’, ‘Loyalty and Disloyalty’, and ‘The Mega Church’. He is considered to be the largest publishing author in Africa, having had his books translated into over 52 languages with more than 40 million copies in print.

Related to Een van julle is ’n duiwel

Related ebooks

Related articles

Reviews for Een van julle is ’n duiwel

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Een van julle is ’n duiwel - Dag Heward-Mills

    Hoofstuk 1

    Hoe die sondes van duiwels die sondes van mense kan word

    Jesus antwoord hulle: Het Ek nie julle twaalf uitverkies nie? En een van julle is ’n duiwel!

    Johannes 6:70

    Jesus het vir sy dissipels gesê: Een van julle is ’n duiwel. Jesus het die duiwel van die tyd van sy val af geken. Hy het sy verdorwenheid, sy boosheid, sy natuur, sy sonde en sy val geken. Vir Jesus om oor sy dissipels te sê: Een van julle is ’n duiwel, was voorwaar ’n baie betekenisvolle stelling.

    Dit het beteken dat een van die dissipels in die sondes en voetspore van die duiwel self gewandel het. Een van sy dissipels het net soos die duiwel opgetree. Dit was vir Jesus maklik om die duiwel te herken omdat Hy die vergange heerlikheid, die sondes en die val van Lucifer geken het!

    Vandag wandel baie mense in die sondes en voetspore van Lucifer. Hulle is betrokke by elke enkele sonde wat Satan gedoen het. Baie pastors loop in dieselfde spore as waarin Lucifer geloop het en eindig in dieselfde verwarde toestand van duisternis waarin Satan vandag is. Tree jy soos die duiwel op? Is jy ’n duiwel? Ken jy iemand wat soos die duiwel optree en al die sondes doen wat Lucifer gedoen het?

    Vandag is Satan vasgebind en beperk in kettings van duisternis in plaas daarvan om vry en gelukkig in die gebied van die lig en die ewigheid te wees. Sy lewe, sy bediening en sy toekoms is vernietig as gevolg van die foute en die sondes wat hy begaan het toe hy ’n engel in die hemel was. Hy het duisende engele mislei en het al die verwarring, beroering en boosheid veroorsaak wat vandag in die wêreld is.

    Baie bedienaars lewe in verwarring en word beperk tot mislukking, armoede en uiterste duisternis. Hulle weet nie eers wat besig is om met hulle te gebeur nie. Hulle verstaan nie waarom hulle bedienings so beperk, begrens en arm is nie.

    Jy staan op die punt om een en almal van Satan se sondes te ontdek en jy sal nie daarin wandel nadat jy hierdie boek gelees het nie!

    In hierdie boek wil ek vir jou vertel hoe jy dit kan vermy om ’n duiwel te word en hoe jy daarvan kan wegbly om in die sondes van Satan te wandel. Elke bedienaar van die evangelie moet ernstig daarna strewe om dit te vermy om in die voetspore van Lucifer te wandel, wat eens een van God se belangrikste dienaars was. As Lucifer, wat in die lig gewoon het, kon val en soveel verwarring kon veroorsaak, hoeveel te meer kan dit nie ook gebeur met ons wat in hierdie duister en blinde wêreld lewe nie!

    Hoofstuk 2

    Is daar mense wat duiwels is?

    Jesus antwoord hulle: Het Ek nie julle twaalf uitverkies nie? En een van julle is ’n duiwel!

    Johannes 6:70

    Jy moet aanvaar dat ’n persoon in jou lewe vir ’n oomblik ’n tasbare en lewende duiwel in aksie kan wees. So ’n persoon mag nie gehoorsaam word, aan toegegee word of na geluister word nie.

    Jy moet nie optree volgens wat jy sien nie. Jy moet optree volgens die goddelike openbaring van die persoon met wie jy te doen het.

    Sekere mense moet soos duiwels behandel word omdat hulle (al is dit net vir ’n tydperk) letterlik vir jou duiwels is. Sommige mense word geheel en al deur die duiwel besit en beset! As jy sekere mense nie as duiwels behandel nie, het jy ernstige probleme. Waarom sou ek so iets sê? Die Bybel leer ons dat ons worstelstryd nie teen vlees en bloed is nie, maar teen die owerhede en die magte. Uit hierdie Skrifgedeelte is dit duidelik dat ons vyand nie vlees en bloed is nie, maar ’n gees! Ons worsteling, stryd en geveg is voorwaar nie teen vlees en bloed nie. Dit is teen die bose geeste.

    Hierdie bose geeste is egter in staat om sommige mense in so ’n mate te beset, te beïnvloed en te besit dat dit moeilik is om tussen die mens en die duiwel onderskeid te maak. Wanneer dit gebeur, word mense letterlik soos duiwels en moet hulle so behandel word.

    Ek wil beklemtoon dat as ’n mens ten volle deur die duiwel besit, beïnvloed en gebruik word, jy nie daardie persoon moet toelaat om in jou omgewing op te tree nie. Ek het bedienings gesien wat vernietig is omdat pastors te beleef, te sag en te ingehoue handel met mense wat soos die duiwel self optree!

    Daar is sekere mense wat jy as die duiwel self moet beskou. Jy moet met sulke mense praat asof jy met die duiwel self praat! As jy dit nie doen nie, laat jy die duiwel toe om vrylik rondom jou en teen jou te bestaan en op te tree.

    Die woord diabolos word gewoonlik met die woord duiwel vertaal en verwys letterlik na die duiwel. Die woord diabolos word agt en dertig keer in die hele Nuwe Testament gebruik. By vyf en dertig geleenthede word die woord diabolos met die woord duiwel vertaal. Byvoorbeeld: Jesus is in die woestyn weggelei om deur die duiwel versoek te word.

    Die woord diabolos word egter by drie baie betekenisvolle geleenthede gebruik om mense te beskryf. Is dit nie verstommend nie? Die woord diabolos word gebruik om niemand anders nie as Judas Iskariot, sekere vroue van pastors en sekere ouer vroue te beskryf. (Kyk of jy dit in die Nuwe Testament kan opspoor.) As wat ek sê in die Bybel staan, moet jy dit glo.

    Volg die voorbeeld van Jesus Christus en behandel sekere mense as duiwels

    Jesus het Petrus behandel asof hy die duiwel was

    Toe neem Petrus Hom opsy en begin Hom bestraf en sê: Mag God dit verhoed, Here, dit sal U nooit oorkom nie!

    Maar Hy het omgedraai en vir Petrus gesê: Gaan weg agter My, Satan! Jy is vir My ’n struikelblok, omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge van die mense.

    Mattheüs 16:22-23

    Net soos Jesus moet jy die werklikheid aanvaar dat sommige mense vir ’n tyd op so ’n manier deur die duiwel beset en gebruik word dat hulle letterlike en tasbare duiwels in jou lewe word. Petrus, wat Jesus as die leier van die kerk aangewys het, het vir ’n oomblik as ’n letterlike duiwel opgetree en Jesus het hom skerp en beslissend tereggewys. Jesus het hom nie toegelaat om voort te gaan om in sy teenwoordigheid te praat nie. Jesus het hom nie toegelaat om verder in sy lewe op te tree nie.

    Jesus Christus het nie gesê dat Petrus deur Satan beïnvloed is nie! Jesus het Petrus as Satan self aangespreek!

    Petrus was goed met Jesus bekend. Sy aanstelling as die hoof van die kerk het miskien meegebring dat hy ’n groot kop gekry het en uit sy plek beweeg het. Hy het probeer om vir Jesus in sy bediening voorskrifte te gee. Hy het begin om die Seun van God te weerspreek. Hy het vir Jesus vertel om van die onsin van die kruis te vergeet! Onthou dat die prediking oor die kruis vir baie mense dwaasheid is! Dit was voorwaar op daardie dag vir Petrus dwaasheid. Hy het vir Jesus vertel dat dit nie nodig was om voort te gaan en die kruisweg te loop nie. Jesus het dwarsdeur die onvolwassenheid en familiariteit van Petrus gesien. Maar Hy het nie gesê dat Petrus onvolwasse of familiêr was nie. Hy het besef dat Satan besig was om Petrus se stem te gebruik. Hy het Petrus dadelik tereggewys en Satan direk teengestaan.

    As mense Satan se stem herken het toe Adolf Hitler in 1933 toesprake gemaak het, sou hulle hom dadelik in sy spore laat stop het. Maar selfs pastors het hierdie massamoordenaar as ’n held beskou. Adolf Hitler het die dood van 50 miljoen mense veroorsaak. Hy het baie mense wetend na hulle dood toe gestuur. Sy laaste opdragte was om sy eie Duitse volk uit te wis. Hy het gesê dat hulle nie verdien om te lewe nie, omdat hulle die oorlog verloor het. Om hierdie man toe te laat om te praat, te lewe, op te tree, vooruitgang te maak en ’n leier te word, was die grootste fout wat Duitsland ooit gemaak het. Satan moet herken word en in sy spore gestuit word!

    Moenie die duiwel toelaat om selfs vir een minuut in jou lewe op te tree nie. Wees slim en vinnig soos Jesus Christus. As jy ’n swartmamba in jou voorkamer kry, sou jy dit toelaat om vir ’n paar weke aan te bly?

    Pasop vir mense wat swartmambas toelaat om in hulle voorkamer te woon! Hulle maak ’n verskriklike fout!

    Pasop vir mense wat met jou familiêr word!

    Pasop vir mense wat uit hulle plek uit beweeg! Sulke mense sien nie raak dat dit nie hulle taak is om God se dienaar te lei, te beheer of tereg te wys nie.

    Wanneer jy met die menslikheid van manne van God te doen kry, mag jy verward raak en probeer om buite orde op te tree.

    2. Jesus het teenoor Judas opgetree asof hy die duiwel was

    Jesus antwoord hulle: Het Ek nie julle twaalf uitverkies nie? En een van julle is ’n duiwel!

    Johannes 6:70

    Dissipels en medewerkers kan in ’n diabolos (’n duiwel) verander en net soos die duiwel optree.

    Jesus het sy eie vertroude rekenmeester ’n diabolos (’n duiwel) genoem. Daar word na Judas Iskariot as ’n diabolos verwys. Om ’n dislojale verraaier toe te laat om rondom jou op te tree, kan net vergelyk word daarmee om ’n mamba toe te laat om in jou huis te lewe en vrylik rond te beweeg.

    Moenie enige soort dislojale persoon toelaat om naby jou te wees nie. Moenie mambas toelaat om onder jou pastorale personeel te bestaan nie. Identifiseer hulle en tree vinnig teen hulle op.

    Jesus het na Judas verwys as ’n duiwel. Hy het nie gesê dat Judas deur die duiwel beïnvloed is nie. Hy het gesê Judas was ’n duiwel. Hy het gesê: "Het Ek julle nie uitverkies nie? En een van julle is ’n duiwel." As jy ’n duiwel toelaat om vrylik in jou lewe en bediening op te tree, gaan jy beslis probleme hê. Om ’n dislojale medewerker toe te laat om vrylik in die kerk op te tree, is dieselfde as om ’n duiwel toe te laat om in die kerk te doen wat hy wil.

    Kan jy jou voorstel om ’n mamba in die voorkamer van jou huis te hê? Sou jy dit toelaat om voort te gaan om daar te woon? Sou jy dit nie soos ’n moordenaar behandel nie? As jy ’n mamba in jou huis kry, sou jy dit net alleen laat? Sou jy dit nie behandel as iets wat vir jou lewe baie gevaarlik is nie? Sou jy dit nie behandel as iets wat die dood meebring nie? Sou jy nie alles doen om dit uit jou lewe te verwyder nie? Sou jy nie probeer om dit dood te maak nie? Ek glo dat ’n slang soos die oorsaak van dood behandel moet word en nie soos ’n troeteldier nie. ’n Giftige slang is nie ’n troeteldier nie! ’n Giftige slang

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1