Huisgenoot

KOM ONS RAAK FILOSOFIES

KINDERS worstel voortdurend met vrae oor hoe die heelal werk en wat die regte ding is om te doen. Die meeste volwassenes besef nie eens dat hul kinders klein filosowe is nie – of erger nog, hulle sê vir die kinders om op te hou om oor sulke dinge hare te kloof.

Ek is ’n filosoof en ’n pa. Ek het twee seuns, Rex en Hank. Hulle het van kleins af filosofiese vrae gestel, en dit self ook probeer beantwoord. Soms kom hulle met antwoorde vorendag wat ander wyse manne en vroue eeue gelede ook uitgedink het. Op ander tye het hulle al met ’n paar splinternuwe antwoorde vorendag gekom.

Baie mense glo my nie as ek hulle vertel hoe diep kinders kan wees nie.

“Natuurlik is jóú kinders filosofies,” sê mense vir my, “jy is dan self ’n filosoof. Die meeste kinders is nie so nie.”

Maar hulle is verkeerd. Elke kind is van nature ’n filosoof. Vir hulle is die wêreld ’n verwarrende plek en hulle probeer hard om daaruit sin te maak. En hulle is boonop goed daarmee. Kinders is slim en dapper denkers.

Trouens, volwassenes kan baie by hulle leer – soos dié vrae bewys.

EK VOEL SOMS ASOF EK DIE ENIGSTE REGTE MENS IS EN ALLE ALMAL ANDER MENSE ROBOTTE IS. HOE KAN EK WEET OF DIT WAAR IS? – URSULA (8)

Het jy al gekyk of jou gesin en maats paneelkassies en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Vier Die Liefde
Hy het byna twee dekades gelede gesing oor sy “Jessie baby” – sy was ’n Jessica aan wie hy tóé al sy ewige liefde verklaar het. Die ironie, natuurlik, is dat die rasperstemsanger RAY DYLAN nie in 2007 geweet het wie dié Jessica is nie, tot hy haar se
Huisgenoot5 min read
Voor Jy Kan Sê Mes
MY MA. Dis waar ek leer vis vlek het. Ek was 14 toe my ma my saam gevat het hawe toe. Sy’t elke aand huis toe gekom en dan sien ons hoeveel geld sy het. “Hulle’t klomp geld, nè?” het ek en my broertjie altyd vir mekaar gesê. Ons wou ook daar werk. Ee
Huisgenoot5 min read
Toe’s Dit Al Die Tyd Jy
MENSE praat graag van tweede kanse, maar soms vat dit net tyd vir die régte kans om te kom. Dan is dit eintlik die enigste een wat saak maak. Dis minder as ’n week nadat die aktrise Dorette Potgieter op 51 getroud is met die ingenieur Hennie Karsten,

Related