Idees

STAP JOU LABIRINT

Dit was ’n eerste vir my toe ek onlangs ’n ‘lewende’ labirint bewandel. Met spekbome alkant van die kronkelpaadjie waar ek na die middelpunt gestap het. Mens en natuur het as’t ware saam asemgehaal. Einde verlede jaar het ek ’n retreat op Goedgedacht in die Riebeekvallei bygewoon. Johann van Greunen, holistiese helingsberader en reiki-meester, het ons gewys hoe om ons sintuie opnuut te waardeer. Om die labirint op die plaas te stap was maar een van vele ‘oefeninge’.

Sintuiglik wás dit ’n lekker belewenis. Die reuk van die veld, die gekwetter van voëls, diep asemteue vars lug… Elke ou stap op sy eie. Kaalvoet. Jy moet die aarde onder jou sole voel. Dis ’n soort uitruil van energie tussen jou en die grond terwyl die son op jou bak. Lekker om die grond onder jou voete te voel. Soos kleintyd, wanneer ’n mens by familie op die plaas gaan kuier het en op die grondpad gestap het.

Die geskiedenis van die labirint kronkel terug tot in 5000 v.C. Argeoloë het in Siberië afgekom op ’n mammoettand

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Idees

Idees2 min read
Vanieljekoekies Op 4 Maniere
Maak: omtrent 30 koekies Bereidingstyd: 1 uur, plus yskastyd Baktyd: omtrent 15 minute per baksel Oondtemperatuur: 170 ºC ♥ 250 g (270 ml) sagte botter ♥ 140 g (160 ml) strooisuiker ♥ 2 groot eiergele ♥ 5 ml vanielje-ekstrak ♥ 360 g (660 ml) koekmeel
Idees3 min read
Onthoutye
Baie mense dink 'n plattelandse bestaan is 'n lewe van gemak en duursame dienlikheid, maar styl was nog nooit iets wat Illze Muller kon afskeep nie. Sy is die vrou met die kop vol drome agter die interieur van dié 180 jaar oue plaashuis. Teen die tyd
Idees1 min read
Stensil Met Gips
Versier papier met 'n mooi gips-ontwerp. Plaas 'n stensil op die papier, verf 'n laag gips daaroor en verwyder die stensil terwyl die gips nog nat is om die ontwerp te onthul.

Related