SARIE KOS

Ontbyt vir koninginne

ROLENE STRAUSS

Mej. Wêreld 2014

Spreker, skrywer en sakevrou. Tans is sy besig met haar meestersgraad in filosofie en lewensafrigting, én sy het ’n splinternuwe aanlyn kursus, Rediscover Your Self-Confidence, begin om vroue te help om hul selfvertroue te bou en hul drome vreesloos na te jaag

Jy is ’n ma van twee klein seuntjies. Geniet jy hulle?

Ag, verskriklik baie. Ek dink ek het twee harte, want al twee is my hart se punt. Ek is dolverlief op hulle en hulle is so goed vir my siel. ’n Deel van my selfvertroue-reis is juis my kinders wat lief is vir my net soos ek is. Ek is hul alles en hulle is my alles.

Jy is besig met jou meestersgraad in filosofie en lewensafrigting . . .

Ja, dis ’n lekker nuwe uitdaging. Ek en my man is getroud in 2016, kort nadat ek die kroon oorhandig het, en ons het hierdie plan gehad: dat ek my mediese graad gaan klaarmaak, Kaap toe gaan trek en my internskap en gemeenskapsdiens daar doen. Drie maande ná ons troue vind ek uit ek is twee maande swanger; dit het alles verander. Ek moes kies tussen medies en om in hierdie spesiale tyd weg te wees van my man en kind. Dis toe dat ek medies opsy geskuif het. Maar die deel van my wat graag mense wil help en genees, was steeds daar. Dis hoekom ek nou in my meestersgraad fokus op vroue wat sukkel

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE KOS

SARIE KOS8 min read
• HERMAN PROE THAISE PERFEKSIE • KOSTEATER VAN STORIES EN SMAKE WÊRELDKLAS in Bangkok
’nKoservaring in Thailand is vinnig besig om die gewildheidsleer te klim op die fynproewerstoneel. Vir lank het die wêreld Frankryk as die geboorteplek van goeie kos beskou, wat natuurlik waar is, maar nou draai ons ons oë ook na die Ooste. Dalk is d
SARIE KOS7 min read
Allawêreld! Afrika
Hoe Amarula een van die wêreld se gewildste roomlikeurs geword het.” Die opskrif van ’n artikel in die Amerikaanse finansiële tydskrif Forbes. En verder word geskryf: “Die prominente olifant op die etiket is net so herkenbaar op die rak agter ’n kroe
SARIE KOS5 min read
KOOKKLAS: Pasta Vir Die Wen
● Maak jou eie pastadeeg● Ravioli vir ’n uithang-okkasie● Boerewors-bolognese Sorg dat jou pot groot genoeg is en ook genoeg water bevat om die pasta te kook. Jy het vier dele water teenoor een deel pasta nodig, dan beweeg die pasta makliker in die

Related