SARIE

TOP-10 voorbladmooi !

In trotse samewerking met

Die Isa Carstens Akademie en die haarsorgmaatskappy INOAR ondersteun die wedstryd onderskeidelik die afgelope drie en vier jaar, en albei borge, wat bestaan uit innoverende, sterk vroue, maak dié ervaring vir ons 10 finaliste vanjaar weer moontlik.

Bianca Bezuidenhout

Jy het vanjaar vir die eerste keer ingeskryf

Ek was aanvanklik bang vir die groot platform. Ek swot onderwys, en besef toe dit is eintlik die ideale geleentheid om jongmense te inspireer. Baie hoërskoolleerders dink hulle is nie goed genoeg nie, ek was ook daar, maar nou kan ek hulle hiermee motiveer om in hulself te glo.

Jy glo dat jy jouself moet aanvaar

Dikwels kry jong kinders selfone, gaan op sosiale media en sien ’n image van hoe hulle moet lyk. Toe ek jonger was, het ek gesukkel om myself te aanvaar. My ouers het egter nog altyd vir my gesê dat ek my nie met ander moet vergelyk nie; ek hoef nie perfek of soos ander mense te wees nie. As ek gekla het oor my groot voete, dan het ek by my pa gehoor dat ek nog groot voetspore in die lewe gaan trap.

Jou pa is vir jou ’n groot inspirasie

My pa is gediagnoseer met NMO [neuromiëlitis optika, dit tas die oë en rugmurg aan] en hy is so ’n groot inspirasie vir ons hele familie. Hy kla nooit nie, en fokus nie op die negatiewe nie, net die positiewe. Ek het geleer dat ons soveel het om voor dankbaar te wees.

Jou droom is om eendag met beeste te boer

Ek stel baie belang in landbou en boerdery en my pa het met beeste geboer. Ek het twee

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE4 min read
16 Blaaie Vir Die Ontspan, Die Probeer En Die Pret!
DWARS 7 Te perd (6)8 ’n Mooi man (6)9 Ekonomiese insinking (8)10 Begeer (4)11 Wat bestaan (4)12 Kombineer (8)14 Poort (8)16 Godsdienstige gebruik (4)18 Bondel druiwe (4)20 Ondermyn (8)22 Alarm (6)23 Vroeër (6) AF 1 Ervaar (6)2 Oor argumente praat (8
SARIE1 min read
Koopgids
C Coricraft coricraft.co.zaCotton On 087 550 4383, cottonon.com/ZA D Daniel Hechter 021 460 2300, truworths.co.za E Eeme 082 890 3453, eeme.co.za F Famke 079 978 5058, famke.co.zaFoschini 0861 111 761, bash.com H H&M 0860 690 707, hm.com/za I It
SARIE4 min read
Mila Guy ‘Ek Kies SA, Elke Dag’
Hoe voel jy oor jou 30’s? ’n Mens voel so bietjie weird daaroor. Ek meen jy weet jy gaan dertig word, maar jy dink nooit verder oor jou lewe ín die dertigs nie. Wat is 32? Wat moes ek al bereik het? Maar met jou dertigs voel jy ook jy kan “nee” sê. A

Related