Weg! Platteland

Winkel-winkel is g’n speletjie

In die hart van die ongerepte Kogelberg-biosfeer lê Pringlebaai doeksag op die mees oostelike puntjie van Valsbaai en dut. As ’n mens skemeraand op die strand staan, kan jy Kaappunt se vuurtoring dóér anderkant die golwe sien wink, maar dis so ver as wat die beskawing strek.

Op hierdie sluimerende vakansiedorpie met skaars 2 000 permanente siele kraai die natuur nog koning. Hier’s nie straatligte óf die gewone geriewe soos kettingwinkels, banke en vulstasies nie, en die dorp se paaie is meestal ongeteer. Snags loop daar nog bokkies – en bedags bobbejane – tussen die oop erwe rond… (Gelukkig klim dié bobbejane nooit voor ’n kar se stuurwiel in nie. – Reds.)

Dié stukkie fynbosparadys is behoorlik die teenpool van die platinummyne van Rustenburg in Noordwes waar Adriaan en Ilse Halgryn, albei vroeg in die veertig, jare lank in die finansiële afdeling gewerk het voordat hulle laat

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland1 min read
Om Van Vooraf Te Begin…
In Julie 2022 is al ons besittings gesteel gedurende die KwaZulu-Natalse plundertog terwyl dit in Westmead, Pinetown, geberg is. Ons moes letterlik van vooraf begin, maar dankie tog vir versekering. Nou het ons ’n nuwe huis in ’n aftreeontwikkeling o
Weg: Platteland1 min read
Dié Laster Is Niks Lekker
Ons bly op die platteland van Mpumalanga. Ons is gereelde kopers van die tydskrif en geniet die artikels baie. Veral die onderhoude met die mense van ’n spesifieke plek is baie goed – dit laat ’n mens hunker om sommer in die kar te klim en hulle te g
Weg: Platteland1 min read
Weg! Platteland
REDAKTEURS JOHAN VAN ZYL & PETER VAN NOORD helloplatteland@gmail.com KUNSHOOF SEAN ROBERTSON SOSIALE MEDIA VILIEN COETZEE UITVOERENDE HOOF: MEDIA24 ISHMET DAVIDSON ALGEMENE NAVRAE YUMNA TOFEY yumna.tofey@media24.com 021 021 406 2205 HOOFBESTUURDER: L

Related