Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Net vier dae om te lewe!
Net vier dae om te lewe!
Net vier dae om te lewe!
Ebook56 pages34 minutes

Net vier dae om te lewe!

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

NET VIER DAE OM TE LEWE!


Hierdie e-boek is geskryf deur Chris Opperman op sy tagtigjarige ouderdom en is die eerste boek wat hy skryf.


Elkeen van ons het unieke stories om te vertel, van wat alles in ons lewe gebeur het en die tragiese daarvan is dat bitter min van ons die stories vasvang op swart en wit, vir ons nageslagte om te lees en te geniet. Wanneer die dood op die drumpel van jou deur kom staan, skrik baie skielik wakker, maar gewoonlik vir meeste dan te laat. Chris Opperman het besluit, kom wat wil, hy gaan skryf oor ’n klompie van sy uitsonderlike lewensverhaal stories voor die geleentheid hom vir ewig ontneem word.


In sy besondere manier van skryf, met baie Engelse woorde asook eie woorde wat geskep is en dus nie in woordeboeke voorkom nie, neem hy die leser op ʼn opwindende tog van meer as 16 lekkerlees kortverhaal stories. Meeste van sy stories het ʼn komiese aanslag terwyl ander weer drama bevat en nog ander die kyker ʼn terugblik gee van wat tien, twintig, dertig jaar en langer terug in Suid-Afrika gebeur het. Daar is genoeg inligting wat oud en jonk mee sal kan identifiseer en dit dus nie sal teleurstel nie. Hy spreek sy hoop uit dat die boek ook ander sal inspireer om die pen op te neem en hulle stories sal verewig op papier en so ander se lewe kan verryk met die soet en die suur of die swaarkry en lekkerkry van hul lewe…

LanguageAfrikaans
Release dateSep 5, 2022
ISBN9781928498889
Net vier dae om te lewe!

Related to Net vier dae om te lewe!

Related ebooks

Related articles

Reviews for Net vier dae om te lewe!

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Net vier dae om te lewe! - Chris Opperman

    ʼn Vertaling

    1. HOUTWERK IS ’N KUNS

    My naam is Chrisjan en ek werk met hout.

    ’n Hoenderhok, ʼn skuur, selfs ʼn huis, die kan ek bou.

    Maar duidelik in hierdie dae is spesialisasie erg nodig en ek het gesoek en gesoek en uiteindelik my spesialiteit gekry.

    Buite toilette! Longdrops! Privies! - Ja, hierin kan ek spesialiseer!

    Hulle is nie maklik nie, maar buurman Willem het ʼn kans gewaag en my versoek om ʼn driegatter vir sy agttallige familie te bou.

    Chrisjan, seg Willem, ek het jou werk gesien en dis goed, maar wat se waarborg gee jy? Goeie werk verdien ʼn sterk waarborg, gratis en verniet.

    Ek sal jou vertel, Willem.

    Faantjie bel my eendag en vertel van die probleem wat my agtgatter in sy fabriek gee. Die manne gaan sit en kom nie terug voor oortyd betalings begin het nie.

    Faantjie, seg ek, ek maak gou klaar met hierdie drop. ʼn Plan sal ek wel hê, die waarborg staan nog.

    Op ʼn geleë tyd kruip ek agter bossies weg en waarvandaan ek ʼn goeie uitsig kon hê oor die bedrywighede by die gattery. En dis waar die manne kom sit en spandeer onnodige lang tye daar.

    Ek kyk na die almanakke wat daar hang, die meisies het al hul klere aan en hulle is nie eens blond nie.

    En toe sien ek dit! Die sitplekke pas perfek en is te gemaklik en mooi. Ek haal my growwe saag en sny die sitplekke vierkantig en maak hulle grof en siedaar, probleem opgelos. Die gemiddelde besoek duur nou net vier minute! Die waarborg is gratis aangewend!

    Kom dan en gee ʼn kwotasie vir ʼn driegatter, seg Willem. Ek loop tot by sy huis en sien hulle het vriende oor vir middagete. Ek wil nie die ete pla nie, dus gaan roep ek hom by ʼn syvenster.

    Spoedig is ons in diep gesprek oor waar die gedoente geplaas moet word. Willem wil dit onder die appelboom hê.

    Willem, seg ek, "appels wat op ʼn privy se dak val kan ʼn mens laat skrik met wie weet watse nagevolge. Selfs oor ʼn mens se maag laat wonder. En kyk die paadjie hiernatoe, dis krom en glibberig in die reëntyd. Oupa, wie baie besoeke moet bring, veral in die nag, sal dit moeilik vind. Dis in elk geval die enigste oefening wat hy kry. Sê nou julle tel hom vroegoggend op, vasgeval in die modder, met sy nagvalle om sy boude, nee, dit sal nie deug nie.

    Nee, meneer, maak die paadjie reguit en veral langs die brandhoutstapel verby.

    Ek vertel jou hoekom. Die gemiddelde vrou gaan so vier of vyf keer per dag, en as sy vlytig is, tel sy sommer ʼn paar stompies op en daar is jou kombuis vol brandhout sonder enige moeite.

    En as die vrou skamerig is, veral as manne naby is, sal sy die houtstapel ʼn paar keer meer besoek en siedaar, ʼn kombuis vol brandhout

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1