Weg!

Welkom!

ANDRIES THYS

Veldgids, Mata-Mata

Ek het by Twee Rivieren grootgeword en by my oupa, Abraham Malgas, van die veld geleer – hy was nog van die generasie wat in die park gebore was.

Hy het seker meer as 30 jaar in die park gewerk, as kampman, as veldwagter, as spoorsnyer.

My pa, Floors Thys, het óók in die park gewerk, hy was by die tegniese afdeling. As hy voorraad moet wegbring na Mata-Mata of Nossob, dan het ek soms saam met hom gery. Toe ek jonk was, was die begeerte dus daar om ook eendag in die park te werk.

Ek het ook veldkennis opgetel by oom Vetpiet Kruiper, hy was die meesterspoorsnyer. Dan ook by Andrew Kruiper, hy bly vandag op Welkom. Dié mense was ingebore met die veldkennis.

As ons nou byvoorbeeld na hierdie duin kyk waarop ons staan, dan sien ons, goed, hier is voëlspore, en daardie is nou die koringkriek. Ek sal eers kyk wat is die oggendspore, wat is vars. Ek weet ek was twee dae terug hier met ander gaste. Dáár is hulle spore nog in die duin, so ek kyk wat het bo-oor hulle spore getrap.

Dis wat die Boesmans in die ou dae ook gedoen het toe hulle uitgegaan het om te jag. Hulle kyk watter bokspore is oud, en watter is die varsste.

Hierdie is mos nou die duinrietgras. Soos die wind waai, maak hy ook sy spoortjie as die halm só vee, dan sal die jagter kom sien uit watter rigting die wind gewaai het, en dan weet hy watter rigting hy moet gaan dat die bok nie sy reuk kry nie.

Hierdie is

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg5 min read
Ken Jy Al Dié Dagroetes?
Welmé de Beer, George welme.debeer Vensterberg (1 309 m) is definitief die piek wat my met die mooiste uitsigte beloon, ongeag die tyd van die dag. Met sonopkoms en sonsondergang doen die piek sy naam gestand, veral as daar ’n paar dramatiese wolke
Weg1 min read
Afrika Op Sy Beste
Elke keer as ek na hierdie foto van die Wolfbergboog kyk, is ek dadelik weer dáár – saam met my stapmaats op die laaste oggend van ’n onvergeetlike trek deur die Sederberg. Ons drink koffie terwyl die son opkom en sê nie veel nie. Af en toe tik een n
Weg6 min read
Wat Klip Ons Vertel
Vir die eerste seevaarders wat om die Kaap gevaar het, was Tafelberg hoofsaaklik ’n baken. Dié strak klipmassa, reeds vir kilometers sigbaar vanaf die oopsee, het bevestig: Die skip is nog op koers – maar niks meer nie. Tóé was daar nog nie sprake va

Related