Weg!

Om langs ’n rivier te bly

Cameron Wilson

Mede-eienaar, Nunda River Lodge (bl. 124), Kavangorivier

“Ons het in 2006 begin bou en die lodge in 2008 geopen. Hier’s oorgenoeg toeriste om al die lodges en kampe langs die rivier te onderhou. Hier kom baie Europese besoekers – ten minste 90% van ons gaste is van Duitsland, Oostenryk of Switserland.

“Dis ’n voorreg om teen die water te bly. Veral vir ’n Namibiër vir wie reën en riviere ’n skaars ding is. Die rivier verstom my elke dag, dis gedurig aan’t verander; met die watervlak wat styg en daal, styg en daal… As gaste instap, mik hulle reguit na die dek en sê: ‘Sjoe, kyk net hierdie uitsig!’

“Kyk, die plek het sy uitdagings, maar hulle is oorkombaar. Jy moet aanhou om bewaring op mense se hart te druk; en hulle laat verstaan wat die gevolg is van grootskaalse ontbossing, jaarlikse veldbrande en oorbevissing. En die lodge-eienaars moenie aan die spits van dié gesprek wees nie; ons moet op voetsoolvlak betrokke wees. Álmal moet oortuig wees van die waarde van die natuur; die hoofman inkluis. En van hom af moet dit

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg1 min read
Weg!
Stapgids REDAKTEUR: WEG PIERRE STEYNREDAKTEUR: WEG STAPGIDS 2024 SOPHIA VAN TAAKKUNSHOOF LYNNE FRASERTEKSREDAKTEUR VANIA JOOSTE MEDIA24 UITVOERENDE HOOF: MEDIA24 ISHMET DAVIDSONHOOFBESTUURDER: LEEFSTYL MINETTE FERREIRA UITGEWERSPAN FINANSIËLE BESTU
Weg3 min read
Mooi Van Lelikheid!
Hiënas lyk nogal soos honde, maar hulle is nie honde nie; hulle naaste familie is dwergmuishonde en sivetkatte. Die voorste twee bene is langer as die agterbene, wat maak dat ’n hiëna se skouers hoër is as sy stuitjie en sy rug skuins na agter afloop
Weg6 min read
’n Kuier By Die Kokerbome
Augustus het al hoeveel keer probeer om lente te wees. Maar sy is deur die winter grootgemaak en sal nie sommer van haar koue, winderige gewoontes ontslae kan raak nie. Daarom staan ek en vriend Japie Kruger vanoggend steeds om die roosterkoekvuur by

Related