Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Wat dit beteken om ’n herder te word
Wat dit beteken om ’n herder te word
Wat dit beteken om ’n herder te word
Ebook156 pages2 hours

Wat dit beteken om ’n herder te word

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Net een ding kom in jou gedagtes op as jy die woord "herder" hoor - skape! Skape is afhanklike diere wat 'n herder nodig het. 'n Herder is 'n gids wat die skape liefhet en versorg. Die Bybel praat van ons as die skape van God se weide. Jesus het vir Petrus opdrag gegee om sy skape te laat wei en so te bewys dat hy sy Verlosser liefhet. Om 'n herder te wees, is 'n baie belangrike werk. Dit is 'n eer om deur God geroep te word om by sy werkmag aan te sluit en vir sy skape te sorg. In hierdie boek nooi Dag Heward-Mills ons uit, moedig hy ons aan en wys hy vir ons hoe ons by die groot werk betrokke kan raak om God se mense te versorg. Moenie die geleentheid van hierdie wonderlike werk misloop om 'n herder te word nie!

LanguageAfrikaans
Release dateSep 19, 2018
ISBN9781683982203
Wat dit beteken om ’n herder te word
Author

Dag Heward-Mills

Bishop Dag Heward-Mills is a medical doctor by profession and the founder of the United Denominations Originating from the Lighthouse Group of Churches (UD-OLGC). The UD-OLGC comprises over three thousand churches pastored by seasoned ministers, groomed and trained in-house. Bishop Dag Heward-Mills oversees this charismatic group of denominations, which operates in over 90 different countries in Africa, Asia, Europe, the Caribbean, Australia, and North and South America. With a ministry spanning over thirty years, Dag Heward-Mills has authored several books with bestsellers including ‘The Art of Leadership’, ‘Loyalty and Disloyalty’, and ‘The Mega Church’. He is considered to be the largest publishing author in Africa, having had his books translated into over 52 languages with more than 40 million copies in print.

Related to Wat dit beteken om ’n herder te word

Related ebooks

Related articles

Reviews for Wat dit beteken om ’n herder te word

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Wat dit beteken om ’n herder te word - Dag Heward-Mills

    Hoofstuk 1

    Wat is ’n herder?

    En toe Hy die skare sien, het Hy innig jammer gevoel vir hulle, omdat hulle MOEG EN UITGEPUT was, soos skape wat GEEN HERDER het nie.

    Mattheüs 9:36

    Dit is nie vir ons nodig om te sukkel met die definisie van wie ’n herder is nie. ’n Herder is ’n gids wat lief is vir die skape en hulle lei. ’n Herder is iemand wat God geroep het om vir die skape te sorg.

    In die Bybel word God se mense skape genoem en Hy het mense geroep wat Hy herders noem om vir hierdie skape te sorg. God sien ons nie as ’n groep slange, akkedisse, katte of honde nie. Nee! Hy sien ons as ’n groep skape wat liefde, sorg en leiding nodig het.

    Kom, laat ons aanbid en neerbuk; laat ons kniel voor die HERE wat ons gemaak het. Want Hy is onse God, en ONS IS DIE VOLK VAN SY WEIDE EN DIE SKAPE VAN SY HAND.

    Psalm 95:6-7

    Ek skryf hierdie boek omdat ek vas glo dat baie mense vir God se skape kan kom help sorg. Dit is tyd dat ons na vore kom en met die groot werk help om God se mense te versorg. Om ’n herder te wees is een van die grootste dinge van alle tye, omdat ons Here mense liefhet en hulle as skape sien wat sorg en leiding nodig het. Om ’n herder te wees, is ’n heerlike werk. Dit is waarom dit die werk is wat vir die apostel Petrus, die hoof van die kerk, gegee is. Onthou! Jesus het van Petrus verwag om sy liefde te bevestig deur die skape te laat wei en vir hulle te sorg. Petrus, het jy My lief? As jy My liefhet, laat my skape wei!

    Toe hulle dan klaar was met die môre-ete, vra Jesus vir Simon Petrus: Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief, meer as hulle hier? Hy antwoord Hom: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet. Hy sê vir hom: Laat my lammers wei.

    Hy vra hom weer die tweede maal: Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief? Hy antwoord Hom: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet. Hy sê vir hom: Pas my skape op.

    Hy vra hom die derde maal: Simon, seun van Jona, het jy My lief? Petrus het bedroef geword, omdat Hy hom die derde maal vra: Het jy My lief? En hy antwoord Hom: Here, U weet alles, U weet dat ek U liefhet. Jesus sê vir hom: Laat my skape wei.

    Johannes 21:15-17

    Daar is twee kategorieë mense in elke kerk: herders en skape. Jy is óf ’n herder óf ’n skaap. ’n Herder is basies ’n pastor. In baie tale is die woord vir herder dieselfde as die woord vir pastor. Dieselfde woord wat vir herder gebruik word, is die woord wat vir pastor gebruik word. Ek verkies om die woord herder te gebruik, omdat dit almal help om te verstaan wat die werk inhou. Ek verkies om die term herder te gebruik, omdat dit ’n duideliker uiteensetting is van wat ’n pastor werklik is. Om ’n herder te wees, beteken dat jy mense as skape moet sien en hulle so moet behandel.

    Daar is baie vreemde verklarings vir die woord pastor, en elkeen het sy eie idee van wat ’n pastor moet wees of doen. As jy egter sê dat jy ’n herder is, weet jy onmiddellik dat dit jou werk is om skape te versorg. As jy ’n herder is, kan jy uit die aard van die saak nie mense versorg wat nie soos skape gelei, geleer en versorg kan word nie. In ons taal word die woord pastor algemeen gebruik om te verwys na man van God of God se verteenwoordiger. As gevolg hiervan word profete, apostels, diakens en amper elke verteenwoordiger van God pastor genoem. ’n Herder is ’n spesifieke soort werker wat tyd het om te versorg, tyd om lief te hê, tyd om te laat wei en tyd om die skape te versamel.

    Let op in die bogenoemde Skrifgedeelte dat die skape verstrooi was omdat daar geen herder was nie. Skape raak nie verstrooi omdat daar geen profeet is nie. Skape raak nie verstrooi omdat daar geen evangelis of diaken is nie. Skape raak verstrooi omdat daar geen herder is nie. Ek glo vas dat baie mense geroep word om herders te wees. Baie mense kan hulle liefde, hulle tyd en hulle energie gee om ander te versorg. Ek weet dit omdat die meeste mense moeders en vaders word wat die natuurlike vermoë het om hulle kinders te versorg. Om ’n herder te wees, vra so baie liefde, versorging en leiding dat die skape hulle herders uiteindelik vaders noem. Wanneer iemand met die salwing van ’n herder na vore kom, versamel mense rondom hom omdat almal liefde, versorging en leiding nodig het.

    Leer om die woord herder te gebruik wanneer jy mense beskryf wat God se volk versorg en hulle laat wei, omdat dit is wat hulle is. Wanneer jy jouself as ’n herder beskryf, sal dit jou help om op jou werk as ’n herder te fokus. Vandag is baie mense veronderstel om die skape te versorg, lief te hê en te lei, maar hulle het gesekulariseerde mense geword wat beter by ’n universiteit pas as by ’n kerk.

    Wanneer jy ’n herder agter sy lessenaar in ’n bank sien sit, sou jy dadelik vir hom vra: Waar het jy jou bokke en skape gelos? Wat gebeur met hulle? Wie sorg vir hulle? Vandag het baie herders hulle bokke en skape agtergelaat en hulle word op die sogenaamde markpleine aangetref waar hulle iets heel anders doen as wat ’n herder doen. Hulle het die eer geminag wat vir ons gegee is om vir God se mense te sorg en hulle te laat wei. Moenie hierdie boek weggooi nie. Om ’n herder te wees is ’n baie belangrike taak. Dit is God se werk. Neem dit ernstig op. Jy kan ’n herder word en vir God se kinders sorg. Jy kan iets vir God doen!

    Daar was ’n tyd waarop ons ontvang het, maar dit is nou die tyd om te gee! Daar was ’n tyd toe ons geleer is, maar dit is nou die tyd dat ons onderrig gee! Daar was ’n tyd toe ons deur iemand gelei is, maar dit is tyd om ander te lei! Gee jouself vir hierdie edel werk om ’n herder te wees – om mense lief te hê, te versorg en te leer. Dit is ’n eer. Selfs as jy ’n leek is, kan jy ’n herder word. Baie leke is in die bediening. Jy kan een van die geëerde leke wees wat God as ’n herder dien.

    As jy in die voltydse bediening is, dink eerder aan jouself as ’n herder en nie as ’n man van God nie. Dit sal jou help om jou roeping beter te verstaan. Gebruik die gawes van God om lief te hê, te versorg, te lei en te onderrig en jy sal ’n herder vir God se mense wees. Onthou dat Jesus sy skape baie liefhet. Hy het vir ons gesterf. Hy moet baie besorg oor ons wees! Enigeen wat God se skape versorg, het reguit in die liefde van God inbeweeg omdat Jesus hierdie skape liefhet en vir hulle gesterf het.

    Hoofstuk 2

    Waarom jy ’n herder kan word

    In hierdie hoofstuk wil ek jou wys dat daar baie Skriftuurlike redes is waarom ek glo dat jy ’n herder kan wees. Ek glo dat jy in ’n stadium van jou Christelike ontwikkeling ’n herder kan wees, ten minste tot op ’n sekere vlak. Die Bybel leer van baie gesigshoeke af dat jy in die bediening vrugbaar kan wees. Die Woord leer ons ook dat baie en nie min nie, na die bediening geroep word.

    En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus …

    Efesiërs 4:11-12

    Die gewone uitleg van hierdie Skrifgedeelte is dat God spesiale ampte vir die bediening aan die kerk gegee het vir drie hoofredes:

    1. Om die heiliges toe te rus.

    2. Om die werk van die bediening te doen.

    3. Om die liggaam van Christus op te bou.

    Dit is waar. Ons moet egter onthou dat die vertalers van die Bybel leestekens bygevoeg het wat soms ’n ongelukkig verklaring van die teks meegebring het. As jy die kommas uit Efesiërs 4:12 uithaal, gee dit ’n heel ander betekenis wat na my mening meer akkuraat is. Verwyder die leestekens uit Efesiërs 4:12 en kyk wat sê die vers nou.

    En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk tot opbouing van die liggaam van Christus …

    Efesiërs 4:11-12

    Die Skrifgedeelte sê nou dat God apostels, profete, evangeliste, herders en leraars gegee het om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk tot opbouing van die liggaam van Christus.

    Met ander woorde: hierdie spesiale ampte vir die bediening is gegee om gewone heiliges toe te rus en om hulle (die gelowiges) in staat te stel om die werk van die bediening te doen. Wat beteken dit? Dit beteken eenvoudig dat gewone gelowiges die werk van die bediening kan doen. Dit beteken ook dat die werk van die bediening nie die alleenreg van sekere apostels en leraars is nie.

    Herders kan ’n groot deel van die bediening bevredigend uitvoer.

    Wanneer jy Efesiërs 4:11-12 op hierdie manier uitlê, plaas dit die verantwoordelikheid van die bediening op almal van ons en nie net op ’n paar mense nie. Dit moet die geval wees, omdat die Bybel sê dat baie geroep is!

    God het nooit ’n paar mense geroep om sy werk te doen nie. God het altyd baie meer mense geroep as wat gereageer het.

    As jy God was en jy het so ’n geweldige taak wat afgehandel moes word – die taak om die hele wêreld te red – sou jy ’n paar mense geroep het en hulle uitgestuur het? Natuurlik nie! Jy sou soveel mense as moontlik geroep het en hulle uitgestuur het. Ongelukkig reageer min mense op die roeping en daarom word min uiteindelik gekies om in die wingerd te werk.

    Is die roeping so ’n belangrike saak?

    Ons het die roeping van God ’n baie mistieke ervaring gemaak wat inhou dat jy stemme hoor, visioene sien en skouspelagtige geestelike belewenisse ervaar. Dit is ’n foutiewe veralgemening. Baie word geroep, maar baie het nie visioene van Jesus gesien nie. Die Bybel leer ons dat ons geroep is om heiliges te wees.

    … aan al die geliefdes van God, GEROEPE HEILIGES wat in Rome is …

    Romeine 1:7

    … aan die gemeente van God wat in Korinthe is, aan die geheiligdes in Christus Jesus, die GEROEPE HEILIGES …

    1 Korinthiërs 1:2

    Dit is die heiliges wat volgens Efesiërs 4:12 veronderstel is om die werk te doen. Laat ons eerlik wees. Toe ons geroep is om heiliges te wees, hoeveel van ons het bonatuurlike stemme gehoor? Hoeveel van ons is deur die vrees vir donderweer en weerlig gered? Hoeveel van ons het op pad na Damaskus neergeval? Baie min Christene het so ’n dramatiese roeping van God ontvang.

    Dit beteken egter nie dat ons nie geroep is om Christene te wees nie.

    Alle weergebore Christene het ’n bonatuurlike roeping in hulle lewe om heiliges te wees. Dit was dalk nie skouspelagtig nie, maar dit was sekerlik bonatuurlik. As jy jouself ’n Christen noem, dan het jy ’n roeping ontvang waarop jy geantwoord het. Ek lig jou in dat jy in werklikheid ’n roeping gehoor het en op ’n goddelike roeping geantwoord het, al weet jy nie daarvan nie.

    Wat was daardie roeping? Daardie roeping was eenvoudig ’n oortuiging van die werklikheid van Jesus Christus wat oor jou gekom het. Daardie selfde oortuiging het jou gelei om jou lewe vir Christus te gee en jou ’n weergebore Christen gemaak.

    Soms wag mense so baie vir die sensasionele dat hulle die werklike bonatuurlike handeling van God miskyk. Op dieselfde manier waarop ons geroep is om Christene te wees, sal God baie van ons roep om Hom op ’n bepaalde vlak te dien. Jy word dalk nie soos Elia tot ’n asemrowende vlak van bediening geroep nie, maar dit is steeds ’n roeping!

    Kyk na

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1