Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Vertel hulle: 120 redes waarom jy 'n sielewenner moet wees
Vertel hulle: 120 redes waarom jy 'n sielewenner moet wees
Vertel hulle: 120 redes waarom jy 'n sielewenner moet wees
Ebook144 pages2 hours

Vertel hulle: 120 redes waarom jy 'n sielewenner moet wees

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Die lande is wit en die oes van siele is ryp, maar waar is die predikers? Dag Heward-Mills se inspirerende nuwe boek is 'n dringende oproep aan alle Christene om sielewenners te word.

LanguageAfrikaans
Release dateJul 17, 2018
ISBN9781613953273
Vertel hulle: 120 redes waarom jy 'n sielewenner moet wees
Author

Dag Heward-Mills

Bishop Dag Heward-Mills is a medical doctor by profession and the founder of the United Denominations Originating from the Lighthouse Group of Churches (UD-OLGC). The UD-OLGC comprises over three thousand churches pastored by seasoned ministers, groomed and trained in-house. Bishop Dag Heward-Mills oversees this charismatic group of denominations, which operates in over 90 different countries in Africa, Asia, Europe, the Caribbean, Australia, and North and South America. With a ministry spanning over thirty years, Dag Heward-Mills has authored several books with bestsellers including ‘The Art of Leadership’, ‘Loyalty and Disloyalty’, and ‘The Mega Church’. He is considered to be the largest publishing author in Africa, having had his books translated into over 52 languages with more than 40 million copies in print.

Related to Vertel hulle

Related ebooks

Related articles

Reviews for Vertel hulle

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Vertel hulle - Dag Heward-Mills

    Inleiding

    Om siele te wen is die baie belangrike taak om ongeredde mense na Jesus Christus toe te bring. Om siele te wen kan gedoen word deur persoonlike evangelisasie, veldtogte, Christelike leesstof, sendingwerk, ontbytbyeenkomste, evangelie-feeste, Christelike musiek en ander metodes.

    Die oudste metode om die verlorenes te wen, was wanneer sendelinge hulle lewe opgeoffer het vir die redding van hele volke, stamme en nasies.

    Nog ’n metode om siele te wen is deur massa-veldtogte en evangelisasie wanneer een persoon teenoor ’n ander getuig.

    Hierdie boek gaan oor die wen van siele op elke moontlike manier. Dit gaan oor persoonlike evangelisasie, dit gaan oor massa-veldtogte, dit gaan oor boeke en dit gaan oor sendelinge. Op elke moontlike manier moet ons sommige red!

    Jy mag dalk vra: Waarom so baie redes?

    Liewe vriend, ek gaan vir jou net honderd en twintig redes gee waarom jy siele moet wen, maar ek kan jou verseker dat daar baie meer redes is wat ek nie eers vir jou kan gee nie.

    Lees hulle en glo hulle en ontvang die Gees van Christus, wat die Gees van die sielewenner is.

    Hoofstuk 1

    Honderd en twintig redes waarom jy ’n sielewenner moet wees

    1.Jy moet ’n sielewenner wees omdat dit die groot opdrag, die groot bevel, die groot mandaat en die groot instruksie is wat deur ons Here en Verlosser, Jesus Christus, aan ons gegee is.

    En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.

    Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

    En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.

    Matteus 28:18-20

    2.Jy moet ’n sielewenner wees omdat ons almal geroep is om die groot werk te doen om siele te wen.

    Want baie is geroep, maar min uitverkies.

    Matteus 22:14

    So sal die wat laaste is, eerste wees, en die wat eerste is, laaste; want baie is geroep, maar min uitverkies.

    Matteus 20:16

    Wat ander mense oor die roeping gesê het

    "Nie geroep nie! Is dit wat jy sê? Nie die roeping gehoor nie, is wat ek dink jy behoort te sê.

    "Hou jou oor naby die Bybel en hoor hoe Hy jou beveel om te gaan en om sondaars uit die vuur van sonde te ruk! Hou jou oor naby die belaste en gefolterde hart van die mensdom en luister na sy hartverskeurende geroep om hulp!

    "Gaan staan by die poorte van die hel en luister hoe die verlorenes jou smeek om na hulle vader se huis toe te gaan en hulle broers en susters en diensknegte en meesters te waarsku om nie soontoe te kom nie!

    Kyk dan in die oë van Christus – wie se genade jy volgens jou eie woorde gehoorsaam – en vertel vir Hom of jy jou hart en siel en liggaam en omstandighede sal toewy aan die opmars om sy genade aan die wêreld bekend te maak.

    William Booth, die stigter van die Salvation Army

    Ek glo dat God in elke geslag genoeg manne en vroue geroep het om al die onbereikte stamme op aarde te evangeliseer. Dit is nie God wat nie roep nie, dit is die mens wat nie wil antwoord nie.

    Isobel Kuhn, sendeling na China en Thailand

    3.Jy moet ’n sielewenner wees omdat jy geskep is om die goeie werk te doen om siele te wen.

    Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.

    Efesiërs 2:10

    Ek het eenkeer met ’n huurmotorbestuurder in Londen gesels. Ek het vir hom vertel dat ek ’n Christen is en ek het begin om oor Christus te getuig. Ek het ook vir hom vertel van die werklikheid van die hemel en die hel. Hy het gelag en gevra of ek regtig glo wat ek vir hom sê.

    Hy het gesê: As die hemel regtig bestaan, waarom maak julle Christene julle nie self dood sodat julle in die hemel kan wees nie?

    Wat hy probeer sê het, was dat, as die hemel so ’n lekker plek is en Christene niks anders op aarde te doen het nie, hulle hulleself dadelik na die hemel moet oorplaas.

    As Christene inderdaad niks op aarde te doen gehad het nie, dan sou hierdie man ’n punt beetgehad het. Die werklikheid is egter dat Christene baie te doen het voordat hulle hemel toe gaan. Ons is veronderstel om te getuig en om die evangelie van Jesus Christus te verkondig. Ons moet die verlorenes ten alle koste red.

    Die redding van miljoene mense hang van ons af. Ek is jammer om te sê dat die meeste Christene nog nie die redes ontdek het waarom hulle verlos is nie.

    Die Bybel sê dat ons vir ’n rede die verlossing ontvang het – om goeie werke te doen!

    Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.

    Efesiërs 2:10

    Christene val elke dag terug omdat hulle geen doel het waarom hulle in die kerk is nie. Mense gaan kerk toe, maar na ’n rukkie val hulle weg omdat hulle geen betekenis in die kerk se lewe vind nie. Enigeen wat by die wen van siele betrokke raak, sal begin om die rede vir sy verlossing te ontdek. Om siele te wen vermeerder die selfwaardering van die Christen.

    4.Jy moet ’n sielewenner wees omdat dit vir Christene groot vreugde en energie gee om siele te wen.

    En ná hierdie dinge het die Here weer sewentig ander aangestel, en hulle twee-twee voor Hom uit gestuur na elke stad en plek waar Hy sou kom. Hy sê toe vir hulle: Die oes is wel groot … Gaan dan; kyk, Ek stuur julle … En die sewentig het met blydskap teruggekom …

    Lukas 10:1-3, 17

    Elke keer as jy uitgaan om die boodskap oor te dra, sal jy met vreugde terugkeer. Daar is vreugde wanneer siele gewen word. Ek kan dit nie verduidelik nie. Net ’n moeder kan verduidelik hoe sy voel na die baba gebore is. Ek het baie vroue in kraampyne gesien worstel, maar nog die pyn nog die worsteling was in staat om hulle vreugde agterna weg te neem.

    Wanneer jy mense na die Here toe bring, sal jy ontdek wat dit beteken om die vreugde van die Here te ervaar. Ek kan dit nie vir jou verduidelik nie. Jy moet dit self ontdek. Ek het ontdek dat my kerklidmate nuwe energie kry wanneer hulle daarby betrokke raak om siele te wen. Om siele te wen stel die vreugde van die Here in die kerk vry.

    5.Jy moet ’n sielewenner wees omdat die ware grootheid van die kerk nie te doen het met hoeveel dit bevat nie, maar hoeveel dit uitstuur.

    6.Jy moet ’n sielewenner wees omdat dit die hartklop van Jesus is om siele te wen.

    ’n Aantal jare gelede het ek ’n visioen gehad. In hierdie visioen het ek ’n mensehart gesien wat met bloed oortrek was. Die hart het geklop. God het dit daardie dag op my hart gedruk dat die hartkreet van Jesus Christus die oes op die lande is. Jesus het nie sy troon sonder rede verlaat nie! Hy het na hierdie wêreld toe gekom om sondaars te red.

    Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was.

    Lukas 19:10

    7.Jy moet ’n sielewenner wees omdat die wen van siele verhoed dat die kerk verdeel.

    Wanneer jou kerklidmate by vrugbare aktiwiteite betrokke is, het hulle nie tyd vir kleinlike twiste wat verdeling meebring nie. Pastors moet hulle kerklidmate leer dat ’n siel ’n siel is, en dat dit vir God kosbaar is.

    Wanneer kerklidmate daarvan bewus word dat siele gewen moet word, word hulle prioriteite Bybelse prioriteite.

    Verdelings en wegbreke in kerke word vermy. Wanneer te veel Christene op een plek niks doen nie, veroorsaak dit dikwels seerkry, twiste en wonde.

    8.Jy moet ’n sielewenner wees omdat die wen van siele Goddelike ondersteuning en beskerming meebring.

    Dit is nie ons keuse of ons die evangelie gaan uitdra of nie. Dit is ons dood as ons dit nie doen nie.

    Peter Taylor Forsyth

    Wanneer jy siele wen, bring jy Goddelike ondersteuning mee vir alles wat jy doen.

    Wanneer jy die Bybel lees, sal jy ontdek dat die wen van siele hemelse vreugde meebring. Daar is ’n hemelse reaksie op elke siel wat vir die Here gewen word.

    Ek sê vir julle dat daar net so blydskap sal wees in die hemel oor een sondaar wat hom bekeer, meer as oor negen-en-negentig regverdiges wat die bekering nie nodig het nie …

    So, sê Ek vir julle, is daar blydskap voor die engele van God oor een sondaar wat hom bekeer.

    Lukas 15:7, 10

    Kerke moet weet waarom hulle bestaan: om siele vir die hemel te wek. Ambassades bestaan om die regerings te verteenwoordig waarvandaan hulle gekom het. Op dieselfde manier is kerke die ambassades van die hemel.

    Baie bid dat God hulle van die kwaad sal weghou. Het jy geweet dat Goddelike beskerming vir jou beskibaar gemaak word wanneer jy God se wil uitvoer?

    Psalm 91 sê dat God jou sal beskerm en bewaar as jy besluit om Hom lief te hê.

    Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken.

    Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan hom gee.

    Met lengte van dae sal Ek hom versadig, en Ek sal hom my heil laat sien.

    Psalm 91:14-16

    Wanneer jy jou liefde vir God gee om Hom te behaag, belowe God dat Hy jou sal uitred. Ek glo dat ek die wil van God doen. Miskien is dit die enigste rede waarom ek nog lewe. Net soos Paulus het ek ’n aantal nabydood-ervarings gehad, wat vliegtuigongelukke en motorongelukke insluit wat kon plaasgevind het.

    Is hulle dienaars van Christus? — ek praat in uitsinnigheid — ek nog meer: in arbeid oorvloediger, in slae bo die maat, in gevangenskappe baie meer, in doodsgevare dikwels.

    Vyf maal het ek van die Jode ontvang veertig houe op een na.

    Drie maal is ek met stokke geslaan, een maal is ek gestenig, drie maal het ek skipbreuk gely, ’n nag en ’n dag het ek op die diepwater deurgebring …

    2 Korintiërs 11:23-25

    In al hierdie dinge kan ek soos Paulus sê dat God my uit almal gered het.

    Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.

    Romeine 8:38-39

    Ek sien dat God jou nou uitred! Ek sien dat God jou in jou tyd van moeilikhede help! Ek sien dat God jou bystaan omdat jy jou liefde vir Hom gegee het!

    Wil jy in die wil van God bly? Wil jy jou kerk laat groei? Word vandag ’n sielewenner. Jy sal die verskil in jou kerk raaksien.

    Ek sien net dat my werk as pastor vervul word wanneer ek in staat is om ’n lidmaat in ’n bedienaar te verander. Ek wil hê dat elke lidmaat van my kerk ’n sielewenner moet wees. Ek wil hê dat hulle eendag vrugte moet kan wys. As daar geen oes van siele is nie, sal daar geen skape wees wat die pastor moet versorg nie. Elke pastor kan die werk van ’n evangelis doen!

    9.Jy moet

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1