Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Stappe na die Salwing
Stappe na die Salwing
Stappe na die Salwing
Ebook165 pages2 hours

Stappe na die Salwing

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Begeer jy om die salwing te ontvang? In hierdie geskiedkundige boek verduidelik dr Dag Heward-Mills verskeie stappe om die salwing te ontvang. Hierdie boek sal beslis vir jou in jou bediening tot seën wees. Ontdek die stappe wat jy moet doen om die salwing te ontvang!

LanguageAfrikaans
Release dateJul 28, 2016
ISBN9781613953068
Stappe na die Salwing
Author

Dag Heward-Mills

Bishop Dag Heward-Mills is a medical doctor by profession and the founder of the United Denominations Originating from the Lighthouse Group of Churches (UD-OLGC). The UD-OLGC comprises over three thousand churches pastored by seasoned ministers, groomed and trained in-house. Bishop Dag Heward-Mills oversees this charismatic group of denominations, which operates in over 90 different countries in Africa, Asia, Europe, the Caribbean, Australia, and North and South America. With a ministry spanning over thirty years, Dag Heward-Mills has authored several books with bestsellers including ‘The Art of Leadership’, ‘Loyalty and Disloyalty’, and ‘The Mega Church’. He is considered to be the largest publishing author in Africa, having had his books translated into over 52 languages with more than 40 million copies in print.

Related to Stappe na die Salwing

Related ebooks

Related articles

Reviews for Stappe na die Salwing

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Stappe na die Salwing - Dag Heward-Mills

    Hoofstuk 1

    Sewe Redes Waarom Jy Die Salwing Moet Hê

    1. Jy moet gesalf wees omdat niemand sy bedie­ ning kan vervul deur natuurlike mag of deur menslike krag nie, maar net deur die Gees.

    Toe antwoord hy en sê vir my: Dit is die woord van die Here aan Serubbábel, naamlik: Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die Here van die leërskare.

    Sagaria 4:6

    Die ware bediening kan alleen deur die krag van die Heilige Gees suksesvol wees. ’n Vals bediening werk op die vlak van ’n onderwyser, ’n dosent of ’nmotiveringspreker. Besluit om ’n gesalfde persoon te word en om tot die ware bediening toe te tree.

    Verhoog jou bediening deur die krag van die salwing. Sonder die salwing kan jy niks doen nie.

    2. Jy moet gesalf wees omdat selfs Jesus Christus op die salwing gewag het voordat Hy sy bediening begin het.

    En toe die hele volk gedoop en Jesus ook gedoop is, en Hy besig was om te bid, het die hemel oopgegaan; en die Heilige Gees het in liggaamlike gedaante soos ’n duif op Hom neergedaal; en ’n stem het uit die hemel gekom wat sê: U is my geliefde Seun; in U het Ek ’n welbehae. En Hy, Jesus, was omtrent dertig jaar oud toe Hy begin leer het; en Hy was, soos hulle gemeen het, die seun van Josef ...

    Lukas 3:21­23

    Hierdie gebeurtenis was die teken van die begin van Christus se bediening. Tot op die ouderdom van dertig hoor ons niks van Hom nie. Vandat die Heilige Gees (die salwing) op Hom neergedaal het, het Jesus begin om te preek, te onderrig en te genees.

    3.Jy moet gesalf wees omdat selfs die apostels gevra is om op die Heilige Gees (die salwing) te wag voordat hulle met hulle bediening begin het.

    En toe Hy nog met hulle saam was, het Hy hulle bevel gegee om nie van Jerusalem weg te gaan nie, maar om te wag op die belofte van die Vader, wat julle, het Hy gesê, van My gehoor het.

    Handelinge 1:4

    Watter soort bediening dink jy dat jy sonder die Heilige Gees sal hê? Selfs die groot apostels wat saam met Christus gewandel het, het nodig gehad om die salwing te ontvang sodat hulle ’n suksesvolle bediening kon hê.

    4. Jy moet gesalf wees omdat groot profete soos Elisa vir die salwing gevra het toe hulle die geleentheid gekry het om te vra wat hulle wil hê.

    Elisa het besef dat die bediening alleen deur die salwing vervul kon word. Toe Elia vir hom gevra het wat hy wou hê, het hy gesê dat hy ’n dubbele deel van die salwing wil ontvang.

    En nadat hulle deur was, sê Elía vir Elísa: Begeer wat ek vir jou moet doen, voordat ek van jou af weggeneem word. En Elísa antwoord: Laat dan tog ’n dubbele deel van u gees op my kom.

    2 Konings 2:9

    Hy kon vir baie ander dinge gevra het. Hy kon gevra het vir Elia se goeie naam, Elia se geld, Elia se eiendom, Elia se kar of selfs Elia se vrou. Maar nadat hy jare saam met Elia gewandel het, het Elisa geweet waar die geheim van sy bediening gelê het.

    Hy het geweet dat dit alles by die salwing gelê het, en daarom het hy vir ’n dubbele deel daarvan gevra. Waarom soek jy na iets anders wanneer die groot profete die salwing vra?

    5. Jy moet gesalf wees omdat koning Saul eers in iemand anders verander is toe hy gesalf is.

    Saul is van ’n gewone mens in ’n koning verander toe hy gesalf is. Op dieselfde manier sal jy ’n man van gesag

    (’n koning) in die koninkryk van God word wanneer jy die salwing ontvang.

    Jy mag ander maniere gebruik om mense te manipuleer en te beheer, maar jy sal sonder die salwing nooit ’n man van gesag word nie. Die salwing van die Heilige Gees sal jou in iemand anders verander.

    En Samuel het die kruik met olie geneem en dit op sy hoof uitgegiet en hom gesoen en gesê: Het die Here jou nie gesalf as vors oor sy erfdeel nie?

    1 Samuel 10:1

    En die Gees van die Here sal oor jou vaardig word, sodat jy saam met hulle sal profeteer en IN ’N ANDER MENS VERANDER WORD.

    1 Samuel 10:6

    6.Jy moet gesalf wees omdat koning Dawid, die gesalfde psalmdigter en Bybelskrywer, al sy seëninge aan die heilige salwing toegeskryf het.

    Dawid het omtrent elke faset van sy lewe aan die salwing toegeskryf. Mense wat baie geestelik is, sien die kragtige uitwerking van die salwing op verskillende gebiede van hulle lewe raak.

    In Psalm 89 sing koning Dawid een van die heel mooiste psalms van almal. Daarin beskryf hy die kragtige uitwerking van die salwing op sy lewe. Hy praat van hulp, sterkte, vestiging, verhoging en gesag as dinge wat uit die salwing voortvloei.

    As die gesalfde psalmdigter al hierdie dinge aan die salwing toeskryf, hoe kan jy verwag om hierdie selfde dinge sonder die salwing te ontvang? Kan jy koning Dawid kwalik neem dat hy voor die Here uitgeroep het: Moenie u Heilige Gees van my wegneem nie.

    Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Heilige Gees nie van my weg nie.

    Psalm 51:11

    Die Heilige Gees (die salwing) was die kosbaarste ding in sy lewe.

    7. Die salwing is noodsaaklik omdat Moses geweier het om daarsonder met sy bediening voort te gaan.

    As selfs Moses nie sonder die salwing een tree wou gee nie, waar kry jy die vertroue vandaan om jou bediening daarsonder voort te sit?

    In die boek Eksodus sien ons hoe Moses weier om sy bediening voort te sit as God sy krag en die salwing wegneem.

    Wanneer Moses na die teenwoordigheid van God verwys, verwys hy na die salwing en die krag van God.

    Toe sê hy vir Hom: AS U NIE SELF MEEGAAN NIE, LAAT ONS DAN NIE HIERVANDAAN OPTREK NIE. Want waaraan sou dan bekend word dat ek genade in u oë gevind het, ek en u volk? Is dit nie daaraan dat U met ons saamtrek nie? So sal ons, ek en u volk, onderskeie wees van elke volk wat op die aarde is.

    Toe sê die Here aan Moses: Ook hierdie versoek wat jy uitgespreek het, daaraan sal Ek voldoen; want jy het genade gevind in my oë, en Ek ken jou by die naam. Daarop vra hy: Laat my tog u heerlikheid sien. Maar Hy antwoord: Ek sal al my majesteit by jou laat verbygaan en voor jou die Naam van die Here uitroep; maar Ek sal genadig wees vir wie Ek genadig wil wees, en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm.

    Eksodus 33:15­-19

    Hoofstuk 2

    Vyftien Kragtige Gevolge Van Die Salwing In Jou Bediening

    Toe het U in ’n gesig gespreek met u gunsgenoot en gesê: Ek het hulp verleen aan ’n held, ’n uitverkorene uit die volk verhef.

    Ek het Dawid, my kneg, gevind, MET MY HEILIGE OLIE HOM GESALF, met wie my hand bestendig sal wees; ook sal my arm hom versterk.

    Psalm 89:20­-22

    In een van die heel mooiste psalms in die Ou Testament sing koning Dawid oor die seëninge wat hy ontvang het omdat hy gesalf was.

    In my ervaring vind ek dat baie min mense in staat is om hulle seëninge met die werklike bron daarvan in verband te bring. Hulle weet nie waar en hoe hulle gekom het tot waar hulle is en om te hê wat hulle het nie. Dit is dikwels die fondament van ondankbaarheid en opstand. Ek dink dit is ’n belangrike kenmerk om in staat te wees om diep na te dink en die bron van al jou seëninge raak te sien.

    Dit is wonderlik om te lees hoe Dawid verskillende voordele van die salwing opnoem. Die salwing was vir hom so kosbaar dat hy net na homself as die Here se gesalfde verwys.

    Mag God jou oë oopmaak om die waarde van sy salwing in jou lewe en bediening raak te sien!

    Ek glo dat as meer bedienaars kon sien wat die salwing doen, dan sou hulle dit bo enigiets anders begeer het. As die salwing so ’n uitwerking op Dawid se lewe gehad het, moet jy verwag dat die salwing dieselfde uitwerking op jou lewe en bediening sal hê!

    1. Die salwing sal meebring dat jy bonatuur­ like hulp in jou lewe en bediening sal ontvang.

    Dawid het gevoel dat sy bediening as ’n koning deur die salwing aangehelp is. Hy het gesê:

    Ek het hulp verleen aan ’n held ...

    Psalm 89:20b

    2. Die salwing sal meebring dat jy tot groot hoogtes in die bediening verhef sal word.

    Dawid het sy verheffing as ’n gevolg van die salwing beskou.

    3. Die salwing sal jou in die bediening bevestig.

    ... ’n uitverkorene uit die volk verhef.

    Psalm 89:20c

    Jy kan ’n duidelike verskil sien tussen ’n bediening wat deur God gevestig is en een wat nie gevestig is nie. Koning Dawid het as gevolg van die salwing gevestig geraak.

    4. Die salwing sal sterkte in jou bediening inbring.

    Ek het Dawid, my kneg, gevind, met my heilige olie hom gesalf, met wie my hand bestendig sal wees ...

    Psalm 89:21­22

    Baiekeer is bedienaars swak in hulle prediking en bediening. Die sterkte van die voordrag en die krag om ander mense se lewe te verander, is eenvoudig net nie daar nie. Die salwing sal alle vorms van swakheid uit jou lewe en bediening verwyder. Koning Dawid het gevoel dat hy as gevolg van die salwing sterker word. Hy het gesê:

    ... ook sal my arm hom versterk.

    Psalm 89:22

    5. Die salwing sal jou teen misleiding beskerm.

    ’n Probleem wat bedienaars teister, is misleiding. Misleiding ontwikkel in blindheid en huigelagtigheid in die bediening. Baie ervare bedienaars het groot blindekolle. Hulle is in staat om ’n klein insek te sien en te verwyder, maar hulle kan ’n groot dier soos ’n kameel nie sien wanneer dit verbykom nie!

    Blinde leiers, julle wat die muggie uitsif, maar die kameel insluk!

    Matteus 23:24

    Jesus het ervare bedienaars ernstig tereggewys vir hulle misleiding, hulle blindekolle en die gevolglike huigeling.

    Wee julle, blinde leiers ... 

    Matteus 23:16

    Julle dwase en blindes ... 

    Matteus 23:17

    Julle dwase en blindes ...

    Matteus 23:19

     Blinde leiers ...

    Matteus 23:24

    Blinde Fariseër ...

    Matteus 23:26

    En tog het Dawid gevoel dat hy die misleiding as gevolg van die salwing oorkom het: Die vyand sal hom nie mislei nie (Psalm 89:22). Mag jy as gevolg van die salwing van misleiding bewaar bly!

    6. Die salwing sal jou van die aanvalle van die duiwel bewaar.

    Dawid het geglo dat siekte en ander teisterings hom as gevolg van die salwing nie sal beïnvloed nie. Jy sal as gevolg van die salwing gesond wees.

    ... en die kwaaddoener hom nie verdruk nie ...

    Psalm 89:23

    7. Die salwing sal meebring dat die vyande wat teen jou veg, vernietig sal word.

    Die gesalfde van die Here het nie gedink dat sy vyande vernietig is omdat hy so ’n goeie strateeg

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1