Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Om te mag twyfel: 'n Gelowige se reis
Om te mag twyfel: 'n Gelowige se reis
Om te mag twyfel: 'n Gelowige se reis
Ebook176 pages2 hours

Om te mag twyfel: 'n Gelowige se reis

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

"Ek skryf die boek vir mense soos ek, mense vir wie geloof nie altyd maklik kom nie en wie beslis nie hul geloof kan aanbied as prestasie nie . . ."

Met dié woorde skop die teoloog Julian Müller die verhaal van sy geloofsreis af. Sy sketse van die plaasseun wat dominee geword het, roep dadelik 'n bekende Afrikaanse leefwêreld op. Sy reis hou vir hom vele ontnugterings in, maar ook belangrike insigte wat sy geloof verdiep. As jong predikant vra hy kritiese vrae oor die kerk se rol in apartheid en spreek hom uit teen Christelike nasionalisme. Soos wat hy op sy pad van geestelike groei vorder, word hy gekonfronteer met verskeie netelige geloofskwessies soos die evolusieleer en hoe verskillende Godsbeskouings ons geloof beïnvloed.

Müller beywer hom vandag vir 'n soort Christenskap waar die gelowige toegelaat word om vrae te vra en "buite die boks" te glo.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateSep 20, 2013
ISBN9780624058502
Om te mag twyfel: 'n Gelowige se reis
Author

Julian Müller

Julian Müller is 'n professor in teologie aan die Universiteit van Pretoria. Hy het al verskeie boeke op sy kerfstok, waaronder Opstanding wat in 2006 groot debat in die Afrikaanse media ontlok het. Om te mag twyfel was in 2012 op die kortlys van die Andrew Murray-Desmond Tutu-prys vir Christelike/teologies publikasies. Müller het in die negentigerjare die Andrew Murray-prys vir Christelike literatuur ontvang vir sy boek Die erediens as fees. Hy lewer steeds pastorale dienste en bied kursusse aan in gesinsterapie.

Related to Om te mag twyfel

Related ebooks

Related articles

Reviews for Om te mag twyfel

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Om te mag twyfel - Julian Müller

    OM TE MAG TWYFEL

    ’n Gelowige se reis

    21151.jpg

    Julian Müller

    TAFELBERG

    En ik praat met de zee

    En ik praat met de doden

    En ik mis soms een god

    Om in te geloven

    Zoals ik toen ik klein was

    Vlak voor het slapen

    Wist dat er iemand

    Over mij waakte

    Nu sta ik hier ’s nachts

    Ik kijk naar de sterren

    En weet niet goed meer

    Wat ik moet zeggen

    Ik voel me soms moe

    Ik voel me soms leeg

    Hoe langer ik leef

    Hoe minder ik weet

    Uit Witsand deur Stef Bos

    Inleiding: 'n outobiografiese teologie

    Ek skryf hierdie boek vir mense soos ek: mense wat soms met geloof sukkel, mense wat nie elke dag ewe goed glo nie en mense wat hul geloof beslis nie as ’n prestasie kan aanbied nie. Dis mense wat soms daaroor verras is dat hulle tog nog glo en mense wat partykeer daaroor ontsteld is dat hulle so ongelowig is. Dis mense wat onthou hoe hulle as kinders ongedwonge en maklik geglo het, maar sukkel om steeds so naïef te vertrou.

    ’n Kollega by die Universiteit van Pretoria het my eendag gevra wanneer ek dan ’n besprekingsgroep vir ongelowige gelowiges begin. Sy het dit gevra na aanleiding van ’n koerantartikel wat ek geskryf het en sy het gemeen daar is ’n behoefte daaraan. Ek het nooit sover gekom om met so ’n groep te begin nie, maar haar interessante formulering het my bygebly en op ’n manier is hierdie boek my reaksie op daardie versoek.

    Met die titel Om te mag twyfel neem ek, soos daardie kollega, posisie in teenoor die kampioene van geloof en skaar ek my liewer by die ongelowige gelowiges. Ek wil nie van die oorwinnings van geloof vertel nie. Daarvan is daar genoeg in die populêre Christelike literatuur. Ek wil eerder die teenoorgestelde beklemtoon, naamlik dat geloof gebroke, gehawend, swak en ontoereikend is. Geloof het geen inherente krag en betekenis nie. Dit is kwesbaar en breekbaar.

    Daarmee distansieer ek my ook van die konsep geloofsekerheid, iets waaroor ek met die jare al meer skepties geraak het. Dit is ’n konsep waarmee gepoog word om iets tot geloof toe te voeg, asof geloof alleen nie genoeg is nie. Jy moet nog ’n kwaliteit daarby verwerf. Dis so asof daar twee soorte geloof is: sekere én onsekere geloof. En dan is die deur oop vir nog verdere onderskeidinge: geloof wat oortuig is en geloof wat onoortuig is; die geloof van wedergebore Christene en die geloof van gewone Christene.

    Die teologie is ’n refleksie op geloof en wat daarmee verband hou. Dit kan op verskillende maniere beoefen word: Dit kan óf geweldig sistematies en argumentatief aangepak word óf spontaan en verhalend. Die Afrikaanse teologie is nogal daartoe geneig om besonder dogmaties, sistematies en argumentatief te wees, maar in die laaste jare het die belangstelling in verhalende of narratiewe teologie toegeneem. Met dié boek waag ek my hand aan outobiografiese teologie.

    Ek glo teologie is altyd in ’n bepaalde persoonlike, sosiale en kulturele konteks geanker – dat dit alleen vanuit daardie konteks beskryf en teen daardie agtergrond geïnterpreteer kan word. Teologie kan tog nie in objektiewe stellings en belydenis-uitsprake alleen vasgevang word nie. Enige teologiese uitspraak kry eers betekenis teen ’n bepaalde agtergrond en binne ’n konkrete situasie. Die narratiewe benadering tot teologie probeer hierdie gesitueerdheid in die oog hou.

    Vandaar dan ook die konsep van biografie as teologie en in hierdie geval outobiografie as teologie. My eie teologie is gesitueerd in my lewensverhaal en onlosmaaklik verbonde aan my ervaring van sowel geloof as twyfel. Teologie (en geloof) ontwikkel nie iewers langs en apart van ons lewensverhale nie. Inteendeel, dit is onmoontlik om op jou geloof en teologie te reflekteer sonder om jou lewensverhaal daarby in te bring. Dit is natuurlik ’n waagstuk, want dit stel jou baie bloot. Jy kan nie outobiografies werk en ook die skyn van geloofsekerheid probeer behou nie. As jy narratief en outobiografies te werk gaan, sal jy noodgedwonge kaalgestroop en eerlik anderkant uitkom.

    Ek aanvaar dat daar in elke (outo)biografie ’n element van fiksie is. Waar is die grens tussen die feitelike en die fiktiewe in elk geval? Ek kan sê dat ek doelbewus probeer het om nie stories op te maak nie en my by die feite gehou het. Maar is die stories soos ek hulle onthou, nie reeds fiktief gekleur nie? Sal al die betrokke karakters dit soos ek onthou? Waarskynlik nie.

    In Etienne van Heerden se 30 nagte in Amsterdam onthou die hoofkarakter Henk de Melker dat Stephen Oats geskryf het ’n biograaf is ’n kunstenaar onder eed. Hy onthou dit na aanleiding van sy eie droom, waarin ’n sekere toneel so werklik geword het dat hy sukkel om droom van werklikheid te onderskei. Henk skrik vir sy eie droombeeld en herinner homself daaraan dat hy die gevaar loop om fiksie met feite te vermeng. En dan die retoriese vraag: Wat is die waarheid?

    Daar is dus verskeie redes waarom die onderneming van enigiets (outo)biografies gevaarlik is. Afgesien van die kwesbaarheid van geheue wat op die dun lyn tussen feite en fiksie beweeg, is outobiografiese werk in verskeie ander opsigte waaghalsig en gevaarlik. Jy gaan van die veronderstelling uit dat lesers jóú lewensverhaal lesenswaardig sal vind. Hierdie is ’n vreesaanjaende gedagte en het my baie oor hierdie boek laat huiwer. Uiteindelik was dit egter onafwendbaar omdat hierdie verhaal, soos elke verhaal, ’n verteller soek. Of ek die beste verteller van my eie verhaal is, weet ek nie, maar ek kan die vertel ook nie langer vermy nie. Ek probeer ook nie die sogenaamde lesenswaardige dele van my verhaal uitsoek nie. Ek laat die skryfproses maar sy eie loop neem, wetende dat ’n eerlike teologiese refleksie juis die gewone en alledaagse na vore gaan roep. As teologie ’n verhalende gebeure is, dan is dit sekerlik in ’n mens se hele lewensverhaal veranker en nie net in die vrome en godsdienstige deel daarvan nie.

    Die vraag is: Waarom skryf ’n mens iets en laat dit dan nie in ’n laai lê nie, maar publiseer dit? Hopelik is dit nie weens ’n soort ekshibisionisme nie, maar as ’n daad van vertroue dat jou lewensloop wel raakpunte met ander s’n het en dat ’n eerlike refleksie ook wyer betekenis mag hê. Jy hoop dat hierdie outobiografie wat met teologie in verband gebring word, ook ander biografieë as vorm van teologisering sal aanwakker.

    Ek waag my juis in hierdie stadium van my lewe daaraan omdat ek daardie mistieke grens van 65 nader. Soos ander mense van my ouderdom moet ek myself posisioneer teenoor en binne die konsep van op pensioen gaan. Dit is een ding om jou kantoorsleutels vir jou werkgewer terug te gee; dit is ’n ander ding om jouself te midde van veranderende lewensomstandighede te handhaaf en te herontdek. Die skryf van hierdie boek is moontlik juis deel van my poging tot herontdekking en identiteit. Hoe ’n mens jou ook al posisioneer, aftrede bly ’n onvermydelike oorgang na ’n ander soort lewensfase. Ook daarom maak dit vir my sin om in hierdie stadium van my lewe outobiografies te werk, om by die omblaai na ’n volgende bladsy ’n bietjie terug te kyk en in die proses ook vorentoe te kyk. Daarom doen ek dit nou in plaas daarvan om tot op 90 te probeer wag en dan soos ds. A.F. Louw met ’n moedige titel soos My eerste neëntig jaar na vore te kom.

    In ’n boek soos hierdie lê die waagstuk ook op die vlak van (on)volledigheid. My bedoeling is nie om ’n volledige outobiografie te probeer skryf nie. Daar bestaan in elk geval nie so iets soos ’n volledige outobiografie nie – wanneer is dit volledig? Om dieselfde rede bestaan daar ook nie so iets soos ’n volledige teologie nie.

    Aan die einde van Amy Tan se boek Saving fish from drowning kom die verteller tot die slotsom: That is the nature of endings, it seems. They never end. When all the missing pieces of your life are found, put together with the glue of memory and reason, there are more pieces to be found.

    In my geval is dit ook so, want daar is nog baie ontbrekende stukkies. Met die skryf het ek eenvoudig by sekere plekke langs my lewenspad stilgehou. Elkeen van hulle het sekere herinneringe opgeroep wat my na volgendes meegevoer het. By elke herinnering val daar ’n paar verhale deur die takke, soos herfsblare van ’n boom. Soos wat hulle stories word, kry hulle hul lê gerieflik soos ’n veelkleurige grondbedekking onder ’n herfsboom. In 30 Nagte in Amsterdam sê Henk die geskiedenis herhaal hom nooit nie, maar is die mees vindingryke ding op aarde. Die verlede het inderdaad geen genetika nie, geen ingeboude wetmatighede of patrone nie.

    In dié sin is hierdie ’n bonte outobiografiese refleksie op my geloofsreis en op my teologiese insigte en beslis nie ’n gesistematiseerde outobiografie nie. Ek vertel eintlik maar net grepe uit my lewensverhaal en ek gaan ook nie eens probeer om die keuses vir hierdie grepe te motiveer nie. Sulke keuses gebeur eerder as wat dit gemaak word. Dit was en is ’n baie subjektiewe proses, maar ek het tog probeer om integriteit in die maak van die keuses aan die dag te lê. Ek het ook al in ander publikasies outobiografies gewerk (veral in Reis-geselskap van 2000 en Passie en spasie van 2009) en daarom sal daar hier en daar herhalings wees, maar die aard van hierdie boek het my meestal na ander herinneringsplekke gelei.

    Miskien die grootste waagstuk het daarmee te doen dat enige outobiografie noodwendig ook ander persone betrek. As ek oor myself skryf, skryf ek ook oor ander. Dit is gevaarlik. Ek het probeer om so eties moontlik met enige verwysing na ander mense om te gaan. Ek het die mense naaste aan my wat dalk direk of sydelings ter sprake kom, gevra om hul goedkeuring te gee. Waar dit om teologiese debatte gaan en ander persone se name genoem is, was my benadering om saaklik en respekvol na ander te verwys.

    Die Universiteit van Pretoria asook die Vrije Universiteit van Amsterdam se bydrae tot hierdie boek word met dankbaarheid erken. Tydens navorsingsverlof wat ek van die UP ontvang het, kon ek die uitnodiging van die Vrije Universiteit aanvaar en twee maande lank as inwonende navorser daar werk. Dit het my die geleentheid gebied om onder meer aan hierdie manuskrip te werk.

    Die gebede waarmee ek die boek afsluit gee uitdrukking aan die teologiese oortuigings waarby my geloofspad my uitgebring het.

    Julian Müller, Pretoria

    25049.jpg

    1

    25054.png

    Drie krale op 'n soektog na heuning

    ’n Seun het vertrek met die doel om heuning te gaan soek. Saam met hom was sy vier honde waarvan een lam was. Toe hy by ’n kraal met bokke kom, het ’n voëltjie uitgeroep: Moenie hier stop nie, daar lê beter dinge voor!

    Die seun het die voëltjie gehoorsaam en verder gegaan totdat hy by ’n kraal met skape gekom het. Die voëltjie het hom weer gewaarsku om nie stil te staan nie, maar aan te hou. Hy het so gemaak en by ’n kraal vol beeste aangekom waar die voëltjie hom weer aangemoedig het om verder te gaan, want daar is beter dinge vorentoe.

    Die seun het aangehou stap en by die volgende kraal ’n hut se deur oopgestoot. ’n Ou vrou met net vier tande het daaruit te voorskyn gekom en gedreig om hom dood te maak. Die seun het weggehardloop en tot hoog in ’n boom geklim, maar die ou vrou met die vier tande het begin om die stam van die boom af te kou. Die seun se drie gesonde honde het haar aangeval, maar sy het hul velle afgeskeur en al drie doodgemaak.

    Toe kry die lam hond die vrou egter aan die nek beet en byt vas totdat sy dood neerslaan. Die seun het uit die boom geklim en alles wat hy in die kraal gesien het, vir homself gevat.[1]

    Dié Venda-volksverhaal oor die seun wat op soek was na heuning is die soort mitiese storie wat in die folklore van verskeie kulture gevind kan word en wat iets universeels oor die lewe oordra. In dié geval is dit oor die lewe as ’n reis. Dit gaan oor die ideale, begeertes en verrassings, maar ook die versoekings, uitdagings en teleurstellings wat die lewe bring.

    Ek gebruik hierdie storie om my deur my eie lewensverhaal te lei. Ek het nie spesifiek na ’n Afrika-storie gesoek nie, maar omdat ek diep in die kontinent gewortel is, is dit waarskynlik ’n gepaste keuse. Daar word nie gesê wat tot die seun se vertrek aanleiding gegee het nie. Dit word eenvoudig as vanselfsprekend aanvaar dat ’n kind een of ander tyd sal vertrek op soek na die heuning van die lewe. Dit is presies hoe ek ook my jeug onthou – my eie najaag van die heuning was altyd deel van my lewe. Dit is waarskynlik ’n belangrike aspek van die meeste jong mense se lewe: die op-pad-wees en die gedrewe soeke na iets wat sin aan ons bestaan gee. Ek was eens ook daar en die vraag oor wat ek eendag gaan word, het van baie jongs af altyd dieselfde antwoord gehad. Ek was nog ’n klein seuntjie toe ds. Grové, ons predikant, op huisbesoek gekom het en my daardie einste vraag gevra het. My antwoord? ’n Dominee, dominee.

    Só was dit skynbaar bestem.

    As teologiedosent het ek dikwels vir jong studente gevra om hul roepingsverhaal te vertel sonder om die woord roeping te gebruik. Dan het hulle soms kwaad geword omdat dit meestal makliker is om die misterie van jou eie lewe aan die hand van ’n onaanvegbare woord soos roeping te verduidelik. Gewoonlik het hulle aan die einde van die proses tog verstaan dit gee

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1