So waar as vet
Op die vlakte duskant Calvinia bring Anoeschka von Meck ’n hardebandboek te voorskyn uit die kattebak van haar wit Subaru.
In só ’n voertuig reis haar hoofkarakter, Wille Willemien, en dié se jonger suster, Precious Cargo, na die Richtersveld om hulle oorlede pa se kluis by ’n krans af te foeter.
Die twee is op ’n vreemdsoortige afskeidsrit. “Nie net van Pa nie, maar van my ou lewe. Eintlik is dit lankal verby, maar ek het nog nie die sprong gemaak nie. Ek huiwer nog op die platform, asof ek gaan bungee jump,” stel sy dit op bl. 17.
Onder die Noord-Kaap-nommerplaat van die Subaru pryk die motto “Elke reis begin met ’n enkele tree”, en wanneer sy die boek uit die bagasieruim oorhandig, sien jy die dik, goue Times New Roman-letters op die blou kunsleer-omslag: Vet in fiksie: ’n Foucauldiaanse kritiese diskoersanalise van die liggaamsbeskouing van vetsugtige protagoniste in uitgesoekte hedendaagse Noord-Amerikaanse vetfiksie.
Dit is die proefskrif* van haar doktorsgraad in kreatiewe skryfkuns wat sy in November 2018 onder leiding van prof. Hein Willemse aan die Universiteit van Pretoria voltooi het. Die tweede vereiste van dié kursus – ’n oorspronklike kreatiewe werk wat tematiese parallelle uit die proefskrif toepas – het pas onder die titel Die heelal op my tong by Penguin verskyn.
Dié veelvlakkige, bisar-boerse en bowenal mistieke roman laat ’n mens gereeld hardop (2004), wat in 2017 ook as rolprent uitgereik is. Tussendeur is haar faksieboek (2010) en (2019) uitgegee.
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days