Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Water in Wyn in Bloed (Die verhaal van Chris en Maria)
Water in Wyn in Bloed (Die verhaal van Chris en Maria)
Water in Wyn in Bloed (Die verhaal van Chris en Maria)
Ebook218 pages3 hours

Water in Wyn in Bloed (Die verhaal van Chris en Maria)

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Op die sypaadjie voor die kerk staan Chris alleen en onrustig, half angstig na die mense en kyk... Dit is 'n begrafnis, maar wie se begrafnis is dit? 'n Begrafnis wat aanvanklik verloop soos alle ander begrafnisse, maar dan ontaard in 'n tragie-komiese tweegeveg tussen Oudominee en twee formidabele teenstanders... 'n jong meisie in 'n obseen kort, swart rokkie en 'n lang maer man met 'n lang swart jas en 'n woeste bos hare. Op die oppervlak lyk alles doodnormaal en rustig op die plattelandse dorpie, maar deur die loop van die verhaal word die immorele, skynheilige en gewelddadige siel van die gemeenskap ontbloot. Ou geheime word uitgelap, bekentenisse word gemaak, skandes word opgediep en alles word geleidelik tot die lig gebring terwyl die eksentrieke speurdersersant Hendrina Brandt (vernoem na sy ouma aan vaderskant) genadeloos op 'n reeksmoordenaar se spoor bly. Hy is oortuig daar is 'n moord of moorde gepleeg, maar niemand glo hom nie. 'n Geheimsinnige Moederorde hou middernagtelike seksorgies met duistere motiewe, terwyl 'n bloedige leierskapstryd woed waarin die "sagmoedige", maar ambisieuse Maria 'n sentrale, koelbloedig berekende rol speel. En dit alles begin by die bloedjong, rebelse Maria wat haar onskuld in die biesies by die rivier verloor waar sy die mooiste, mooiste kaal jong man ontmoet.

LanguageAfrikaans
PublisherShalvaPub
Release dateJul 9, 2017
ISBN9781370536207
Water in Wyn in Bloed (Die verhaal van Chris en Maria)

Related to Water in Wyn in Bloed (Die verhaal van Chris en Maria)

Related ebooks

Related articles

Reviews for Water in Wyn in Bloed (Die verhaal van Chris en Maria)

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Water in Wyn in Bloed (Die verhaal van Chris en Maria) - Lourens van Schalkwyk

    Die Boodskapper

    Wees gewaarsku: kontak met die Allerheiligste is ophande.

    Die begrafnis

    Ek staan voor die kerk en wag vir die begrafnis om te begin. Ander begrafnisgangers staan in groepies rond en gesels gedemp onder mekaar. Op die sypaadjie voor die kerk staan Chris alleen en onrustig, half angstig, na die mense en kyk.

    Van oorkant die straat kom ’n mooi jong meisie aangestap. Sy is geklee in ’n somber swart rok. ’n Spatsel rooi van ’n serp om haar nek vrolik die doodsheid van die beeld effens op, beklemtoon die somberheid van die oomblik teen die helder lig. Die kort rokkie wip uitdagend bo haar knie met elke tree. ’n Onverwagte dwarrelwind slinger verby, gryp die rok en pluk dit speels die lug in. ’n Flikker van opwinding ril deur hom as hy die rok sien lig tot waar ’n helder rooi driehoek uitlokkend bo melkwit dye wink. Die meisie wend geen poging aan om die rok se speelse dans te bedwing nie.

    Ek merk dat Chris se asemhaling merkbaar versnel. Hy voel waarskynlik die begin van ’n ereksie kriewel, maar dan word sy uitsig belemmer deur die lykswa wat stadig tussen hom en die meisie inbeweeg.

    Die lykswa beweeg morbied verby en hy kyk angstig na waar die rooi broekie uitdagend op die randsteen gehuiwer het, maar daar is skielik geen teken van die meisie nie, net sy pa en sy oom PP wat rustig in gesprek aangestap kom.

    My naam is Theresa. Ek werk aan my doktorale tesis in die sielkunde. Die onderwerp van my tesis handel oor die gevolge van ’n disfunksionele gesinsopset op die lewe van kinders wat in so ’n bestel grootword. Hierdie bepaalde gesin is onder my aandag gebring deur ’n goeie vriendin van my wat in hierdie plattelandse dorpie grootgeword het en meeste van die inwoners en hulle geskiedenis intiem ken.

    Skandalig, hoor ek Chris se pa brom, om so uitlokkend aangetrek by ’n begrafnis op te daag. En dan nog met ’n bloedrooi -

    Tog is dit nie so onvanpas nie, val Chris se oom PP hom baldadig in die rede, swart vir dood en rooi vir lewe, Thanatos en Eros, die ewige teenpole, die Yin en Yang van Lao-Tzu, die goeie en die bose van die Boek. Die kind is wat, sestien, miskien agtien? maar pragtig en vol lewe. Die geleentheid vra vir somberheid en wat is meer somber as swart?

    Chris beur terug na die randsteen met sy hele wese wat daarna smag om die bietjie obsene onskuld nog een maal te aanskou, maar met dieselfde angs wat seks nog altyd in hom opgewek het, net om hom soos gewoonlik koud en onvergenoegd, ontnugterd met homself te laat. ’n Bitter smaak in die mond is al wat in sy geheue sal huiwer. Van die meisie is daar geen teken nie.

    Hoe goed ken ek hom nie. Ek kan raai wat alles deur sy gedagtes gaan, kan bykans hoor wat hy dink. Hoeveel jaar is dit nou al dat ek sy lewe navors, elke oomblik daarvan opgeteken het, al die hoogtepunte, al die laagtepunte? En nou dit, hierdie onnodige begrafnis.

    Iets vreemds wat my soms help in my navorsing, maar meermale erg kortwiek, is my vermoë om, sê maar, die siele van afgestorwenes te kan sien. Dis iets wat al van my kinderdae af kom en wat ek moontlik van my ma geërf het. Ek sien hulle net en kan nie met hulle kommunikeer nie. Soms kan ek tog wel hoor wat hulle sê, of dink, of wat dit ook al is wat hulle doen.

    Hulle kom gewoonlik na hulle eie begrafnisse toe. Soms erg verward, soms heel rustig. Waarom hulle hul eie begrafnisse bywoon weet ek nie. Dalk om te sien wie is almal daar? Omdat hulle nie weet dat hulle dood is nie?

    En vir wat, sê oom PP smalend aan Chris, kwyl jy agter die kind aan soos ʼn bronstige stoethings? Herken jy nie eens jou eie kind nie, of ontken jy nog steeds dat dit joune is?

    Daar bly ’n onrustigheid in Chris. Die dag verloop nie soos hy dit verwag, bedink het nie. Die gemaal van die begrafnisgangers voor die kerk verwar hom, laat hom verwilderd ronddwaal met die vermoede dat daar iets belangriks besig is om om hom of met hom te gebeur, iets waarvan hy die essensie nie kan vasvang nie. ’n Gevoel dat hy besig is om beheer te verloor neem stadig van hom besit. Dit is ’n ou en bekende gevoel, ’n gevoel van onwerklikheid, asof hy waarneem en beleef sonder dat hy werklik teenwoordig is, asof hy van iewers sy liggaam as groteske absurditeit kan sien rondbeweeg tussen ander hygende, deur ouderdom vervormde liggame.

    Mense, het hy eenkeer vir my gesê, is ’n nat, klewerige teenwoordigheid wat jou wese probeer binnedring, jou liefderyk omarm en jou van binne vernietig. Die massa mensdom is een walglike, bedreigende monster met wit benerige hande en kil starende slang ogies wat die bewussyn oorspoel soos ’n lewende, slymerige gedrog.

    Die mensdom is afstootlik, het hy menigmaal vir my gesê, en na my mening moontlik nêrens meer beduidend afstootlik as in die teenwoordigheid van die dood nie. In patetiese hopies staan hulle hier voor die kerk soos bees by ’n soutlek, koppe na onder en na binne gekeer. Sommige ongeërg en traak-my-nie-agtig, met net die voete wat onrustig rondtrap om die spanning te verraai, ’n te skril lag wat onverhoeds uitglip en oë wat vinnig rondflits om te kyk of iemand dalk die onbewaakte moment bemerk het.

    By die hek sien ek ’n verslonsde dronkaard slingerend aangestap kom, ’n hoed wat tevergeefs probeer om ’n wilde bos ongekamde hare te bedek skuins op die kop en ’n skimmelstoppelbaard van ’n dag of twee op die ken. Op hierdie snikhete Somersdag dra hy ’n lang verslete en gelapte jas wat amper tot op sy voete hang.

    Ek het hom geken! Ek het hom geken! kondig hy luidkeels aan. ’n Goeie man gewees, ’n ware vriend sê ek jou, ’n mens met ’n siel. Hy stap slingerend op ’n gryskopvrou af. ’n Koue afsydigheid straal uit haar hele wese.

    Mag ek u meedeel, Mevrou, sê die dronkaard vertroulik aan haar, dat ek die goeie man geken het, en dat ek, dit sal u moontlik verbaas, in dieselfde hoë kringe as hy beweeg het? En mag ek ook van hierdie geleentheid gebruik maak om my innige meegevoel aan u te betuig? Dit is voorwaar vir ons almal ’n groot verlies en inderdaad ’n groot skok... ek het dit aan u genoem dat ek hom persoonlik geken het?

    Die man wieg nou gevaarlik heen en weer in sy dronkenskap. Hy het in sy lewe nooit op niemand neergesien nie, ’n gentleman sy lewe deur, al sê hulle nou hy was in sy laaste dae nie so mooi reg in die kop gewees nie. Mag ek u konfidensieel sê, net tussen ons, sê die man fluisterend aan die afsydige vrou, dat ek persoonlik van mening is dat hy nog van altyd af ’n bietjie skeef was, koekoes, en hy bevestig sy diagnose met ´n draaiende wysvinger na sy eie kop toe.

    Koekoes, bevestig hy weereens. Maar ’n goeie man, u verlies vandag is ons verlies en ons verlies is die wêreld se verlies! sê hy teatraal en slaan asof dood neer op die grond. Die afsydige vrou staar die man ’n oomblik veragtend aan, gee een tree oor die prostraat liggaam voor haar en stap met ’n stywe rug weg in die rigting van die kerk.

    Eros, Thanatos, Phobos, sê PP ingedagte. Die mooi meisie met die rooi broekie van so flus, so uitdagend, dit bly in die gedagtes steek; nie soos jy dink nie, Neef, lag hy skielik gemoedelik. Die versinnebeelding van Eros, die dryfveer wat die mensdom laat voort beur op sy moeisame lewens pad ten spyte van alle teenspoed en terugslae.

    Die orgasmiese lekkerkry wat, net voor hy finaal moed opgee, hom laat vergeet van sy swaar en hom laat verbeel dat die swaar eintlik lekker is, en dan ploeter hy maar weer voort tot die volgende keer, sê Chris se pa. Maar as Eros sy glans verloor, dan kry jy die arme drommels soos die ou wat nou daar lê, wat besig is om homself des moers te drink. Thanatos, die drang om die self uit te wis, die groot dood te sterf en die gemors vir eens en vir altyd agter die rug te kry.

    Die klein dood bedoel jy seker, soos as die lyf dood, sê PP. Die groot dood is weer iets heel anders, soos jy tog weet. Dit is daardie alles vernietigende dood as jy die ego afsterf, as jy die ‘Lig’ sien en besef presies hoe klein jy werklik as individu in die ganse skepping is.

    En paradoksaal genoeg, ook hoe groot en heilig jy is, as deel van alles wat is, sê Izak, die kind se Pa.

    "En dan is daar natuurlik dié, soos iemand wat ons baie goed ken en wat nou daar wegstap, wat ’n doodse vrees vir die dood het en wat enigiets sal doen om uit die ou sekelman se hande weg te bly. Phobos, ’n maniese vrees vir die dood.

    ‘n Vrees wat jou van jou kop af kan dryf. Vir sulke mense is dit, ironies genoeg, uiteindelik tog beter om dood te gaan, eerder as om met so ’n verterende vrees saam te leef, beaam Izak stroef.

    Die twee broers, alewig aan die filosofeer oor goed en kwaad, oor lewe en dood. Petrus, of PP soos die mense hom ken, altyd dwars stroom-op en uitdagend, en Izak, die kind Chris se pa, altyd ongenaakbaar krities en bykans puriteins. Ek ken hulle al net so goed as wat ek Chris ken. Ek ken inderwaarheid die hele familie en die grootste gedeelte van hierdie siek gemeenskap beter as wat hulle hulself ken.

    Ek sien hoe sersant Hendrina (vernoem na Ouma aan vaderskant) so onopsigtelik moontlik nader staan aan die prostraat figuur van die gevalle begrafnisganger, notaboekie en pen in die hand. Soos gewoonlik is hy onberispelik geklee in sy blou polisieuniform. Knope blinkgepoets soos sterre aan ʼn swart naghemel en skoene se punte gepoleer tot gitswart miniatuur bergspitse.

    Sersant Hendrina Brand, stel hy homself formeel aan die prostraat figuur voor. Ek verneem dat u die oorledene goed geken het? vra hy uit die hoogte. Toe hy geen reaksie kry nie, sak hy op sy een knieg langs die figuur neer, stel homself weer eens formeel bekend en herhaal die vraag.

    Die enigste reaksie van die man op die grond is om op sy sy te draai en op die sersant se blinkgepoleerde skoen te kots. Maar die sersant gaan onverskrokke met sy ondervraging voort.

    Ek ondersoek die moontlikheid van moord op die oorledene. Ek wil u dus aanraai om u volle samewerking aan die gereg te gee, nieteenstaande u openlike afkeur aan die polisie soos pas gedemonstreer deur u afkeurenswaardige gedrag deur op my skoen te vomeer, sê sersant Hendrina sonder ʼn sweem van aggressie. Ek is bewus daarvan dat dit die moderne neiging is om gesag uit te daag, maar dit sal u niks baat nie. Die enigste gevolg daarvan is dat mense, soos die oorledene, onnodiglik en voortydig in die graf beland. Al wat ek vra is u volle samewerking. Die man op die grond gee ’n paar luide snorkgeluide, draai in ’n fetusposisie en slaap die slaap van alle dronkaards deur al die eeue op die sypaadjies van die lewe.

    Volgens Chris is Maria (sy ma) dood. Sy is vermoor, in die rug gesteek met ’n mes deur ’n onbekende man by ’n spuitfontein. Wat presies gebeur het is nie vir hom duidelik nie. Alles het net te vinnig gebeur. Een oomblik nog het ʼn man met ʼn mes op hulle afgestorm. Hy het haar probeer beskerm. Skielik het alles donker geword, en nou is hulle hier by haar begrafnis. Wat tussenin gebeur het, is vir hom ’n raaisel.

    Sy belewenis daarvan is dat Broers en Susters van haar gemeente Christelik-bewoë teenwoordig is. Hulle skud geveinsd die hoofde in ongeloof oor die heengaan van ’n tagtigjarige Suster; asof die dood op tagtig (selfs ’n gewelddadige dood) ’n begrip is wat slegs op ander van toepassing is terwyl die self, die eie ek op grond van geloof of een of ander slegs aan hulle bekende gronde, geregtig is op onsterflikheid. Die dood gebeur net met ander, en in Maria en haar mede misleide pseudo-gelowiges se gedagtes, net met die armsaliges wie se geloof in die genesende, beskermende krag van ’n almagtige God ooglopend nie sterk genoeg was soos dit ’n ware gelowige betaam nie. Vir diesulkes is die dood ’n verdiende loon. Dat die dooie tagtig of honderd jaar oud mag wees (en dalk brutaal vermoor is) is nooit ter sake nie.

    Waterige ogies kyk beterweterig, selfs vyandig met ’n ek-het-mos-geweet-jy-sal-dit-nie-maak-nie uitdrukking na die kis, (want ek het van meet af aan geweet jy is nie so gelowig soos ek nie!) die kis wat plegtig en trots deur die ondernemers voor die kansel uitgestal is.

    By die kerkdiens is onverwags baie oumense, in somber swart geklee, teenwoordig. Elkeen in sy eie gedagtes verskans teen die wete van sy eie naderende einde. Snuiwend van verkoue of ’n onrustige hartseer of net uit gewoonte sit hulle daar, rawe op trek na nêrens. Agter lê ’n lewe van verwyt, voor ’n woestyn van onvergenoegdheid, afgunstigheid en van doodse eensaamheid wat die bitterheid in die gemoed stook tot ’n helse, verterende vuur.

    Die mense streep traag die kerk binne. Die beskonke man lê eensaam en slaap waar hy geval het.

    Die naaste familie sit in die voorste gestoeltes onder die wakende oog van die gemeente des Gods. Ontvlugting na agter word afgesper deur ’n swart, snuiwende, mensemuur. Van voor sal die swart gedaante van die predikant weldra die gevangeskap in dreigende liefde voltooi.

    Heel voor sit die drie mans. Aan Chris se linkerkant sit sy pa Izak, geklee in ’n deftige swart pak klere, wit hemp en swart das. Aan sy regterkant sit sy oom PP. Vir die begrafnis is hy opsetlik oordadig deftig geklee in ’n swart swaelstert manelpak, swart satynhemp met ’n wynrooi strikdas.

    Omring deur ’n see van oumensies sit hulle – oumensies met vyandig turende oë, oë wat dwingend kyk vir die geringste teken van afwykende gedrag in die vorm van gebrek aan oordadige emosie en roubeklaag, wat dan onmiddellik veroordeel kan word as tekenend van ’n verworde wêreld.

    Maria word later deur Oudominee onder luide hallelujas en instemmende amens van Broers en Susters wit gepleister. ‘n Steunpilaar van die gemeente en ’n Sagmoedige moeder vir haar ewe bedroefde kinders en kleinkinders. Sy word die argetipe van die Afrikanermoeder. Trots, onbaatsugtig. Blymoedig afgesloof vir kind en gemeenskap. ’n Christen in die ware sin van die woord.

    Daar is waarskynlik ’n sweempie selfvoldaanheid op haar onverbiddelike strak gelaat te bespeur op hierdie, haar laaste dag van triomf, dink Chris bitter.

    Hy sit voor in die kerk soos dit kinders betaam. En soos al die kinders voor Maria, en al die ander afgestorwe moeders se kinders voor haar, en die wat nog sal kom, meer skuldig as bedroef. Daar kom ’n ongedefinieerde tyd in elke kind se lewe dat hy nie meer sy ouers nodig het nie. Net ’n oordadige skuldgevoel, subtiel deur die samelewing op hom afgedwing, verhoed hom om dit aan homself te erken. Net aan die uitverkorenes word dit gegee om sy ouers of ’n ouer te haat met ’n onblusbare haat.

    Die res gee vroom voor dat alles goed en wel is en stop die oumensies so vinnig moontlik in ’n ouetehuis (waar hulle so pragtig en met soveel liefde versorg word deur die personeel. ‘Ons innige dank aan almal vir hulle pragtige, onbaatsugtige diens tot aan die einde van Mammie/Pappie se lewe’). Party se gewetens laat iets so onmensliks nie toe nie en versorg die oues self, terwyl hulle op die tande kners en daagliks, soms uurliks, bid om krag en genade van Bo. (Genade in die vorm van die uiteindelike heengaan van die hardkoppige, dwars oumens?)

    Skuins na agter sit die meisie in swart weer asof in ’n sprokie. Haar swart rokkie lê kuis teen haar aan, speels onskuldig opgeskuif bo die knieg om ’n wit dy uitlokkend te ontbloot. Lang blonde hare val oor haar skouers en bedek haar sensuele nek sodat net ’n beduidenis van ’n polsende slagaar sigbaar is. Die kind lewe ten spyte van alle pogings om die lewe te verdoesel.

    Is dit die nalatenskap van ’n wilde nag van passie, in die gedaante van ’n blou liefdesbyt wat skrams onder die hare teen die nek sigbaar is? wonder ek skaamteloos.

    Dat Maria in onvrede met haar kind, haarself en die wêreld geleef het, kan haar nie toegereken word nie. ’n Mens leef vir tagtig jaar in ’n samelewing waar die abnormale onnadenkend as norm van geslag tot geslag oorgedra is, en boet daarvoor.

    Vir Chris is Maria dood. Haar laaste daad van vergelding teen die lewe.

    Volgens hom is dit nie asof dit die eerste maal

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1