MY AGHS: EERS OP 37 ONTDEK
EK HET tou opgegooi. Geen hoeveelheid wilskrag was genoeg nie.
Elke keer dat ek by die rekenaar gaan sit, het ek gou opgestaan met die leë Word-dokument as ’n skandelike bewys van my gebrek aan fokus. Party dae het ek nie eens my lessenaar gehaal nie.
Dit het gevoel asof my gedagtes op plaknotas neergeskryf is, honderde notas wat in ’n reusewindtonnel warrel. Ek was ook in die windtonnel, verwoed besig om na elke stukkie papier te gryp.
Ek was veronderstel om ’n skrywer te wees. Maar ek was ’n skrywer wat nie geskryf het nie. Pleks daarvan het ek in die bed gelê, verlam deur verveling en wanhoop.
Ek het myself wysgemaak hierdie geestelike afsluiting was weens die inperking. Dit was November 2020 en ’n tweede golf covid-19 was op pad. Almal het gesukkel om te konsentreer, het ek vir myself gesê; ek sou waarskynlik oukei wees sodra die stof gaan lê het.
Maar in my geval het dit jare lank al opgebou. Om covid daarvoor die skuld te gee was ’n oorlewingsmeganisme, een finale hardnekkige rasionalisering. Dit was tyd om by iemand hieroor aan te klop, wat dit ook al was.
In my skooldae het ek my teen dieselfde muur vasgeloop. Ek het geweet ek is anders. My brein was freneties.
Dit was opvallend hoe dikwels dieselfde kommentaar jaar ná jaar op my skoolrapporte verskyn het: “Geneig tot onderbrekings”; “swak aanbieding; “groot konsentrasieprobleme”; “aandag word maklik afgelei”.
Dit het tot dissiplinêre probleme gelei namate die jare verbygetik het. Ek het van ’n afgetrokke kind in ’n probleemkind verander. Ek
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days